Die prosa van die tweede Afrikaanse beweging
(1939)–P.C. Schoonees– Auteursrecht onbekendDie Vreemde Voorval van Kaptein Silas (1926).'n Rustende Natalse onderwyser, Charles Howett, koop 'n plaas en ontdek in 'n geheimsinnige boskloof toevallig 'n verborge grot, wat 'n laag gas bevat. In hierdie bedwelmende lug vind Howett o.a. die bewustelose liggaam van 'n sewentiende-eeuse seerower, wat ná 'n bietjie eerstehulp in die vars lug weer lewendig word. Die eienaardige gas was naamlik 'n ontsmettingsmiddel, wat al die kieme van bederf geweer het en ná 'n rustige slaap van tweehonderd-en-vyftig jaar keer die Afrikaanse | |
[pagina 156]
| |
Rip van Winkel tot die lewe terug. Die vermaaklike pogings van kaptein Silas om hom by sy veranderde omgewing aan te pas en die avontuurlike verhale uit sy eerste lewenstydperk vorm die tema van die verhaal. Die skrywer maak 'n handige gebruik van ou reisverhale, en ná 'n bietjie ‘sonde met die bure’ verskyn Howett se vrou en pleegdogter op die toneel. Die gevolg is sonde met die vroumense, want kaptein Silas, wat in sy ouderdom nog groen is, betower die skone Sinnie deur verhale van 'n fabelagtige skat, wat hy by die mond van die Toegêla begrawe het. Die skatgrawery eindig egter in 'n teleurstelling, wat ook vergoed 'n end maak aan die driehonderd-jarige se hernude jeug. Die opgewekte en luimige verteltrant van die skrywer het hierdie verhaaltjie aantreklike ontspanningslektuur laat word. Die skrywer is blykbaar in die leer gewees by Van Lennep, want die komiese uitdrukkings van Howett herinner ons aan kaptein Pulver, en sy Latynse stopwoorde aan die hoofskout uit Ferdinand Huyck. Kaptein Silas sal seker 'n dankbare leserskring vind. |
|