Jaarboek van de Maatschappij der Nederlandse Letterkunde, 1964
(1964)– [tijdschrift] Jaarboek van de Maatschappij der Nederlandse Letterkunde [1901-2000]– Auteursrechtelijk beschermd
[pagina 115]
| ||||||||||||||
moet wees, word hiermee aan dié wens gevolg gegee. Die volgende besonderhede is in die loop van Februarie 1964 opgestel. Aangaande die lede moet met leedwese vermeld word dat die heengaan van twee verdienstelike lede van die ‘Maatschappij der Nederlandse Letterkunde’ in die Republiek van Suid-Afrika betreur word. Sowel prof. dr. Petrus Serton as sen. Henry A. Fagan was gewaardeerde lede van die ‘Maatschappij’. Hulle het onderskeidelik in 1950 en 1951 as lede toegetree. Vooruitgaande op die lewensberigte van die twee afgestorwenes neem die opsteller van hierdie verslag die vryheid om die volgende besonderhede te verstrek. Prof. dr. Petrus Serton is in Nederland gebore en was van 1920-1958 hoogleraar in Aardrykskunde aan die Universiteit van Stellenbosch (Kaapprovinsie). Verskeie kere was hy voorsitter van die Suid-Afrikaanse Aardrykskundige Gnootskap. Tewens was hy bestuurslid van die bekende Van Riebeeckvereniging (Kaapstad) en van die ‘Nederlandse Vereniging voor Economische en Sociale Geografie’. Hy was o.m. ook lid van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns (Pretoria) en van die ‘Maatschappij der Nederlandse Letterkunde’. Meer as dertig jaar het prof. Serton die plaaslike belange van die ‘Algemeen Nederlands Verbond’ op Stellenbosch behartig. Van sy publikasies het o.m. sy werk ‘Zuid-Afrika, land van Goede Hoop’ (Meppel, 1953) bekendheid verwerf. Die latere senator Henry A. Fagan het, nadat hy sy akademiese studie in die regte aan die voorganger van die huidige Universiteit van Stellenbosch begin het, sy studie in Londen voltooi. Na sy terugkeer in sy geboorteland het sy veelsydige talente en belangstelling geleidelik tot ontplooiing gekom. As regsgeleerde praktisyn, politikus, wetgewer, minister, digter en skrywer (in Afrikaans en Engels) het die latere senator bekendheid en naam verwerf. Op letterkundige gebied het hy hom veral op die skryf van dramas toegelê en op grond daarvan in 1935 die Hertzog-prys vir letterkunde (drama) verwerf. In 1962 het sy publikasie ‘Drie eenakters’ verskyn, in 1963 gevolg deur sy werk ‘Coexistence in South Africa’. Aangaande prof. dr. Serton is in die maandblad ‘Zuid-Afrika’ (Amsterdam) o.m. getuig: ‘Wij gedenken hem dankbaar als een vertegenwoordiger van het Nederlandse volk en de Nederlandse wetenschap, die de Nederlandse naam in Zuid-Afrika heeft hooggehouden door hetgeen hij daar heeft verricht’. | ||||||||||||||
[pagina 116]
| ||||||||||||||
Met betrekking tot sen. Fagan het prof. dr. D.J. Opperman in ‘Dagbreek en Sondagnuus’ (Johannesburg) o.m. verklaar: ‘Hy was 'n pionier van die Afrikaanse drama, kortverhale, digkuns en ook joernalistiek’, terwijl nog 'n lid van die ‘Maatschappij’, die skrywer W.A. de Klerk, hom soos volg uitgespreek het: ‘As 'n toneelskrywer het hy vir ons wat later gevolg het, die pad gebaan’. In die vorige verslag (jaarboek 1962-1963) is melding gemaak van die wenslikheid van geleidelike uitbreiding van die ledetal van die ‘Maatschappij’ in die Republiek van Suid-Afrika. Dat stem tot dankbaarheid dat 'n aantal kandidate in die Republiek tydens die afgelope jaar (1963) gekies of benoem is. Mag Suid-Afrikaanse kandidate, wat aan die vereistes voldoen, ook in die toekoms