Taal en poësie van die tweede Afrikaanse taalbeweging
(1919)–E.C. Pienaar– Auteursrecht onbekend
[pagina 204]
| |
Totius.
| |
[pagina 205]
| |
Behalwe genoemde werke het van Totius verskijn: Bij die Monument (1908, tweede omgewerkte druk 1917), Verse van Potgieter's Trek (1909), Wilgerboom-Bogies (1912), Rachel (1913), Trekkerswee (1915), benewens 'n dosijn brosjures oor Kerk en Onderwijs.
Totius se eerste digproewe dagteken reeds uit die Patriot-tijd. Dis begrijpelik dat die omgewing waarin hij opgegroei het, hom reeds vroeg aanleiding moes gegee het om ook mee te doen aan die beoefening van die edele rijmkuns, wat destijds soveel penne in beweging gebreng het. Want dit was in die dae toe in die kringe van Die Patriot en Ons Klijntji ‘elkeen wou rijm, van wijle Generaal Piet Joubert tot die veewagtertjie in die veld,’ sodat ‘mande vol rijmpies’ deur Die Patriot geweier moes word.Ga naar voetnoot1) Getrouw aan die tradiesie van die meeste skrijwers uit daardie en ook nog uit later tijd, om soveel moontlik hulle identiteit te verberg, het Totius se eerste pennevrugte verskijn onder die skuilnaam Jaduto. Die meeste daarvan is vertalinge of bewerkinge uit Engelse en Duitse skrijwers, waarvan die volgende uit Ons Klijntji herdruk is in Afrikaanse Gedigte (1876-1906): Di Hijde-Rosi (Goethe), Edwin en Angelina (Goldsmith), Rikardo en Isolina, Lenora (Bürger), Di Fisser (Ramler), Kain an di oefer fan di Meer (Leopold). Te oordele naar die onbeholpe vertaling, moet Di Hijde-Rosi, wat later in Bij die Monument omgewerk is in Die Howenier was weggegaan, tot die vroegste proewe van Jaduto behoor. Vir die literatuurgeskiedenis is dit nie sonder belang nie om die verskillende tekste met mekaar te vergelijk, omdat dit nie alleen die afstand laat sien wat Totius van Jaduto skei nie, maar ook 'n sijdelingse lig werp op die ontwikkeling van die Afrikaanse poësie in die algemeen sedert die Patriot-tijd, al geld dit dan ook hier 'n vertaling. Ons krij daaruit tewens 'n kijk op Totius se taalbehandeling uit drie verskillende periodes: die Patriotse, die Hoog-Afrikaanse en die Afrikaanse. Ter vergelijking volg hier, naas die teks van Goethe, die oorspronkelike vertaling met die latere bewerkinge van 1908 en 1917. | |
[pagina 206]
| |
Heidenröslein.
Sah ein Knab' ein Röslein stehn,
Röslein auf der Heiden;
War so jung und morgenschön,
Lief er schnell, es nah zu sehn,
Sah's mit vielen Freuden.
Röslein, Röslein, Röslein rot,
Röslein auf der Heiden!
Knabe sprach: ich breche dich,
Röslein auf der Heiden!
Röslein sprach: ich steche dich,
Dasz du ewig denkst an mich,
Und ich will's nicht leiden.
Röslein, Röslein, Röslein rot,
Röslein auf der Heiden!
Und der wilde Knabe brach
's Röslein auf der Heiden;
Röslein wehrte sich und stach,
Half ihm doch kein Weh und Ach,
Muszt' es eben leiden.
Röslein, Röslein, Röslein rot,
Röslein auf der Heiden!
Di Hijde-Rosi.
Sag 'n Knaap 'n Rosi staan,
Rosi op di hijde;
Morgen-skoon, net opgegaan,
Liip hij gou gou daarop an,
En hij was so blijde.
Rosi, Rosi, Rosi, rood,
Rosi fan di hijde.
Knapi sprak: ‘Ek pluk jou no,
Rosi op di hijde!’
Rosi sprak: ‘Dan steek ek jo;
Ewig sal dit jou berou,
En ek sal niks lijde.’
Rosi, Rosi, Rosi, rood,
Rosi fan di hijde.
En di wilde knapi brak
Rosi op di hijde!
Rosi weerde haar en stak;
Mar di Rosi was te swak,
Albij moes dit lijde.
Rosi, Rosi, Rosi, rood,
Rosi fan di hijde.
Die Howenier was weggegaan.Ga naar voetnoot1)
Mijn oog doet mijn ziele moeite aan wegens al de dochteren mijner stad. 'n Knapie sien 'n rosie staan,Ga naar margenoot+
'n rosie in die gaarde.
‘Nou,’ drnk hij, ‘kom mijn planne reg:Ga naar margenoot+
die howenier is eindlik weg;
nou sal ik haar
gaan afpluk daar,Ga naar margenoot+
die blommetjie van waarde.’
| |
[pagina 207]
| |
Die knapie nader langsaam aanGa naar margenoot+
die rosie in die gaarde.
‘Og, laat mij staan! Og, laat mij staan!
Die howenier het weggegaan!Ga naar margenoot+
Moet mij nie breek!’Ga naar margenoot+
so bid en smeekGa naar margenoot+
die blommetjie van waarde.
Maar nee, hij wou haar nie laat staan -
die rosie van die gaarde.
Die ruwe knapie breek haar steel,Ga naar margenoot+
en werp sijn modder op haar geel.Ga naar margenoot+
‘Blij nou maar leg,
ik gaan weer weg!’
so spreek hij, die ontaarde.Ga naar margenoot+
Die howenier besoek toen weerGa naar margenoot+
sijn rosie en sijn gaarde.
Daar lê sij op die slingerpad;Ga naar margenoot+
en snikkend sê die blommeskat:Ga naar margenoot+
‘og, was u hier,
o howenier,
dan had ik nog mijn waarde!’
Sijn hart die breek als hij die taalGa naar margenoot+
hoor opklim uit sijn gaarde.Ga naar margenoot+
‘Mijn rosekind, ik moes van hier,
ik moes,’ so spreek die howenier,Ga naar margenoot+
en neem haar op,Ga naar margenoot+
sijn roseknop,
sijn blommetjie van waarde.
Lang staar hij op sijn blommekind,Ga naar margenoot+
die skoonste van sijn gaarde;Ga naar margenoot+
maar ag, geen tuinmanskuns kan heelGa naar margenoot+
die eenmaal afgebroke steel;Ga naar margenoot+
geen traneplas
die modder wasGa naar margenoot+
en geef haar weer haar waarde!
