Jaarboek van de Maatschappij der Nederlandse Letterkunde, 1971
(1971)– [tijdschrift] Jaarboek van de Maatschappij der Nederlandse Letterkunde [1901-2000]– Auteursrechtelijk beschermd
[pagina 152]
| |
Pieter Cornelis Schoonees
| |
[pagina 153]
| |
hy sy akademiese opleiding aan die Gemeentelijke Universiteit van Amsterdam afgesluit, waar hy in 1922 onder prof. J. Prinsen gepromoveer het op die hierbo genoemde proefskrif. Die proefskrif het beroering en polemiek veroorsaak. Hy het hom daarin met geesdrif en strydvaardigheid ingewerp by die strewe na kulturele wasdom waarvan hy die aankondiging verneem het in die prestasies van die ‘Afrikaanse Renaissance’ na die Tweede Vryheidsoorlog, maar ook en veral het hy die swakhede in die werke van eietydse en gevierde skrywers genadeloos blootgelê en die toepassing van internasionaal aanvaarde norme by die beoordeling van letterkundige produkte bepleit. Hierdie werk en die voortsetting daarvanGa naar voetnoot3 het aan hom 'n leidende aandeel besorg in die prosakritiek van sy tyd. Na sy terugkeer uit Amsterdam was hy 'n halfjaar waarnemende hoogleraar in Nederlands-Afrikaans aan die Universiteit van die Witwatersrand en daarna was hy 'n paar jaar verbonde aan die Opleidingskollege, Pietermaritzburg. In 1926 het hy hom egter as skoolhoof op Vryheid gevestig en hier werksaam gebly tot 1946, toe die pos van hoofredakteur van Die Afrikaanse woordeboek hom aangebied is. In Natal het hy 'n baanbrekende rol gespeel in die stryd om moedertaalonderwys, en as stigterslid, meermale voorsitter, van die Saamwerk-Unie van Natalse Kultuurvereniginge, om die erkenning van die taal en kultuurregte van die Afrikaner. Beskouinge en gedagtes, voordragte, ens. oor opvoeding, letterkunde en ander sake waarmee hy hom in hierdie tyd besig gehou het, is vervat in die didaktiese bundels Kleingoed (1929), Dink vir jouself (1940) en Verskeidenhede (1948). Van outobiografiese aard is die novelle Jannie (1926), wat oor sy jeugtydperk handel, en Groenfontein se mense (1953), onder die skuilnaam Jan Kloppers, wat sy werk op Vryheid tot tema het. Jannie het ontstaan gedeeltelik na aanleiding van die kritiek in sy proefskrif, naamlik as antwoord op die teregwysing dat dit beter is om te demonstreer as te kritiseer. Verder het hy hom besig gehou met die voorsiening van studie-, leer-, en leesboeke, bv. Inleiding tot die studie van letterkunde (1925/1942Ga naar voetnoot4) in samewerking met J.R.L. van Bruggen, en Die nuwe taal- en stylgids (1943/1950Ga naar voetnoot4) in samewerking met J.J. le Roux. Naas hierdie omvangryke bedrywighede het sy belangstelling ook reeds vroeg in die rigting van die leksikografie gegaan. Teen 1925 het hy lid ge- | |
[pagina 154]
| |
word van die redaksie van die tweetalige Groot woordeboek.Ga naar voetnoot4 Op versoek van prof. J.J. Smith, wat in 1926 belas is met die opstel van die eentalige Afrikaanse woordeboek, verstrek hy sy sienswyse in verband met opsetvraagstukke, begin self materiaal in Natal te versamel en wek in dié verband die aktiewe belangstelling van lede van die Saamwerk-Unie. Hy was dus nie sonder voorbereiding of toerusting toe hy in 1946, na die aftrede van prof. Smith, deur die Raad van Beheer oor Die Afrikaanse woordeboek versoek is om die voortsetting van hierdie taak op sy skouers te neem nie. Hierdie opdrag het hom geplaas voor 'n grootse uitdaging. Dit was werk van breë wetenskaplike en kulturele belang wat gespreek het tot sy idealistiese gees, maar hierdie aspekte is in 'n groot mate oorheers deur praktiese vraagstukke wat voortgespruit het uit ongeduld van die kant van regering en publiek, wat sigbare resultate wou sien, 'n tydsbeperking van vyf jaar vir die voltooiing van die Woordeboek, meningsverskil oor die keuse van hoofredakteur, en so meer. In feite het die toestand by die Woordeboek daarop neergekom dat daar 'n uitgebreide basiese versameling woorde en uitdrukkings aanwesig was, opgeteken op ongeveer 230,000 kaarte, terwyl 'n stuk of twaalf letters geheel of gedeeltelik in eerste bewerking gedoen was deur die assistente van prof. Smith. Dr. Schoonees het hom met deurtastende ywer op sy nuwe taak gewerp. Die hele werk is in opset en uitvoering in oënskou geneem. Die vasgestelde tydperk van vyf jaar ter voltooiing daarvan het hy gebruik om die organisasie op dreef te bring