die nodige aandag en ondersteuning bly geniet om hulle verkiesing of benoeming te verwesenlik. Op dié wyse kan die kulturele samewerking tussen die betrokke lande slegs bevorder word! Sowel het bestuur in Nederland as sy verteenwoordiger in Suid-Afrika beywer hulle aanhoudend in dié rigting. Onlangs is die versoek aan die bestuur gerig om tot 'n gereëlde uitruiling van publikasies tussen die reeds genoemde Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns (Pretoria) en die ‘Maatschappij’ te geraak. Met betrekking tot die onderwys en die verspreiding van Nederlands in Suid-Afrika het een van die lede van die ‘Maatschappij’ in die Republiek, prof. dr. Wilfried de Pauw (Pretoria), onlangs 'n waardevolle beskouing in ‘Ons Erfdeel’ gepubliseer. Die verteenwoordiger voel dat herpublikasie van dié bydrae, dié keer in die eersvolgende jaarboek van die ‘Maatschappij’, gebiedend is en rig in hierdie verslag 'n versoek in dié verband aan die bestuur. Nie alleen is die inhoud van prof. De Pauw se bydrae waardeuol as 'n besonder realistiese uiteensetting nie, maar ook word daarin 'n aantal waardevolle gedagtes uitgespreek waar dit moontlikhede geld om van Nederlandse en Vlaamse kant meer bekendheid van hulle kultuur en die uitingsvorme daarvan in die Republiek bekend te maak. Van Suid-Afrikaanse kant kan vanselfsprekend soortgelyke werksaamhede met vrug in Nederland en Vlaandere aangepak word. Ook vir die ‘Maatschappij’ lê daar in Suid-Afrika, gesien die beskouings van prof. De Pauw, ongetwyfeld nog 'n groot arbeidsveld braak. Ongetwyfeld het die werksaamhede van prof. dr. B.A. Groningen, | ||||||||||||||
[pagina 117]
| ||||||||||||||
prof. dr. C.A. van Peursen, ir. M. Goote en die Vlaamse skrywer André Demedts tydens hulle verblyf in die Republiek, om slegs 'n paar voorbeelde van uitwisseling te noem, vrugte van blywende waarde afgewerp. Dieselfde geld vanselfsprekend ook vir besoeke van Suid-Afrikaanse geleerdes soos prof. dr. F.E.J. Malherbe en prof. dr. P.J. Nienaber e.a. aan Nederland. In die bydrae van prof. dr. De Pauw is die huige posisie van die onderwys en die verspreiding van Nederlands in Suid-Afrika belig. Wat is die posisie van die Afrikaanse boek in Zuid-Afrika? Op hierdie vraag, en ook waar dit die skrywers van Afrikaanse boeke betref, het prof. dr. P.J. Nienaber by geleentheid van die algemene vergadering van die fakulteit van Geesteswetenskappe van die S.A. Akademie (Stellenbosch, 1963) geantwoord in 'n rede waarvan die teks te vinde is in jaarboek nr. 3 (1963) van die Akademie. Prof. dr. Nienaber het o.m. die volgende gegewens verstrek. Van 1861 tot 1900 het daar 92 Afrikaanse boeke verskyn, van 1861 tot 1943 verskyn 5,144 boeke; 1943 tot 1948: 1,929; 1948 tot 1953: 2,663; 1958: 2,823 en van 1958 tot 1963: 3,419. In die afgelope twintig jaar het daar 10,465, d.w.s. twee derde van die totale aantal Afrikaanse boeke verskyn. Met betrekking tot verhalende prosa, poësie en drama het daar voor 1900 11 romans en verhale, 12 digbundels en 2 dramas verskyn. Tot Junie 1963 is die totale verhalende prosawerke 3,462; digbundels 255 en dramas 333. Die totaal is byna 'n vyfde van al die Afrikaanse boeke. Hierna volg kinderboeke (3,087); skoolboeke (1,831), en godsdienstige boeke (1,655). Prof. dr. Nienaber het verder nadruk gelê op die volgende bevindings:
(i) Die keerpunt in die Afrikaanse boekeproduksie het kort voor die Tweede Wêreldoorlog gekom.