Jaduto was blijkbaar nog weinig thuis in sij Duits. Waar die derde reël van die eerste koeplet in die Duitse teks betrekking het | |
[pagina 208]
| |
op die ‘Röslein’ beteken die vertaling dat die skone oggend net aangebreek was. Opgegaan kan 'n drukfout wees vir oopgegaan, wat die oorspronkelike beter sou weergee. Als lijde in die tweede koeplet opgevat word in die Afrikaanse betekenis daarvan, dus ‘pijn of smart ondergaan’, dan gee die sin gladnie die oorspronkelike weer nie. Als Nederlands opgevat, dus in die sin van ‘verdragen, toelaten’ ('n betekenis wat in Afrikaans nie meer bestaan nie), kom die vertaling nader aan die oorspronkelike. Uit die laaste koeplet blijk egter dat lijde hier in albei gevalle in sij Afrikaanse betekenis gebruik word, want Nederlands sou (in die hier aangeduide betekenis) in die laaste geval glad geen sin oplewer nie. Maar selfs als Afrikaans is dit nog foutief, omdat alleen die rosie die lijdende partij is. Albij is waarskijnlik te wijte aan 'n misvatting van eben. Uit dit alles blijk dat ons hier met jeugwerk te doen het. Die Howenier is egter veel meer dan 'n blote vertaling. Hier het Totius die motief van Goethe ('n motief wat so oud is als die Europese letterkunde self) uitgewerk en in die simboliek daarvan 'n bepaalde strekking gelê, naar aanleiding van die aangehaalde Bijbelteks. Dieselfde onderwerp het hij later nog eens behandel in Trekkerswee, en dit pleit seker vir 'n ernstige opvatting van sij roeping als digter om sij kuns nie enkel diensbaar te maak aan die verheerliking van die heroïeke deugde-in-lije van die Afrikaanse vrouw nie. soos in Bij die Monument en in Rachel, maar om ook die lig te laat val op enkele van die donkerste bladsije uit die geskiedenis van die oorlog en die goudstad-beskawing. Op ewe tere als verhewe wijse spreek in hierdie verse, veral in die laaste koeplette, 'n droefheid wat in so menige geval die oorlogsmart nog verdubbel het. En waar Totius ons in sij eerste bundeltjie 'n beeld wil gee van die agtergrond waarteen die Vrouwemonument oprijs, was dit histories en psychologies juis gesien om ook die skaduwsij daarvan te belig. Niemand kan beswaar hê teen die manier waarop dit gedaan is nie. ‘Inventariseurs-kritiek’ het hier weer al die nadruk laat val op die nabootsing of selfs ‘naäperij’ van Totius, sonder iets te merk van die diepgevoelde, nuwe oorspronkelikheid in die tragiese simboliek van ‘die blommetjie van waarde’; en daarbij oor die hoof gesien dat Bij die Monument sij eerste bundeltjie is en dat | |
[pagina 209]
| |
dit nog meer gedigte bevat als Die Howenier en Die Besembos. Enkele van genoemde vertalinge uit later tijd, hoewel ook nog in die Patriot-toon geskrijwe, is veel verdiensteliker als die Hijde-Rosi. Maar net soos bij Celliers, het eers die oorlog en 'n nouwere aanraking met die Europese kultuur Totius se talent tot meerdere ontwikkeling gebreng. En dis begrijpelik dat veral Gezelle vir hom 'n buitengéwone bekoring moes gehad het. Want Totius is in die eerste plaas kristen en lyrikus, en daarbij was hij van jongs af van nabij getuie van die strijd vir die erkenning van sij moedertaal. Sij eerste verse van na-die-oorlog, wat sedert 1905 sporadies in 'n Potchefstroomse studenteblad Fac et Spera verskijn het, vertoon dan ook duidelike spore van Gezelle se invloed. So b.v. Vaderland en Verse,Ga naar voetnoot1) waaruit sij bewondering vir Gezelle spreek, maar tegelijk ook 'n duidelike besef dat die Afrikaanse digter op eie bene moet staan. Die aanhef daarvan lui: Mystiek is die verse van Guido Gezelle,
En wasig en lieflik en wonderbaar skoon;
Maar nooit sal sijn digsoort nie luide vertelle
Wat swijgend en diep in mij binnenste woon!
Die Vlaming sijn hemel het newels en wolke,
Die Vlaming sijn velde het weiland en bloem;
Dog verse, wat innig sijn lewe vertolke,
Hoe sal ik die ooit dan mij eige kan noem?
Owerigens bevat die enkele gedigte uit daardie jare meestal natuurindrukke, soos Te Snel,Ga naar voetnoot2) waarin die snelle verbijgaan van die ‘lief Lentegetijde’ geskilder word. 'n Ander gedig heet Taaldag-morge,Ga naar voetnoot3) waarvan hier enkele koeplette volg: Sanger, sanger! waarom langer
stil geblij,
en uw tone nie die skone
dag gewij?
Wat maak vrijer, wat stem blijer
dan die straal
van 'n jonge, hart-ontspronge
moedertaal?
Dis die sonne, wat verwonne
het oplaas;
segepralend, glorie-stralend
ons verbaas!
Kersies, lampies, nagpit-dampies
geef die gees!
Taal-ideetjes, teorietjes
- is gewees!
| |
[pagina 210]
| |
Daárom sanger, waarom langer
uw geluid
doodgesmore? Laat dit hore!
Roep dit uit!...
Hieruit spreek die verheuging oor die snelle vorderinge in daardie jare van die tweede Afrikaanse taalbeweging, en tewens die bewussijn van eie roeping als digter en strijder. Die planne tot oprigting van 'n Vrouwemonunient was aanleiding tot Totius se eerste verse-bundel.
Bij die Monument (1908) is 'n verse-krans, gewij aan die nagedagtenis van die ruim 26.000 vrouwe en kinders, wat hulle lewe geoffer het in die Afrikaanse vrijheidstrijd. Soos Celliers in sij oorlogs-cyklus, het Totius in hierdie bundeltjie verskillende momente uit die oorlogsjare in beeld gebreng, waarin vervolgens Die Kind, Die Vrouw en Die Man op die voorgrond tree, 'n volgorde wat tewens die verhouding aangee van die aandeel-in-lije wat elk van die drie in die oorlog gehad het. Anders dan Celliers, wat met die ‘oproeping’ begin, plaas Totius ons onmiddellik voor die verskrikking van die oorlog. In enkele korte verse sien ons die vijand aanstorm op 'n eensame boerewoning, waar alleen moeder en kinders met angstige harte hulle koms afwag: Daar kom hul, daar kom hul!...
met skuim aan die stang...
O Moeder, beskerm ons!...
Dis die bekende toneel wat soveel moeder- en kinderharte met angs en ontsetting geslaan het, en wat soveel aanskouweliker deur Celliers geteken is in Japie Greyling. Als 'n mens die twee gedigte naas mekaar lê, blijk dadelik die verskil in uitbeelding tussen die twee digters. Celliers is fors en beeldend: Die dag-ster verbleek op sij wag-pos omhoog,
waar die dageraad klim soos 'n ligtende boog;
maar angstige blikke deurboor nog die skoot
van slepende skaduws in laning en sloot.
En kijk! soos met klouw en met vleuel geswind
van die nag-uil, wat val op sij prooi soos 'n wind,
kom 'n bank uit die grouw van die skemering, op,
- dis stormende ruiters in jagend gelop!
| |
[pagina 211]
| |
Hulle kom, hulle kom oor die slapende werf,
en soekende oë dreig dood en verderf.
Halt! - en hul swaai uit die saels op die grond.
Voorwaarts! - hul singel die huis in die rond.
Maar weerlose vrouwe slegs loon die geweld
van moord-grage blikke en wapens geveld,
- die voëls gevloge, nog vrij op die veld!
