Soos in die verlede vermeld is, beklee verskillende Suid-Afrikaanse lede van die ‘Maatschappij’ belangrike posisies binnekant die raamwerk van die Suid-Afrikaanse Akademie.
Prof. dr. P.J. Nienaber is onder-voorsitter van die Akademieraad en voorsitter van die fakulteit Kuns en Geesteswetenskappe, prof. dr. G. Beukes is een van die lede van die Akademieraad en van genoemde fakulteit. Ander lede van die fakulteitsraad is proff. G.S. Nienaber en P.S. du Toit.
Lede van die komitee insake die Akademie se Instituut vir Naamkunde is proff. P.J. Nienaber, S.A. Louw en H.J.J.M. van der Merwe. Proff. S.P.E. Boshoff, P.J. Nienaber en H.J.J.M. van der Merwe is komiteelede van die Instituut vir Linguistiek, terwijl proff. G.S. Nienaber en H.J.J.M. van der Merwe die belange van die Akademie se Instituut vir Teksuitgawes behartig.
Prof. Dr. W. de Pauw is een van die lede van die Akademie se aksie-komitee met betrekking tot Nederlandse voorgeskrewe boeke vir Suid-Afrikaanse middelbare skole en universiteite. Proff. F.E.J. Malherbe, M.S.B. Kritzinger en dr. P.C. Schoonees is bestuurslede van die afdeling Kuns en Kulturele Wetenskappe van die Akademie, proff. W.J. de Kock en G.S. Nienaber is komiteelede van die Akademie se komitee i.s. Heraldiek en Genealogie, terwyl prof. dr. H.J.J.M. van der Merwe op die Vaktaalkommissie dien.
Lede van die Akademie se Taalkommissie wat tewens lede van die ‘Maatschappij’ is, is prof. dr. S.P.E. Boshoff, prof. dr. D.F. Malherbe, prof. dr. T.H. le Roux, prof. dr. Meyer de Villiers, prof. dr. G.S. Nienaber, mnr. L.W. Hiemstra, prof. dr. H.J.J.M. van der Merwe en dr. F.J. Snyman.
Op 31.3.1964 was die ledetal van die Akademie se fakulteit Kuns en Geesteswetenskappe 129 (Akademielede) en 254 (fakulteitslede), in vergelyking met 123 en 203 in die voorafgaande jaar.
Op grond van bovengenoemde gegewens word dit duidelik dat voortdurend daarna gestrewe moet word om 'n nouer samewerking tussen die ‘Maatschappij’ en die Suid-Afrikaanse Akademie te verkry, 'n belangrike aangeleentheid wat o.i. nie oorbeklemtoon kan word nie. Mag hierdie aangeleentheid die voortdurende aandag van die kant van u bestuur geniet!
In hierdie verband haal ons die volgende gedagte aan wat deur die Vlaamse letterkundige André Demedts na aanleiding van 'n besoek aan