Bzzlletin. Jaargang 3(1974-1975)– [tijdschrift] Bzzlletin– Auteursrechtelijk beschermd Vorige Volgende [pagina 10] [p. 10] Breyten Breytenbach naam Zuid-Afrika naam naam daardie naam ink druppel aan die pen maar die vlek op die skrywe blom klad die geskiedenis blaaie in bloed is 'n vlag is 'n gil is 'n droom... lande, deur die eeue, historiese eenhede, geografiese begrippe, grense van die onderdrukking, handelsposte, 'n kamp, 'n kolonie, myne, speserye, 'n mark, abbatoirs sal kom sal gaan maar Jou naam bly want jy is nie 'n kaart nie want jy is 'n lewe... hoeveel nagte? 'n duisend nagte vol beendere het ons jou klanke in die sterre getel, 'n visioen, tienduisend versplinterde beeide jy 'n bloeiende miernes jou sale sonder wierook jou oerwoude sonder bloeisels jou bome fladderend van vlees jou riviere vol gif jou kinders vol rowe jou rysvelde vol grafte jou hoop jou skreeu jou oopskreeu en altyd nader jou oorwinning, en jou dood met stapels kleingeld en jou paaie bewe van vlugtelinge jou grysaards bedel met monde sonder tande jou moeders huil met tande sonder monde jou kinders Jou kinders soos huisdiere geëksporteer, die fluisterende kanonne smart bombs napalm rokende palmbome woedende sterwende toleisende gode waggelende vet lyke van jou seuns die kamarade in vanggate kalk en derms die langneusmonsters uit die Weste vlieënde demokratiese verwoesting pes en kanker puin ontploffende dorpies... hoeveel mense? derduisende mense vermink, verbrysel, vermoor... jou monnikke en eersgeborenes jou weduwees en brulde... en hoeveel mense in de wêreld van ander kontinente maar in dieselfde geskiedenis waar daar ook geveg word het gesneuwel met jou naam aan die lippe 'n seël op die hart 'n vuur in die oog 'n duif in die woord... [pagina 11] [p. 11] lande, deur die geheue, sal kom en gaan en ons sal onthou die swart sterre van julie oë julle koorsgladde lywe julle koddige kledingstukke die allesverterende vlam van julle liefde julle liefde en dit sal stil word... hemde en glimlagte sal weer op straat loop eendag miskien musiek eendag in die heuwels huwelike eendag seremonies vir men se wat van ouderdom sterf ... gras sal groei oor die aarde nou swartgeskroei tot op alle verlede maar sal daardie naam nooit bedek nie naam saamnaam vryheid O Viëtnam foto Peter Camping Breyten 1972 les boxeurs' pentekening/galerie espace a'dam Vorige Volgende