Bij Totius is dit alles in sulke sobere trekke aangedui, dat van Nouhuys se indruk daarvan was: ‘niet anders dan onbeholpen rijmelarij’.Ga naar voetnoot1) Dis ook so banaal eenvoudig, ongeveer soos van Eeden van Giza Ritschl se verse opmerk: ‘geen vizie, geen beeldspraak, geen sonore geluiden. Het zijn maar zoo woordjes van iemand, die meent en voelt wat ze zegt’. Maar ‘zoo dapper simpelzijn’, meen van Eeden, is dikwels net so goed kuns als ‘kwatrijnen en terzinen met passie, plastiek, vizie en extase’, al is dit dan ook ‘geen kunst van hoogen rang.’Ga naar voetnoot2) Niemand sal hierdie sobere verse van Totius wil ophemel alsiets besonders nie, maar wie goed toeluister sal in die ‘onbeholpe rijmelarij’ 'n angskreet hoor, kort en smekend, van 'n klompie hulpelose kinders in gevaar; hij sal 'n moeder haar eie kloppende hart tot kalmte sien dwing en haar toevlug neem tot ‘die Vader daarbowe’, waar haar kleintjies om hulle vader roep; hij sal merk dat Totius hier, naar die woorde van Kloos, ‘eenvoudig en waar zegt wat hij gevoelt’ en wat die moeder en kinders moes gevoel het in 'n oomblik wanneer woorde gewoonlik skaars is. En dan die skrijnende ironie van die laaste reëls: ‘Wees stil maar! hul sal mos geen kindertjies vang.’ Hier laat Totius die gordijn val voor die toneel van woeste geweld,Ga naar voetnoot3) wat later in Rook uit die verte belig word en wat deur Celliers in sulke aangrijpende kleure geskilder is in Die Brand.
Die lof van die os en die ossewa is meermale deur Afrikaanse digters besing geword, en tereg. Want wat die skip is vir die Nederlander en die kameel vir die woestijnbewoner, is die ossewa vir die Afrikanerboer. Maar dis nog meer. Jare lang was die | |
[pagina 212]
| |
ossewa die Trekker se enigste besit, sij woning in vredestijd, sij vesting in oorlogstijd; dit was die draer van die pioniersbeskawing naar de binnelande van Afrika, die wieg van die voortrekkersgeslag, en tot vandag nog vorm 'n bokwa met 'n span mooi Afrikanerosse daarvoor die regmatige trots van iedere welgestelde Boer. So heet dit in 'n beurtsang tussen bruid en bruidegom in Trckkerswee: Ik is 'n boerebruidegom,
wat met mijn ganse rijkdom kom.
Ik het g'n geld nie op die bank,
maar het 'n wa met suiwre klank,
twaalf rooies, jukke en rieme klaar,
en ik mankeer nog net vir haar!
In Die lied van die ossewa trek Totius 'n parallel tussen die rol wat die ossewa in die voortrek gespeel het en sij droewige lot in die laaste oorlog, toe hij weer duisende vrouwe en kinders moes vervoer, maar nou weg van 'n verwoeste huis en haard op 'n treurende tog naar die sterfkampe toe. Vroeër was dit 'n vrijheidslied: Voor 'n wiel het kon rol in die wêreld nog wild,
het mijn klank die gebrul van die leeuwe gestild;
en ik het al gejubel met vorstlike lied
toen geen pad was gebaan in die woeste verskiet.
Toen geen huis nog die trekker se kroos kon beskut
was mijn tent vir die kieintjies 'n veilige hut,
wat bij nagtlike tog met gewieg en gesus
hulle sag het laat sluimer in salige rus.
Maar nou? Maar nou val weer mijn lot in 'n dag van veel kwaad,
want die trekker se seun het sijn plaas moet verlaat,
en ik, arme, nog lewend, het agtergeblij
om weer saam met sijn vrouw en sijn kinders te lij.
Maar mijn stem is nou hees en mijn klank is verdof
na die jare van worstling met sonbrand en stof,
en mijn kranke geluid word weemoedig gesmoor
deur 'n aaklig geklaag uit mijn tentjie gehoor.
Die oorspronkelike slotkoeplet is in die tweede uitgaaf verwater tot die volgende weinig sprekende reëls: Want ik rol, ik en honderde waens met mij,
na die plek waar die vrouwens en kinders gaan lij.
| |
[pagina 213]
| |
Veel tekenender is die eerste redaksie: Nee, mijn stem nie alleen maar van honderde nog
soos ons saam word verknog tot die treurende tog;
en ons trek soos 'n lange begrafenisstoet
'n begraafplaas traag-slepend sal trek in gemoet.
'n Begraafplaas......! Daarmee is die Vrouwekampe geteken, want vir hoeveel duisende was die ‘treurende tog’ nie ook die laaste trek gewees nie? En so kom die digter vanself tot In die Kamp. So doodgewoon is weer die dialoog tussen Moeder en Kind, dat menige oppervlakkige leser daar waarskijnlik ook doodgewoon oor heen lees. Maar wat 'n intense ontroering tril daar in hierdie sobere verse, fel beligtend enersijds die siele-lije van die moeder en andersijds die liggamelike lije van die kind, - 'n tafereel wat dadelik van Wouw se hoofgroep op die Monument voor die gees roep. Hoe voel 'n mens wat dit die moederhart moes gekos het om die herhaalde smeekstem van haar kind om brood maar telkens in slaap te moes probeer sus, omdat die moed haar ontbreek het om met die harde waarheid voor die dag te kom. En als die kind eindelik die naakte werkelikheid besef en vra: ‘Maar waarom tog so? Het die Heer ons verstoot?’ - dan word haar die waarheid van die lippe gepers, en wat 'n waarheid met die hongerdood voor oge! Maar wat 'n rotsvaste geloof tewens in 'n oomblik van so bittere beproewing: Nee, liefste, verstoot sal die Vader ons nimmer,
maar hier in die tent is geen krummeltjie brood.
En die slottoneel van hierdie oorlogsbedrijf: Haar kindjie slaap in bij die soete gedagte:
als ik weer ontwaak help die Heer uit die nood.
Die moeder ontvang met vermagerde hande
haar deeltjie oplaas - maar die kindjie was dood!
Is hierdie voorstelling misskien oordrewe? Helaas, dit lig nog maar 'n tippie van die sluier van onbekrijfelike wee, wat oor die geskiedenis van die sterfkampe uitgesprei lê.Ga naar voetnoot1) Wat 'n mens in | |
[pagina 214]
| |
Totius moet bewonder is die buitengewone selfbeheersing wat hij hier aan die dag lê. Dis soms bijna of so'n soberheid van segging ons aandoen als onnatuurlik en koud, of 'n mens meer bevrediging daarin sal vind om in 'n vloekpsalm van da Costa uiting te gee aan die stroom van wilde gewaarwordinge, wat deur sulke herinneringe gewek word. Maar hierin lê juis die krag van Totius: hij voel diep, dog laat hom nergens deur sij gevoel oormeester nie. Dis 'n stille weemoed, 'n besonke smart vol ingehoue trane, alleen hier en daar deur 'n ligte rimpeling aan die oppervlakte verstoor. En so vertolk hij ook die beste die karakter van die tiepiese Boerevrouw, want Haar wese is erns, sij gaat haar weg in swije,
gehoorsaam op die weg van lange lije;
Suid-Afrika, uw moeder in haar wee
- wat aan die wer'ld 'n nasie gee.Ga naar voetnoot1)
Van die kamp gaat dit naar die kerkhof toe, heen en weer, dag na dag, totdat daar eindelik 'n groot pad getrap is. Treffend gesien is dit om die doringboompie als stille getuie hiervan te laat vertel. Lief doringboompie daar op sij,
met grassies aan jouw voetjies -
wie gaan nou elkers hier verbij,
so soetjies,Ga naar voetnoot2) soetjies, soetjies?
