De Gids. Jaargang 171(2008)– [tijdschrift] Gids, De– Auteursrechtelijk beschermd Vorige Volgende [pagina 976] [p. 976] Barbara Henkes Weerbarstige toekoms My derms en brein is geknoop van hartseer, rusteloos trek ek deur jou land stadig oor die klippies met oë op stokkies en pepperspay in die hand. Welkom geheet in ondeurdringbare vestings, deurtrek van angs en onsekerheid oor 'n toekoms agter geskeurde gordyne, waar Victorian lace nou nog skitter in die son. Op soek na antwoorde op vrae oor ons verlede van toe en daar en how come? However, the past is a foreign country en opskietende vlamme verduister die horison. Ons colourful household is nie langer verenig nie. Jy het nou die bleke kroegjuffrou aan jou sy, in jou hand en op jou tong: Lady Dy wat jou vergetelheid skenk. Kaal gat sit ek op 'n strowerige lappie woestyn sonder Indian curry op die vuur, afgesny van my skeppende oubok met wie die weerbarstige toekoms oop gelê het. [pagina *14] [p. *14] Omgeving Stellenbosch. Fotocollectie Huigen Vorige Volgende