Jaarboek van de Maatschappij der Nederlandse Letterkunde, 1963
(1963)– [tijdschrift] Jaarboek van de Maatschappij der Nederlandse Letterkunde [1901-2000]– Auteursrechtelijk beschermd
[pagina 220]
| |||||||||||||||
Bijlage I Verslag aangaande Zuid-Afrika (behoort bij het verslag op blz. 206)Ga naar voetnoot1Allereers is die opsteller van die volgende verslag die bestuur van die ‘Maatschappij’ erkentlik vir die besluit om van nou af 'n beskeie deeltjie van die inhoud van die ‘Jaarboek’ ten opsigte van die besonderhede en wetenswaardighede, gepaard gaande met die wetenskaplike werksaamhede van die lede in die Republiek van Suid-Afrika af te staan. In die uitgestrekte Republiek van Suid-Afrika woon die 55 lede van die ‘Maatschappij’ soms honderde myle van mekaar verwyder. Verder is, soos reeds vermeld is, die ledetal klein. Die vernaamste taak van die verteenwoordiger hier te lande is dan ook om as 'n skakel tussen hierdie lede en die sekretariaat in Leiden te dien, inligtings te verstrek en sy deeltjie daartoe by te dra dat die bestaande bande tussen die bestuur en die lede in die Republiek nie verslap nie. Teruggaande na 1949, 'n jaar waarin agt benoemings aan Suid-Afrikaners te beurt geval het op 'n tydstip waarop daar tussen dertig en veertig lede in die toenmalige Unie woonagtig was, het die redakteur van ‘Die Huisgenoot’ (Kaapstad, uitgave 9.9.1949) o.m. verklaar: ‘Die benoeming vanjaar van nog agt lede sal die belangstelling in Nederland in die Afrikaanse taal- en letterkunde ongetwyfeld verskerp en die kanse van 'n bloeiende Suid-Afrikaanse groep versterk.’ Wat is die toestand in 1963? Die ledetal bedra 55. Twee lede het in die loop van die afgelope jaar bedank (prof. dr. P.J. Schoeman en prof. dr. R.W. Wilcocks), dr. Jan van den Berg, van 1948-1962 Ambassadeur van die Nederlande in Suid-Afrika, het vertrek. Tydens die jongste jaarvergadering in Leiden is dr. W.J. de Pauw (Pretoria) as lid van die ‘Maatschappij’ gekies. 'n Vergelyking tussen 1949 en 1963 toon o.i. aan dat die huidige ledetal in die Republiek, ooreenkomstig die verdienstes van toekomstige kandidate, vir langsame uitbreiding vatbaar is. Nog steeds speel die afstand tussen Suid-Afrika en die ou kernlande Nederland en België 'n groot rol en hierdie faktor lei onwillekeurig tot 'n mindere mate van kennis aangaande die prestaties van Suid-Afrikaanse digters, skrywers en ander wat op ander gebiede verdienstelike werk lewer as onder gunstiger omstandighede verwag kan word. O.i. is dit wenslik dat daar geleidelik verandering in hierdie toestand kom. Met betrekking tot 'n aantal lede van die ‘Maatschappij’ in die Republiek van Suid-Afrika kan die volgende besonderhede verstrek word. Dit spreek vanself dat hierdie gegewens nie volledig kan wees nie. Lede prof. dr. S.P.E. Boshoff en prof. dr. H.J.J.M. van der Merwe is o.m. benoem as lede van 'n komitee, uitgaande van die S.A. Akademie vir Wetenskap en Kuns, wat die stigting van 'n Suid-Afrikaanse Linguistiekinstituut beoog. Intussen is daar begin met die saamstel van 'n bibliografie van linguistiek in Suid-Afrika, waaraan o.m. die volgende vakkundiges werk wat lede van die ‘Maatschappij’ is: Prof. dr. S.P.E. Boshoff, prof. dr. G.S. Nienaber, prof. dr. P.J. Nienaber, prof. dr. H.J.J.M. van der Merwe, prof. dr. A. van Selms. Die volgende lede van die Afrikaanse Taalkommissie van die S.A. Akademie is ook lede van die ‘Maatschappij’: Prof. dr. S.P.E. Boshoff, mnr. L.W. Hiemstra, prof. dr. T.H. le Roux, prof. dr. D.F. Malherbe, prof. dr. G.S. Nienaber, prof. dr. H.J.J.M. van der Merwe. Voorsitter van die redaksieraad van die ‘Tydskrif vir Geestes- | |||||||||||||||
[pagina 221]
| |||||||||||||||
wetenskappe’ van die S.A. Akademie is prof. dr. P.J. Nienaber, terwyl prof. dr. A.P. Grové een van die redaksielede is. Uit die drie nommers van die Akademie se ‘Nuusbrief’ wat tot op datum verskyn het, is die volgende besonderhede afkomstig: Dr. G. Scholtz is benoem as buitengewoon hoogleraar in die Joernalistiek aan die Universiteit van Potchefstroom; prof. dr. H.J.J.M. van der Merwe is gekies as lid van die ‘Koninklijke Zuidnederlandse Maatschappij voor Taal- en Letterkunde en Geschiedenis’ (Brussel), prof. dr. T.H. le Roux is 'n eredoktorsgraad deur die Universiteit van Pretoria aangebied. Die bekende Hertzogprys vir poësie is aan dr. Ernst van Heerden aangebied, insonderheid vir sy bundel ‘Die klop’ en met inagneming van sy vroeëre werke. Die ‘Reina Prinsen Geerligsprijs’ vir Suid-Afrika is in Amsterdam uitgereik aan die Suid-Afrikaanse skrywer Abraham H. de Vries. Lede van die beoordelingskomitee was o.m. prof. dr. G. Dekker, prof. dr. D.J. Opperman en prof. dr. H. van der Merwe Scholtz. Dr. C. Beyers, wat o.m. ook 'n lid van die ‘Maatschappij’ is, is as eerste staatsheraldikus van die Republiek van Suid-Afrika benoem; die digter dr. Uys Krige het een van die drie ‘Rosamond Gilder’-pryse ontvang wat deur die V.V.O. en 'n aantal Amerikaanse universiteite beskikbaar gestel is. Die bekroonde toneelstuk ‘The Two Lamps’ sal binne afsienbare tyd in die V.S.A. opgevoer word. Op kultuurhistories gebied vermeld ons die publikasie van prof. dr. D. Bax en C. Koeman: ‘Argitektoniese Skoonheid in Kaapstad se Kompanjiestuin 1777-1805’. Prof. dr. M. Bokhorst (Kaapstad) verrig as hoofredakteur van die maandblad ‘Nederlandse Post’ nog steeds 'n belangrike rol in verband met die verspreiding van kennis aangaande Nederland in die Republiek. Ten slotte noem ons nog die volgende resente publikasies van skrywers what o.m. lede van die ‘Maatschappij’ is:
JAN PLOEGER |
|