‘Dit is die manne met die baar,
daarop die kleine bloedjies
daaragter kom die moederskaar,
so soetjies, soetjies, soetjies;
en snikkend glij
die swarte rij
al oor mijn groene voetjies.’
En eindelik op die kerkhof self die Kindergraffies: Nou lê hul almal, almal daar,
die bloesems tussen sooie,
en rus die stille, stille rus
van liewe kleine dooie.
| |
[pagina 215]
| |
Viermaal gesien en Kindergraffies, albei van 'n treffende simboliek, behoort tot die skoonste kranse wat Totius om die Monument gevleg het. Daarin veral verneem 'n mens, naar die woorde van Preller, ‘'n innig subtiele sang, soos die fluisterstemme in 'n siekekamer.’
Totius het 'n besondere voorliefde vir sinnebeeldige voorstellinge. So word in die tweede afdeling van hierdie verse-krans die lije van Die Vrouw uitsluitend deur middel van simboliek uitgebeeld. In Die Howenier is sij ‘die blommetjie van waarde’, vertrap in die modder; in Mag en Reg die tortelduif, wat na die verwoesting weer 'n nuwe nessie bouw ‘vir 'n ander huisgesin’; in Vergewe en Vergeet die doringboompie, wat stadig weer sij stam ophef nadat die wawiele daaroor gegaan het. Hierdie laaste gedig is eers in die tweede druk van 1917 bijgevoeg, en staan hier in die plek van Haar laaste woord. Uit 'n vergelijking van die twee gedigte, albei met die strekking: ‘Dat gij niet vergeet de dingen die uwe oogen gezien hebben (Deut. 4:9)’, blijk nog eens Totius se ontwikkeling sedert 1908. Haar laaste woord is 'n blote opsomming van al die gruweldade waarvan die moeder getuie was, van al die leed wat sij moes verduur. Die vooropgestelde tendens spreek uit bijna iedere versreël, en wat die vorm betref is dit 'n stuk min of meer slegte prosa, waarbij alleen deur die rijm 'n skijn van poësie bewaar word. In Vergewe en Vergeet daarenteen word die tendens alleen gesuggereer. Met 'n tiepies Afrikaanse gegewe weet die digter hier onmiddellik en treffend sij bedoeling te versinnelik. Die simboliek is tekenend, die vorm en toon suiwer Afrikaans.
Vergewe en Vergeet.
‘Dat gij niet vergeet de dingen die uwe oogen gezien hebben.’ Deut. 4:9. Daar het 'n doringboompie
vlak bij die pad gestaan,
waar lange ossespanne
met sware vragte gaan.
En eendag kom daarlanges
'n ossewa verbij,
wat met sij sware wiele
dwars-oor die boompie rij.
‘Jij het mos, doringstruikie,
mij ander dag gekrap;
en daarom het mijn wiele
jouw kroontjie plat getrap’.
Die ossewa verdwijn weer
agter 'n heuweltop,
en langsaarn buig die boompie
sijn stammetjie weer op.
| |
[pagina 216]
| |
Sijn skoonheid was geskonde,
sijn bassies was geskeur;
op éen plek was die stammetjie
so amper middeldeur.
Maar tog het daardie boompie
weer stadig reggekom,
want oor sij wonde druppel
die salf van eie gom.
Ook het die loop van jare,
die wonde weggewis -
net éen plek blij 'n teken,
wat onuitwisbaar is.
Die wonde word gesond weer
als jare kom en gaan,
maar daardie merk word groter
en groei maar aldeur aan.
In die laaste afdeling word in 'n drietal gedigte die lije van Die Man voorgestel. In Rook aanskouw hij van 'n heuwelrand af die verwoesting van sij plaas, totdat hij self deur 'n koeël getref word; in Die Balling beluister hij in die golfslag op die seestrand van St. Helena, die klaagsang van sij enigste oorgeblewe kind oor die see, totdat die dood ook hom wegneem; in Hulle kom nie weer sien ons sij droewige thuiskoms op sij verwoeste plaas na die oorlog, waar alles weer gaandeweg uit die as opgebouw word; maar die verlies van vrouw en kind is onherstelbaar, want ‘hulle kom nie weer’. Rook is die mins geslaagde van die drie gedigte en staan ver benede Celliers se Veldbrand. Bij Celliers is die geval gesien en uitgebeeld, bij Totius is dit meer beskrewe. Die Besembos vorm 'n passende slot tot Totius se eerste bundeltjie. Die eerste reël herinner aan Iris, soos ook die vorm en ritme, maar owerigens is die beeld, net soos in Die Vlakte, deur en deur Afrikaans. Hoewel dit lang nie op een lijn met Die Vlakte kan gestel word nie, is die onuitroeibaarheid van die besembos, als sinnebeeld van die taaie Afrikaanse trekkersras, hier treffend geteken. Die laaste reël: ‘ik leef en sal lewe, mij doodkrij is min’ is reeds spreekwoordelik geword. Als geheel is Bij die Monument 'n aandoenlike vertolking van die leed van 'n volk, wat sij lijdensbeker tot die bodem toe moes ledig. En solang daar, naar die woorde van Celliers, 'n oog is ‘wat 'n traan nog ween vir 'n helde-geslag, in hul rus daarheen’, - sal die echo van Totius se treursange dieselfde stille ontroering teweeg breng, wat deur die aanblik van die Vrouwemonument gewek word. | |
[pagina 217]
| |
In sij tweede bundel, Verse van Potgieters Trek (1909), voer Totius ons van die jongste verlede met al sij smartelike herinneringe terug naar 'n verder, verlede, naar die grootse tijd van die Voortrek. Hoewel bij uitstek die helde-tijdperk in die wordingsgeskiedenis van die Afrikanernasie, is die Voortrek deur 'n antinasionale onderwijs-tendens nog altijd als hanslammetjie behandel, sodat dit binne en buite die skool nog lang nie die algemene bekendheid verkrij het nie waarop dit als vaderlandse geskiedenis so'n onbetwisbare reg besit. 'n Volk wat sij verlede vergeet, stel sij toekoms in gevaar. En sal ons volkskarakter nasionaal gesond blij, dan moet ons terug naar die worstelperk van die verlede, waar die grondslae gelê is van die karakter-eienskappe wat die Afrikanerdom in staat gestel het om die vurige oordeel van die jongste oorlog te trotseer, sonder te gronde te gaan. Daarom is die Voortrek ook bij uitstek die terrein van ons nasionale romantiek, wat in ons opkomende letterkunde nog al te skraal verteenwoordig is. In Potgieter's Trek het Totius enkele grepe gedaan uit die geskiedenis van die Voortrek. Dis geen epiese gedig nie, maar 'n reeks afsonderlike beelde in losse kronologiese volgorde opgestel, beginnende met die ontdekking van ‘Donker Afrika’ en uitlopende op die verheerliking van ‘Potgieter’ als ‘die trekker bij uitnemendheid’. Die opset en gedagtegang van die geheel loop min of meer evenwijdig aan die van da Costa in Hagar. Die grondgedagte van Hagar: die strijd tussen Halwemaan en Kristendom, uitlopende op die eindelike sege van die laaste, vind ons hier in die strijd tussen die ‘Swarte Halwemaan’ en die kristelike beskawing van die Voortrekker. Uit 'n aantekening van die digter self sowel als uit verskillende besonderhede blijk dat Hagar hom hier telkens bewus of onbewus voor die gees gesweef het. Met 'n eienaardige beeld word hierdie verse-reeks ingelei. Die digter sien Donker Afrika - ‘àl storm-omringd, -ombruisd, àl onherbergsaamheid!’ - als 'n swaarbefloersde doodkis, waaromheen die lewende hulle beweeg, onbekend met die duistere magte wat daarbinne verderf en verwoesting saai. Want jare lang het ‘vaarders-om-en-om’ alleen die kuste gesien, sonder iets te weet van die ‘duistre duiw'ledom’ wat die binnelande beheers. En al wis geskiedenis en legende te vertel van die ‘wondre flonkring’ van 'n oer-oue beskawing, van Monomotapa's, van Simbabwe, | |
[pagina 218]
| |
van die Kristendom, - tog was Afrika sedert altijd die donkere werelddeel in driedubbele sin: ongeken deur blanke, alleen bewoon deur swarte barbare, versonke in heidendom. Maar eindelik verskijn daar aan die suidergrens die trekker met sijn roer, sijn os, sijn wa, sijn Boek,
wat in uw binneland sijn dure vrijheid soek.
