Jaarboek van de Maatschappij der Nederlandse Letterkunde, 1968
(1968)– [tijdschrift] Jaarboek van de Maatschappij der Nederlandse Letterkunde [1901-2000]– Auteursrechtelijk beschermd4. Verslag aangaande die Republiek van Suid-Afrika oor die jaar 1967Die ledetal van die ‘Maatschappij’ in die Republiek van Suid-Afrika bedra tans (Desember 1967) 52. Geen nuwe lede is tydens die afgelope jaar gekies of benoem nie, terwyl die afsterwe van die bekende Afrikaanse skrywer Prof. I.W. van der Merwe (ps. Boerneef) betreur word. Sy letterkundige nalatenskap beslaan agt bundels sketse en verhale en 'n vijftal digbundels. As dosent aan die Universiteit van Kaapstad het hy geslagte van studente tot liefde vir die letterkunde besiel. ‘Boerneef was 'n digter na aan die hart van sy mense’, aldus Prof. Dr. Ernst van Heerden. Dit is vir die opsteller van hierdie beknopte verslag 'n voorreg om die volgende heuglike gebeurtenisse kortliks te noem: Prof. Dr. P.J. Nienaber se aanstelling as hoogleraar in die Vroeë Geskiedenis van die Afrikaanse Letterkunde in 'n volle leerstoel wat in die Departement Afrikaans-Nederlands aan die Universiteit van die Witwatersrand (Johannesburg) geskep is; Prof. Dr. A.P. Grové (Pretoria) se besoek aan Nederland kragtens die bepalings van die kulturele verdrag tussen Nederland en die Republiek; soortgelyke besoeke deur Prof. J.W. van der Hulst en H. van Riessen aan die R.S.A.; die toekenning van besondere erepennings deur die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns aan Proff. D. Bax en S.P. Engelbrecht (Buitengewone prestasies op kultuurhistoriese gebied); die toekenning van die Oppenheimergedenkfondsbeurs aan Prof. Dr. R.K.J.E. Antonissen; die benoeming van Dr. I.D. du Plessis as lid van die Raad van die Universiteit van Kaapstad; die toekenning van die besondere erepenning vir Afrikaanse Taal en | |
[pagina 11]
| |
Letterkunde deur die S.A. Akademie aan Prof. Dr. P.J. Nienaber, en die benoeming van Dr. F.C.L. Bosman as ere-professor in die Toneelgeskiedenis aan die Universiteit van Pretoria. Dr. A.J.D. de Villiers het die 10e Internasionale Kongres vir Linguïste in Roemenië bijgewoon, terwyl Prof. Dr. C.F.J. Muller en Komdt. Dr. Jan Ploeger onder hulle was wat in 1967 tot lede van die S.A. Akademie benoem is. Graag vermeld ons ook die volgende publikasies wat deur lede van die ‘Maatschappij’ in die R.S.A. saamgestel is en die lig gesien het:
Dr. C. Beyers: Die Kaapse Patriotte gedurende die laaste kwart van die agtiende eeu en die voortlewing van hul denkbeelde.
Dr. A.J. Böeseken: Die Nuusbode.
Prof. Dr. S.P.E. Boshoff en Prof. Dr. G.S. Nienaber: Afrikaanse Etimologieë.
Prof. Dr. D.F. du Toit Malherbe: Stamregister van die Suid-Afrikaanse Volk 1966, 3.
Prof. Dr. M.S.B. Kritzinger en Prof. Dr. N.G. Sabbagha: Afrikaanse Spreekwoorde en Uitdrukkings met die Engelse ekwivalent.
Prof. Dr. G.S. Nienaber: Register van Afrikaans voor 1900: Deel I - Kaapland.
Ten slotte ontleen ons die volgende publikasies aan die lys Gekeurde Afrikaanse boeke, 1966, soos gepubliseer in die Nuusbrief van die S.A. Akademie:
Poësie:
Bloemlesings:
Verhalende prosa:
| |
[pagina 12]
| |
Ander werke:
Jan Ploeger, Pretoria
|
|