Die prosa van die tweede Afrikaanse beweging
(1939)–P.C. Schoonees– Auteursrecht onbekend§ 7. G. Jordaan.G. Jordaan vertel in Die Muurkassie (1919) hoe oom Andries ‘deur oppassendheid en sorg ryk geword het’. Hy hou vas aan die voorvaderlike gewoontes en gereeld kom die Bybel uit die muurkassie. As klein Andries, uit wie se jeug allerlei avontuurtjies meegedeel word, egter groot is, trou hy met Florence McWire. Hy word een van die ‘society-mense’ en dit duur nie lank nie of die muurkassie word die bewaarplek vir kaarte en brandewyn. Armoede volg en na 'n beskouing oor die armblanke-kwessie roep die skrywer sy lesers, ‘wat ook grond geërf het van hulle ouers’ toe: ‘Daar kom 'n stroom van immigrante uit Europa. Vele oë is op die erwe van die voorgeslagte (die plase van die boere). Laat ons met rotsvaste beslistheid Naboth nasê: Dit zij verre van mij dat ik u geven (of verkopen) zal de erve mijner vaderen!’ | |
[pagina 454]
| |
Jordaan ‘skryf as gewone boer aan (s)y landgenote’Ga naar voetnoot1) 'n eenvoudige lekeprekie oor 'n aktuele kwessie. Ter afwisseling vertel hy 'n paar grappies: oom Willie val in die stampkarring, oom Andries in 'n bad water, ens. Maar sy waarskuwing is ernstig, en ofskoon van geen letterkundige, seker van kulturele belang. Hy is ook die skrywer van: Hoe zij stierven. |
|