In die eerste sang tref ons al dadelik die ooreenkoms met Hagar: dieselfde statige, klassieke versmaat, 'n soortgelijke skildering ook als van die ‘woestijnvorstin van 't Oosten...... toneel van schrik en wee’. En soos da Costa in verbeelding die Kristendom in die persoon van Karel Martel oproep teen die ‘Muselmansche gieren’: ‘Waak op!...... rijs, Karel! rijs...... en wees in hooger hand een Hamer die verplet’ - so word hier die beskawingswoord van die Trekker gehoor: ‘word lig! skuif op!’; terwijl die tweede sang aanvang met 'n oproep teen die ‘impie's swart geskaard’ van Chaka en Silkats, wat met hulle halwemaan, ‘bloedige suster’ van die Saraseense, orals ‘woestigheid en wee’ versprei in teenstelling met die ‘skijnsel skemerligtend’ van die Saraseen. En net soos Martel ‘kom hij wat hul sal vel in goddelike wrake!’...... die Trekker. Dan word die vlakte opgeskrik deur 'n sweepslag en 'n psalm, waarop agtereenvolgens die lof van ‘os’ en ‘ossewa’ besing word, soos die van ‘kemel’ en ‘ros’ in Hagar. Tereg is deur prof. de Vooys opgemerk: ‘Waar Totius Die Os, de geduldige en onwaardeerbare bondgenoot van de voortrekkers herdenkt, voelt hij Gezelle's vertedering voor het trouwe mooie dier, dat toch ook. Gods schepsel is. Wie het naast Die Ossewa van Celliers legt, zal opmerken, dat deze meer door de schoonheid van taal en ritme, Totius meer door de innigheid van gevoel bij Gezelle getroffen is.’Ga naar voetnoot1) Maar Die Os lewer tewens die bewijs dat Totius se plastiek bij wijle nie minder is als die van Celliers nie. Treffend word in die ritme van hierdie verse die rustige en tegelijk rustelose gang van die trekos weergegee. Hoe sien 'n mens ‘die edel jukgediert’ hier in die versnelde pas van die môre-skof: | |
[pagina 219]
| |
Hoe rustig stap hij aan,
die edel jukgediert!
Hoe waggel hij die kop
met horings swaar gesierd
en stewig ingestrop!
Hoe rustig stap hij aan
so sonder tuiggetooi,
met matte dowwe plof;
sijn vel trek plooi op plooi
rondom die breë skof.
So stap hij rustig aan
vol kalme majesteit
en ongesmukte prag -
beeld van stilswijgendheid
èn selfbewuste krag.
‘Swaarskokkende ossewa! die vlaktes ingedronge, u wij ik weer mijn lied’...... en hierdie keer met minder sukses als in Die lied van die ossewa. Totius is hier oor die algemeen meer bespiegelend als beeldend in sij voorstelling. Mooi is die versreël van da Costa: ‘De moeder Ismaëls! Hoe schudt en schokt die schoot!’ in die eerste van die volgende koeplette op die ossewa toegepas, terwijl die tweede herinner aan die kemel, ‘bevracht met keur van oosterwaren’. Swaarrollende ossewa! die trek is aangevange.
Maar ag, hoe skud skok uw moederskoot so bange? -
Gij houd 'n jonge volk nog liefderijk omklemd,
nie vir 'n paradijs, maar wildernis bestemd.
Ik sien u rusteloos en immer verder dragend
uw kostbre lading; en uw blanke tent vervagend
tot vale stip héél vér, waar lug en aarde skei -
die so gevreesde grens van verre woestenij.
Naas Die Os behoort Vegkop en Die drie Kindertjies tot die beste verse uit hierdie bundel. Die laaste het 'n historiese agtergrond maar is owerigens verbeelding, dog 'n verbeelding so realisties, dat dit ons aandoen als 'n brokkie werkelikheid so op die lewe betrap. Die vredig-idylliese natuurtafereeltjie; die onskuldige spel van die kleintjies, - en so natuurlik dat hulle wa en osse van klei sou gemaak het; watter boereseun het dit nie gedaan nie? - die oorrompeling deur die swarte barbare, wat dit nie oor hulle hart kan krij om hier die ‘bloedbedrupte spies’ te gebruik nie; die vergeefse hulpgeroep al verder weg van die uit- | |
[pagina 220]
| |
gemoorde laer; - dit alles leef hier voor ons verbeelding op als gesien. En alsof die digter bang is om die spel van sij verbeelding verder te laat gaan, besluit hij met: ‘en klein beentjies, tussen steentjies weggebleek, bedek die grond.’ Vegkop behandel eweneens 'n historiese gebeurtenisGa naar voetnoot1) en is 'n mooi voorbeeld van Totius se kernagtige plastiek. Met tekenende alliterasies en in fors-bewegende ritme word in 'n paar kleurvege 'n kafferaanval op 'n Treklaer geskilder, en ook hier werk die digter op ons met die mag van die werkelikheid. Hier geen bespiegelende retoriek nie, geen breed-rustige beskrijwing nie, maar een en al aksie met snel beraad en vaste hand. Hier, soos in Dingaansdag van Celliers en Die slag bij Bloedrivier van Wassenaar, is strijd op lewe en dood; en vanself word ons harteklop onstuimig, ja ons is self daar in die laer tussen die stoere Voortrekkers, waar man en vrouw skouer aan skouer staan onder die assegaai-reën: Bleek blink die seile vér teen die hang,
swart kom die kaffers met driftige drang,
bewend omhoog rijs gebed en gesang -
o so bang!
Donkre gevaartes dondrend temet,
blitsende flitse van pijle gewet,
borend naar bowe die skietgebed:
Heere red!
Hoor die gebruis teen die wawiel aan!
Hoor die geklots oor die seile slaan!
Sug van vertwijfling die boesem ontgaan:
Heer dis gedaan!
Vas lê die roer in die trekker se hand,
fluks hou sijn vrouw aan sijn sijde stand,
weg vlug Kalipi weer naar sijn land -
vér oor die rand!