(ii) Nie net wat getalle betref nie, maar ook op tegniese gebied het die Afrikaanse boek sy bloeitydperk tegemoet gegaan.
(iii) In iets meer as twee geslagte het die Afrikaner 'n literatuur en wetenskap uit die grond uit opgebou.
(iv) Tot 1939 het die Afrikaner boeke van redelike letterkundige gehalte en boeke oor geskiedenis en godsdiens gelees. Daarna het ontspanningsleesstof na vore gekom.
(v) Die hedendaagse Afrikaner lees baie, maar 'n klein getal Afrikaners | ||||||||||||||
[pagina 118]
| ||||||||||||||
lees goeie Afrikaanse boeke en die grootste getal lees ligte ontspanningsleesstof, veral in Engels.
(vi) Die verskynsel dat die intellektuele Afrikaner onvoldoende Afrikaans lees, skryf prof. dr. Nienaber daaraan toe dat daar nie voldoende goeie boeke in Afrikaans verskyn nie. Afrikaners wat in die wetenskap belangstel, beskik al te dikwels nie oor boeke in Afrikaans nie en moet dan hulle toevlug tot vreemde tale neem. Vervolgens beantwoord prof. dr. Nienaber die vraag waarom die goeie Afrikaanse boek swaar kry, gaan dieper in op die vraag of die goeie Afrikaanse boek voldoende gepropageer word om vervolgens die aandag te vestig op ‘nuwe verskynsel’ wat tydens die afgelope jare in Afrikaans voor die dag gekom het, te wete die vertaalde boek. In die afgelope vyf jaar het meer as die helfte van die Afrikaanse kinderboeke (totaal 607) uit vertalings bestaan. Waar daar 'n tekort aan Afrikaanse boeke bestaan, aldus prof. dr. Nienaber, dan is in so'n geval vertalings van goeie boeke beslis die uitweg. 'n Belangrike rol in verband met dié tekort speel die omstandigheid dat die Afrikaanse skrywer van sy boeke alleen niet kan lewe nie (lae outeursaandele, beperkte oplaes as gevolg van geringe afset, die gebrek aan skrywersmannekrag e.d.). As gevolg van dié faktore verkeer, aldus pr prof. dr. Nienaber, die Afrikaanse skrywer en die Afrikaanse boek in 'n krisis. Om die bestaande toestand te verbeter het prof. dr. Nienaber 'n aantal voorstelle bespreek en o.m. die wenslikheid van die oprigting van 'n stigting ter bevordering van Zuid-Afrikaanse publikasies, 'n projek waaraan tans deur die Zuid Afrikaanse Akademie gewerk word, ten sterkste bepleit. In hierdie verslag is slegs 'n aantal hoofdpunte met betrekking tot prof. dr. Nienaber se rede genoem. Belangstellendes word ten sterkste aangeraai om kennis van die rede in sy geheel te neem. 'n Gedagte wat by die opsteller opgekom het, is in hoeverre deur propagering van die goeie Afrikaanse boek in die Nederlandse taalgebied en die verspreiding daarvan, die huidige posisie van die Afrikaanse boek versterk kan word. Aangaande die werksaamhede van verskillende lede van die ‘Maatschappij’ in die Republiek van Suid-Afrika kan die volgende besonderhede verstrek word. Hulle is hoofsaaklik aan die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns ontleen, in sommige gevalle is koeranten | ||||||||||||||
[pagina 119]
| ||||||||||||||