en om die eerste deel te voltooi - 'n deel wat nie alleen die omvang van die taak getoon het nie, maar ook die weg gebaan het vir die inrigting van die onderneming op 'n vaste grondslag. In die loop van vyftien jaar is onder dr. Schoonees as hoofredakteur vier dele van die Woordeboek gepubliseer,Ga naar voetnoot5 is die redaksie uitgebrei van drie tot tien, is die werkmetodes verbeter, die apparaat uitgebrei en gemoderniseer en het die Woordeboekkantoor ongemerk 'n instelling geword aan die Universiteit van Stellenbosch. Na buite is kontak gemaak met woordeboekkantore, o.a. met die redaksie van die Woordenboek der Nederlandsche Taal en die Oxford English Dictionary, terwyl plaaslik deur oproepe in die pers, populêre artikels, toesprake en radiopraatjies in alle kringe belangstelling gewek en medewerkers gewerf is. By sy aftrede in Junie 1962 het die aantal kaartjies in die woordversameling reeds die miljoenkerf genader. | |
[pagina 155]
| |
Hy het die werk gesien as volksaak: ‘Die Afrikaanse Woordeboek is 'n groot volksonderneming wat deur die verenigde werkkrag van die hele nasie langsamerhand tot stand kom.’Ga naar voetnoot6 Sy beskouinge oor die leksikografie en allerlei aangeleenthede in verband met die werk is vervat in die bundel Rondom die Woordeboek (1958). Na sy aftrede het hy en mev. Schoonees na die Strand verhuis, waar hy op 31 Oktober 1970 oorlede is. Hier het hy die Verklarende Handwoordeboek van die Afrikaanse taal voltooiGa naar voetnoot7 en ook die kleiner Skoolwoordeboek van die Afrikaanse TaalGa naar voetnoot8 en daarby ook nog steeds aandag gegee aan die herdrukke van die tweetalige Groot woordeboek. Tot aan die einde het woordeboekwerk sy gees besig en vaardig gehou. Dr. Schoonees het in 'n vol en doelgerigte lewe deel gehad (soms omstrede) aan die stryd en prestasies van sy tyd. Hy het gepleit vir hoër en suiwerder norme, beter skeppingswerk, beter taalgebruik. Dat sy arbeid en strewe openbare waardering gevind het, blyk onder andere uit sy lidmaatskap van belangrike liggame, soos die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns, De Maatschappij der Nederlandse Letterkunde en vroeër ook van die Raad van die Universiteit van Suid-Afrika en van die Universiteit van Natal. In 1962 het hy van die Akademie 'n erepenning ontvang en in 1964 'n eredoktorsgraad van die Universiteit van Natal.
F.J. Snijman | |
Voornaamste geschriftenProsa van die Tweede Afrikaanse Beweging. Pretoria, Kaapstad 1922 (derde omgewerkte en vermeerderde druk 1939). Afrikaanse prosabundel. Pretoria, Kaapstad 1922. Inleiding tot die studie van letterkunde. Kaapstad, Pretoria 1925 (met J.R.L. van Bruggen; vierde hersiene druk 1942). Mooi Annie ['n vertaling]. Kaapstad 1925 (tiende druk 1945). Jannie. Kaapstad. Bloemfontein, Johannesburg 1926 (vierde druk 1959). Groot woordeboek. Pretoria 1926 (met M.S.B. Kritzinger, H.A. Steyn en U.J. Cronjé; tiende druk 1970). Juta se Afrikaanse leesboeke. Kaapstad, Johannesburg 1926 (met J.J. Jordaan en C.L. Leipoldt; in 1955 vervang deur Juta se Fonteinreeks). Kleingoed. Pietermaritzburg 1929. Beatrys ['n vertaling]. Pretoria 1939. | |
[pagina 156]
| |
Dink vir jouself. Pretoria 1940. Siegfried ['n vertaling]. Kaapstad, Johannesburg 1942. Die nuwe taal- en stylgids. Kaapstad en Port Elizabeth 1943 (met J.J. le Roux; vierde druk 1950). Verskeidenhede. Johannesburg 1948. Tien jaar prosa. Johannesburg 1950. Groenfontein se mense. Kaapstad, Pretoria 1953 (ps. Jan Kloppers). Juta se Fonteinreeks. Kaapstad, Johannesburg 1955 (met J. Heyl, Nico Uys, e.a.). Rondom die Woordeboek. Kaapstad, Bloemfontein, Johannesburg 1958. Verklarend Handwoordeboek van die Afrikaanse taal. Klerksdorp, Johannesburg, Pretoria 1965 (met C.J. Swanepoel, S.J. du Toit en C.M. Booysen). Skoolwoordeboek van die Afrikaanse Taal. Johannesburg 1970 (met C.J. Swanepoel). 'n Aantal Nederlandse bloemlesings en werke met aantekeninge: Bloemlesing uit die Gedigte van P.A. de Genestet (Pretoria 1934); Nederlandse verhalen (Kaapstad, Bloemfontein, Johannesburg; derde druk 1949); Erik (Kaapstad, Bloemfontein, Port Elizabeth 1950); Scheepsjongens van Bontekoe ('s-Gravenhage 1950); Uit de Nederlandse verhaalkunst (Pretoria; tweede druk 1956). Bydraes tot versamelwerke, soos die Kultuurgeskiedenis van die Afrikaner en Gedenkboek C.M. van den Heever. |
|