In Weg van die see word Potgieter se trek gemotiveer, maar met weinig klem van oortuiging. Hoe b.v. 'n vrijheidsdroom ‘loom en lam’ gemaak word deur ‘lage lug’, is nie duidelik nie. Die | |
[pagina 221]
| |
Watergeuse in die ‘lage lande bij die see’ het daar seker anders oor gedenk. 'n Tweede rede waarom Potgieter vir die ‘gedugte vloed’ gevlug het, word gekristalliseer tot die volgende sonderlinge geknoei: ‘want dáár (op die see) mijn vijand broei geknoei van grootheidsbloei......’ Totius lewer gelukkig selde sulke voorbeelde van minderwaardige jagmakerij op rijmklanke. In Moselekatse gee Totius 'n lewendige voorstelling van die nagtelike offerfeeste van die Matabeles en die danse waarmee dit gepaard gaan. Mooi laat sij woordbeelding in die eerste koeplette die fantasties-geheimsinnige van so'n nagtelike gewerskaf uitkom teen die spookagtige van die omgewing. Hierdie gedig herinner sterk aan 'n soortgelijke fantasie van S.J. du Toit: Nag en Dageraad in Matabeleland.Ga naar voetnoot1) Ter vergelijking volg hier die aanhef van albei gedigte.
Nag en Dageraad in Matabeleland.
Wat geestedrom hou wag,
Wat geestedrom hou wag bij nag,
Op Matabele-berge,
Met aaklig rougeklag?...
Daar rijs 'n reusgefaart,
Daar rijs 'n reusgefaart uit d'aard,
Omring fan swarte geeste,
In impi's rond geskaard.
Hij rijs sig statig op,
Hij rijs sig statig op en klop
Tot drimal op sijn skildfel;
Toen spring die geeste op.
Hul dans al in di rond,
Hul dans al in di rond, di grond
Dreun fan hul foetgetrappel
En krijgssang uit hul mond.
Moselekatse.
Manestraal aan troeb'le trans;
rond die vure glimmerglans;
kaffers nes in dodedans
om die vlamme;
windgewiegeld, tak en blaar
wenk met spokerig gebaar,
skaduwe nes skimme waar
om die stamme.
Wild gebruis van bometop;
dansgedreun en skild-geklop;
vuurgeglim van onder-op -
hel tafrele!...
Vlammend rijs sijn speer oplaas,
Stiller word die krijgsgeraas.
Nagwind waai met breed geblaas
sijn bevele.
Die slotsang, waarin Potgieter self verheerlik word, is geskrijwe min of meer in die trant van die inleiding tot Voorzienigheid en Napoleon van da Costa. Soos die Joodse sanger van hom- | |
[pagina 222]
| |
self getuig: ‘Ik ben geen zoon der lauwe Westerstranden! Mijn Vaderland is daar de Zon ontwaakt!’ - so heet dit hier dat Potgieter se voorgeslag gebore is ‘nie langs die lome Kaapse strande’, maar op die hoogland van Afrika. ‘Gij waart een Morgenster, Napoleon!’ sê da Costa. ‘Uw beeld verrijs 'n son gelijk’, heet dit van Potgieter. En so word hij deur middel van retoriese beelde voorgestel als die lig-draer naar die Noorde, ‘bestrijkend met uw sonnewieke 'n wêreld vir twee republieke’; word hij gehuldig als die ‘grote jukverbreker’, ‘onregwreker’, ‘vrije veldekind’, soekend naar vrijheid ‘hoog-glansend als uw hemelhal’; word hij aangeroep als ‘storme-seun maar tewens Herder’ van sij skape. Die slotgedagte korrespondeer weer met die van Hagar. Soos da Costa op grond van Jesaja 60 'n toekomsbeeld van Sion ontwerp, word hier met 'n berijming van Jesaja 35 'n ‘nuwe tijdkring’ aangekondig vir die binnelande van Afrika. Die poësie van Totius beweeg sig tussen twee uiterstes. Soms is hij sober tot op die kantjie van banaliteit en dan weer steek hij in hoogdrawendheid da Costa naar die kroon. Seker bevat hierdie slotsang ook enkele mooi gedeeltes, b.v. die aanhef; maar wanneer 'n mens die geheel naas sulke gedigte als die voornoemde lê, rijs onwillekeurig de Genestet se versugting op: ‘Verlos ons van den preektoon, Heer! Geef ons natuur en waarheid weer!’
Wilgerboom-bogies (1912) is 'n bundel ‘vergeet-mij-nietjies’, gewij aan die nagedagtenis van ‘drie liewe dode’. Self sê die digter daarvan: Dit is maar liedjies,
maar klein vergeet-mij-nietjies
in wilde veld gepluk;
waar woeste polgras groei,
net àrme blom'tjies bloei -
te seer gedruk.
Dit is maar ligte liedjies,
mijn kleine hart-verdrietjies,
mijn liewe blomme;
maar in so'n grote wêreldwei
so laggend groen en blij -
wie anders gee daar omme?...
Weemoed en berusting is die grondtoon van die ‘ligte liedjies’, waarvan die inhoud, soos reeds die tietel aandui, grotendeels simbolies van aard is. Die wilgerboom in sij winterkleed is vir die digter 'n sinnebeeld van eie sielstoestand: | |
[pagina 223]
| |
O! wilgerboom,
beeld van mijn skuld!
So naak en uitgetoge
is ook mijn siel,
verarmoed en
so diep terneergeboge!...
Maar tog is jij,
so kaal en in
jouw grouwe bedeldragte,
gelijk'nis van
'n stil geloof
en immer hopend wagteGa naar voetnoot1).
So word ook die waterstroom, die tortel, die vallende boomblad, die rusteloos swerwende wind gesien als soveel beelde van die aardse lewe, waarvan die skrifwoord getuig: ‘Alle vlees is als gras’. Aldus die tietel van die slotgedig, waarin hierdie gedagte nogeens uitgewerk word met 'n natuurbeeld, en waarin die volgende fijn-getekende oorgang van stilte op storm voorkom: 'n Windjie ontwaak; eers 'n teer-kleine ding,
als 'n vlinder weifelend sijn fladdering,
kort maar van duur, 'n paar hallempies langs;
hier en daar tril ewe 'n sprietjie van angs -
en dis stil. Maar straks bééf die ganse veld:
woedend geblaas en oorlogsgeweld,
wind-wesens ontwaak uit onsigtbare graf,
vliegend verwilderd op die veldgraan af.
Diep deurvoel word die dikwels raadselagtige lewenskontraste uitgebeeld in verse als Verheugd-Bedroefd, Repos Ailleurs, Dit is Nag. Dis of 'n mens in hierdie bundeltjie telkens die refrein verneem van Gezelle se sielewee uit sij swijgenstijd: Mijn hert is als een blomgewas,
dat, opengaande of toegeloken,
de stralen van de zonne vangt,
of kwijnt en pijnt en hangt gebroken!
Mijn hert gelijkt het jeugdig groen,
dat asemt in den dauw des morgens;
maar zwakt, des avonds, moe geleefd,
vol stof, vol weemoeds en vol zorgens!
