The Low Countries. Jaargang 18(2010)– [tijdschrift] The Low Countries– Auteursrechtelijk beschermd Vorige Volgende [pagina 12] [p. 12] Whatever survives of the innermost me All Poems by Elisabeth Eybers [Engels] Displaced Person Whatever survives of the innermost me contains you too, unfailingly, South Africa. But the traditional lore seems less persuasive than before they chose to bisect your proper name by calling you Africa, where, on the whole, disaster plays an alarming role quite foreign to what I recollect and cherish as a sancrosanct debt. South Africa, while you disappear I try to keep your status clear by claiming that you're exempt from blame. [Nederlands] Uitgewekene Wat ook al in my binnenste agterbly, Suid-Afrika, jý hoort feilloos daarby. Om die inherente geheuetaak nog onaanvaarbaarder te maak noem hulle jou hier somaar Afrika. Onreg en honger en opstand speel 'n omvattende rol in die groot geheel en het niks, maar hoegenaamd niks te maak met die herinneringe wat my bewaak en wat ek bewaak. Terwyl jy verdwyn, Suid-Afrika, hoed ek die heilige skyn en kom jou nooit ofte nimmer te na. [pagina 13] [p. 13] [Engels] Immigrant My hands and feet are all that came along, the rest somehow got scuppered on the way: the woozy heart, the whole foolhardy throng of ductless glands raring to go astray. Comparing what has disappeared with what surrounds me here, I readily embrace brand-new impressions, sound and light, the lot: sense-organs occupying a rightful place. My breast and belly also indicate that something else existed previously. Who knew that emptiness creates such weight or what a burden non-constraint can be? [Nederlands] Immigrant Niks as my hande en voete het ek hier, die res het met die oortog soek geraak: die katswink hart, die prikkelbare klier, wat moet mens bowendien met hulle maak? Om wat verlore is te vergelyk met die omringende, om klank en lig te gryp sonder te luister of te kyk het ek tog nog sintuie aan my gesig. Ook aan my bors en buikruimte gewaar ek dat daar vroeër wel iets anders was. Wie het ge weet dat leegte ooit so swaar sou word en onbelemmerdheid so 'n las? Vorige Volgende