tydskrifberigte verwerk en in ander gevalle berus die gegewens op persoonlike mededelings. Aanspraak op volledigheid kan in geen geval gemaak word nie en weglatings berus dan ook uitsluitend op gebrek aan gegewens of as gevolg van die feit dat gegevens weens die beperktheid aan tyd, waar dit die opsteller betref, nie onder sy aandag gekom het nie. Die volgende Suid-Afrikaners, wat ook lede van die ‘Maatschappij’ is, het siitting in die Raad van die Suid-Afrikaanse Akademie: Prof. dr. P.J. Nienaber (ondervoorsitter), prof dr. G. Beukes. Eersgenoemde is tevens voorsitter van die fakulteit van Geesteswetenskappe van die Akademie en laasgenoemde een van die lede. Prof. dr. G.S. Nienaber is ook een van die lede. Prof. dr. H.J.J.M. van der Merwe is onlangs benoem as dekaan van die fakulteit Lettere en Wysbegeerte van die Universiteit van Suid-Afrika (Pretoria) en is lid van die Taalkommissie van die Suid-Afrikaanse Akademie, wat onder voorsitterskap van prof. dr. S.P.E. Boshof staan Ander lede van dié kommissie is o.m. prof. dr. D.F. Malherbe, prof. dr. T.H. le Roux, prof. dr. M. de Villiers, prof. dr. G.S. Nienaber en mnr. L.W. Hiemstra. Prof. dr. T.H. le Roux is voorsitter van die redaksieraad van die ‘Hertzog-Annale’ en word bygestaan deur prof. dr. P.J. Nienaber en dr. F.C.L. Bosman. Van die erelede van die Suid-Afrikaanse Akademie wat tewens lede van die ‘Maatschappij’ is, kan prof. dr. S.P.E. Boshof, prof. dr. T.H. le Roux, dr. mev. M.E.R. Rothmann en prof. dr. D.F. du T. Malherbe genoem word. As lede van die S.A. Akademie is prof. dr. P.S. du Toit en prof. dr. F.A. van Jaarsveld verkies. Deur die Akademie is die Stalsprys vir Geesteswetenskappe (afd. Taal- en Literatuurwetenskap) aan prof. dr. A.P. Grové toegeken. Prof. dr. F.A. van Jaarsveld het 'n Carnegiebeurs ontvang om die onderrig van geskiedenis, en in die besonder die teorie van die geskiedenis, in die V.S.A. en Kanada te bestudeer. Die Suid-Afrikaanse regering het onlangs besluit om 'n Publikasieraad in die lewe te roep met prof. dr. G. Dekker as voorsitter en prof. dr. A.P. Grové as een van die lede. 'n Bekende Johannesburgse uitgewersmaatskappy het besluit om 'n letterkundige prys van R2,000 beskikbaar te stel en prof. dr. Rob. Antonissen (Grahamstad), prof. dr. D.J. Opperman (Stellenbosch) en dr. Ernst van Heerden (Johannesburg) as beoordelaars in verband met die toekenning aan te wys. | ||||||||||||||
[pagina 120]
| ||||||||||||||
Prof. dr. A.N. Pelzer het in 1963 die goue medalje van die Kruger-Genootskap (Pretoria) ontvang. Aan die jaarverslag van verlede jaar is 'n lys van publikasies toegevoeg waar dit werke betref van lede van die ‘Maatschappij’ in die Republiek van Suid-Afrika. Verlede jaar se gegewens word in die volgende oorsig gedeeltelik aangevul op grond van gegewens wat aan die lys van gekeurde boeke (1962, Suid-Afrikaanse Akademie) ontleen en onlangs gepubliseer is. In ander gevalle is gegewens uit ander bronne verkry. Ons noem die volgende publikasies in boekvorm: | ||||||||||||||
1962Ga naar voetnoot*
| ||||||||||||||
1963In die vorige verslag is reeds 'n aantal publikasies vermeld. Die volgende kan tans daaraan toegevoeg word:
| ||||||||||||||
[pagina 121]
| ||||||||||||||
Pretoria, Februarie 1964
Jan Ploeger |
|