Mijn hert... mijn herte is krank, en broos,
en onstandvastig in 't verblijden;
maar, als 't hem wel gaat éénen stond,
't kan dagen lang weêr honger lijden!Ga naar voetnoot2)
| |
[pagina 224]
| |
Nergens tref ons dan ook die verwantskap tussen Gezelle en Totius so sterk als hier nie. Besselaar het reeds opgemerk dat Gezelle die skrijwer kon gewees het van Dit is maar ligte liedjies. So herinner Die lied van die Wilg, met die grondtoon ‘jouw harte is krank’, dadelik aan De Mandelbeke; terwijl 'n ander gedig uit die tijd dieselfde gedagtegang bevat als O 't ruischen van het ranke riet. Dit kom voor in die eerste nommer van Die Brandwag en heet: Waarom beef die biesie so? Die eerste en laaste strofes lui: Als ik op die waterbaân
sien die golfies swijgend gaan
en die ruste stil geniet
van die breë stroomgebied;
ag, dan staat die biesieplant
buigend aan die waterkant,
en sijn arme steeltjie beef
of daarin 'n sieltjie leef,
en ik vraag meelijdend - o,
waarom beef die biesie so?
En mijn siele spreek ik aan
als ik bij jouw stengel staan:
ag, mijn ranke siele, sie, -
is dit nie jouw beelt'nis nie,
als die waters jou omgeef -
soos die biesie wat daar beef, -
en steeds hoger rijs jouw stroom
tot dit aan die lippe koom?
Het jij nie gebeef nie toen
soos die biesie-stengel doen?
Daarom vraag nie meer nie - o,
waarom beef die biesie so?Ga naar voetnoot1)
Rachel (1913) kan in sekere sin beskouw word als 'n vervolg op Bij die Monument, maar in artistieke konsepsie, samestel en uitbeelding staat dit als geheel ver bokant Totius se eerste werk. Hier is 'n droefheid wat dikwels tot treffende skoonheid geword het; en geskrijwe in die groot herdenkingsjaar van vrouweleed, is Rachel 'n passende en waardige inleiding gewees tot die plegtige onthulling van die Vrouwemonument op Dingaansdag, 1913. ‘Uit d' eeuwe her’ roep die digter 'n beeld op: die bijbelse Rachelfiguur, ‘al-lijdens-Moeder’, verpersoonliking van vrouweleed. Haar lewensloop vorm die sentrale gedagte van die hele digstuk, maar met 'n doorlopende sinnebeeldige strekking. Telkens laat die digterverbeelding sij prototype van ‘lang verlee’ los om 'n oomblik te verwijl bij 'n ander beeld van ‘kort gelee’, en so word die eerste 'n simbool van die laaste, Rachel van die Boerevrouw uit die oorlog. Rachel is 'n verse-snoer bestaande uit 'n voorsang en nasang, met die verse daartussen verdeel in drie groepe, elk waarvan weer | |
[pagina 225]
| |
onderverdeel is in 'n reeks epiese hoofsange reëlmatig afgewissel deur lyriese tussensange. Iedere hoofgroep word telkens voorafgegaan deur die Skrifgedeelte waarop dit betrekking het. In die eerste daarvan word Rachel se laaste reis geskilder en haar sterwe op die weg naar Bethlehem na die geboorte van ‘Benoni - seun van smart’; in die tweede haar eerste liefde - die periode van ‘die heil'ge romantiek’ - en huwelik met Jakob; terwijl die derde vertel van die stigting van 'n gedenkteken op haar graf en van die aanleiding tot haar naam als ‘al-lijdens-Moeder’. Daar ruis 'n lied van lang verlee,
en stemme singend kom van ver;
en immer ruis mijn siele mee
met stemmelied uit lang verlee,
uit d'eeuwe her.
Og kon ik sing van lang verlee
gelijk die skulpies so getrouw,
wat opgegaar, nog kleinlik gee
die weerklank van 'n wêreldsee -
bij d'oor gehou.
O, kom tot mij uit lang verlee
sangstemme kom uit droomgebied;
deurruis mijn siel als awendbee
van westewind, als verre see
s'n golwelied!
So lui dit in die voorspel van wat dr. Schepers genoem het ‘een symfonie in verzen’.Ga naar voetnoot1) Daarop sien ons ‘langs heuwelpad en donker dal’ die ‘aartsvaderlike karavaan’ van Jakob op weg naar Efratha, die kamele gehuld in 'n stofwolk: Stofwolke stijg op van omlaag
bij menigvuldig voetgeswaai
en blijf, van windjies ongejaag,
hul om die donkre lijwe draai,
terwijl die late ligstraal speel
hul deur die lange bene, en slaan
op son-deurglansde stofwolk heel
'n lewendheid van skaduw-baan.
En als pendant daarvan aan die slot van die eerste sang: So het ook bo mijn hand verrijs
die stofwolk van die wa'ens wat sleep
en vee wat trek. Teen wintergrijs
van lug en veld stijg rooie streep.
| |
[pagina 226]
| |
Maar dis geen Jakob met sijn trek,
wat saggies voer die lam en ooi,
moeder en kind beskermend dek:
dis die vijandige konvooi,
wat vrouwens vang en jaag te voet,
of kampwaarts rij te moege lijf;
skape laat wend in plasse bloed,
halfdood, en d'ander vreeslik drijf.
Naar gindse stad trek hulle vort,
dog waar geen Bethlehem hul wag:
die bleke tente al sigbaar word,
waar graftal aanwas dag bij dag.
Die lyriese tussensange moet telkens dien om een of ander gedagte uit die voorafgaande hoofsang nader uit te werk of toe te lig. Dis of die digter telkens behoefte het aan 'n soort van rusplek in die gang van sij verhaal, om tijd te kan vind vir bespiegeling. So word na die eerste sang ‘die slingerende weg’ nader beskouw als ‘simbool van die lewe’, waarop die karavaan weer verder trek om in die derde sang plotseling tot stilstand te kom, want ‘Rachel is krank!’ Mooi word die stoppende karavaan uitgebeeld als ‘'n skudding gaan langs hele rij’. Rachel siek in die veld! Dit gee aanleiding tot 'n tussensang oor die genot daarvan ‘om siek te wees en dan 'n bed te hê’, en onwillekeurig denk die digter aan soveel Rachels sonder 'n bed: Dus denk ik aan
die Rachels van mijn land,
wat sonder huis of hut -
eers wreed oorval - werd uit
hul wonings uitgebrand,
op vlaktes uitgeskud!
Om daar alleen te krimp
van moederwee;
wel verderaan
harde soldate, maar
geen Jakobs met hul mee
om troostend bij te staan.
Buiten die algemeen simboliese betekenis van Rachel is daar verskillende afsonderlike gedigte met dieselfde strekking. So b.v. aan die begin van die tweede afdeling, naar aanleiding van Jakob en Rachel se ontmoeting bij die put, die mooi-digterlike beskrijwing van Die oue put, waarvan die slotverse lui: | |
[pagina 227]
| |
Dit put maar en sij gee maar immer,
dit put maar en sij weier nimmer
gelijk 'n moeder, so opreg,
gee sij haar laaste druppel weg!
Straks gaan die skapies almal hene
en is die putters weer verdwene,
en niemand denk dan langer om
haar so vervalle heiligdom.
Haar lewe is als die moederlewe:
bij ondank immer blij te gewe;
maar 'k hoor, als hul is heengegaan,
dieponder tap... 'n watertraan!
Teen die end van die tweede afdeling krij ons nog 'n mooi natuurbeeld in Stof en 'n intiem-huiselike tafereeltjie in Die liewe poppespel. In die aanhef van die derde afdeling heet dit: Vir wie die grootpad langes reis
deur Efraths veld vol blomme en gras,
die steenhoop droewe sterfplek wijs
van wie waaragtig moeder was.
