Versamelde gedigte(1981)–A.G. Visser– Auteursrechtelijk beschermd Vorige Volgende [pagina 119] [p. 119] Klein boetie Waar kom ons nuwe klein boetie vandaan? Oos van die son en ver wes van die maan Woon op die berge 'n klein bobbejaan, Kees se seun Joggem. Abba moes Ma hom aljimmer, maar saans Penorent, sit hy daar bo op die krans. Kyk hoe die jong bobbejane daar dans; Soms skree hy: Boggem! Mammie het lankal vir ‘Suster’ gesê Dat ons graag weer 'n boetie wil hê; Toe het sy saam met die dokter oorlê Joggem te vang; Voor hy kon ‘ê’ sê, was hy in die hande; Voor hy kon byt, trek die dokter sy tande. Soe, maar hy skree dat dit dreun oor die rande! Glo hy was bang! Een, twee, drie word toe sy stert afgekap, Gou in die seeppot sy haar afgekrap. ‘Hou op met kielie of 'k huil my nog slap!’ Skree die kabouter. Daarna word hy toe in watte gepak, Saamgeneem in 'n tamaaie groot sak; Raai en toe word die klein bergenaar mak - Stil die klein stouter. Nou lê hy lekker in moeder se armpies, Wit soos 'n lammetjie, saggies en warmpies, Veilig teen donker en dag se alarmpies, So suikersoet. Handjies en voetjies so sag as ferweel. Dat hy 'n aap was, kan'k skaars my verbeel, Ek was ook een en dit kan dus min skeel - Hy is my boet! Vorige Volgende