* * *
So staan daar in mijn vaderland
langs grote paaie, her en der,
graftekens eerbiedvol geplant
deur Jakobs - ballinge van vèr -
vir Rachels wat in kindergeboort
gesterf het op die weg, of bij
die skrikkelike kindermoord
tot in die dood het meegelij.
Ook hul gedagtenis is rein;
en al maar reiner sal sij word
als tijd in nimmer-rustig-sijn
sijn golwe oor hul mooilewens stort.
Die gedagte van die laaste koeplet word verder verduidelik in die daaropvolgende tussensang Skulpie van die See, wat herinner aan 'n strofe uit die voorsang en kenmerkend is vir Totius. Rachel offer haar lewe ‘om twaalfde patriarch te baar’ en hier- | |
[pagina 228]
| |
die ‘geheimnis groot’ gee aanleiding tot die beeld van Die Breekwater, waar sware konkreetblokke in die see versink om 'n wal te vorm teen seegeweld en 'n veilige hawe vir die ‘bloei van owerseese handel’, - beeld ook van ‘duisende vrouwe wat will'ge lijf versink in lijdensdaad’: Ik sien vol-sterk hul sware lijfs-gewrigte,
wat mild deur son en veld gekoester werd.
Maar nou hul strenge mart'laars-aangesigte,
smart-ingetoom, staar in die blinde vert!
Hul sink, een na die ander. Als slagorde
kom oorlogsgolf dood-dreigend aangewoed.
Hul sink en sink, totdat 'n wal kan worde,
waarop 'n nuwe volk rijs uit die vloed.
Eeuwe verloop na die toneel waarin ‘Geboorte en Dood verbroederd saam’ gestaan het bij Rachel se sterfbed, en weer word haar stem gehoor: ‘Er is eene stem gehoord in Rama, eene klage, een zeer bitter geween: Rachel weent over hare kinderen; zij weigert zich te laten troosten over hare kinderen, omdat zij niet zijn’. Soos in die ‘Rei van Klarissen’ uit Gijsbrecht van Aemstel word hier die droefheid van Rachel geskilder en van soveel ander, lewende en dode: 'n Stem word oweral gehoor,
geklaag, geween, bitterlik seer:
Rachel, al-lijdens-Moeder, oor
haar kinders huil - hul is nie meer.
En dan slaat Totius die profetemantel van Jeremia om en ontwerp 'n toekomsbeeld naar aanleiding van die voorsegging: ‘Zoo zegt de Heere: Bedwing uwe stem van geween en uwe oogen van tranen; want er is loon voor uw arbeid, spreekt de Heere; want uwe kinderen zullen wederkomen tot hunne landpale’: Beminlik beeld van boerevrouw
met kinders letterlik oordek:
éen op die arm, éen vasgehou
en éen wat aan die rok loop trek.
O onverwinbre moederskoot!
Geblakerd deur die oorlogsvlam,
maar al weer spruit 'n nuwe loot
uit onverdelgbre lewenstam
| |
[pagina 229]
| |
Jouw strijd is seker, groot jouw loon!
Jouw stille daad is streng gedug.
Ons wije land word weer bewoon,
die lug is vol kinder-gerug!
Eindelik staan ons in die stal van Bethlehem bij Maria: Weldra gaan sij in moederpijn.
Dan sal, die koppe bijmekaar
en in grote oge lampeskijn,
die diere dom-verwonderd staar
op Jezus-kindjie bij die voer
en jonge moeder herbergloos!...
Toneel wat wereldhart nóg roer,
lijdende moeders nóg vertroos.
En nog eens word die skim van Rachel wakker geroep om met die moeders van Bethlehem die kindermoord te beween. Maar sij word vertroos, want ‘Hij het gekom’ als moederloon om oor Satan te heers: die ‘Geborene in die grot’. Kerslied besing Sij lof. Ten slotte krij ons nog in die slotverse van die nasang die volgende treffende beeld van Oudpresident Steijn en sij skepping: Nou sien ik rijs uit jongs verlee
'n Rachelbeeld, suiwerlik blank.
Ik sien op stille boerestee
'n ander Jakob, oud van wee
en lewenskrank.
Sijn siel nog vol van smart-verlee,
die reusgestalt' weer opgerig,
het hij vir vrouwe- en kinderwee
grafteken en herdenkingstee
groots ons gestig.
Sijn oog is swaar van smaad-verlee,
maar hopend ons sijn vinger wijs
daar waar hoog-slank - 'n stene bee! -
standvastiglik uit koppies-see
gedenknaald rijs.
| |
[pagina 230]
| |
Sal ons vergeet 'n treur-verlee?...
Oor so 'n volk, so laf-ontrouw
roep al die heuwels smadend: Wee!
Maar trouwe skaar roep: ‘Nimmer! Nee!
Ons sal onthou!’
In 'n opmerkelike beskouwing van Albert Verwey oor RachelGa naar voetnoot1) word Totius teenoor Leipoldt gestel en daarbij die volgende opmerking gemaak: ‘Deze bijbelsche poëzie van beperktvaderlandsche, ja kerkelijke opvatting, schijnt ons, zelfs in Afrika, niet meer de uiting van sterke dichterlijke drift en voortbrenging. Zooals hier te lande Beets in hoogheid van opvatting en in kracht en rijkdom van verbeelding al verre de mindere was van Potgieter, zoo meenen we in het gevoel van Totius een weekheid te onderkennen, en in de eenvoudigheid van zijn gedachten soms een simpelheid, die ons eer een teeken lijken van zwakte dan van kracht. Er is, onmiskenbaar, in zijn schrijven een zekere moeheid, die wel, zeer zeker, vereenigbaar blijft met ernst en oprechtheid en tal van letterkundige talenten, maar even zeker niet met die sterke, als noodzakelijk aandoende bezieling die in een dichter opkomt als de wezenlijke voortbrengende kracht van zijn tijd hem tot haar orgaan maakte.’ Toegegee dat Totius dikwels eenvoudig en simpel is, - wat op sigself 'n groot voordeel is vir sij Afrikaanse lesers en allermins onverenigbaar met skoonheid, - dat hier en daar ‘een zekere moeheid’ in sij poësie te bespeur is, rijs niettemin die vraag of die ‘kerkelijke opvatting’ daar skuld aan het. Moet 'n mens uit die parallel Beets-Potgieter aflei dat die eerste minder was alleen omdat hij binne die kerk gestaan het en dat Potgieter se ‘hoogheid van opvatting’ bijgevolg ook minder sou gewees het, als hij dieselfde wereldbeskouwing toegedaan was als Beets? En Vondel dan? Het die grootste onder Neerland se sangers van alle tije nie sij hoogste triomfe gevier met ‘bijbelse poëzie’ nie, waaraan 'n ‘beperkt-vaderlandse, ja kerkelike opvatting’ gladnie heeltemaal vreemd was nie? Maar dit daargelate. Aan die slot van sij beskouwing word die teenstelling Totius-Leipoldt nog eens geaksentueer en met voorbeelde toegelig. Totius | |
[pagina 231]
| |
se ‘beminlik beeld van boerevrouw’, wat alleen begeer ‘om moeder van 'n kroos te wees’, word gestel teenoor Leipoldt se woorde uit Vredeaand: ‘Waak oor die stem, let op die siel; behou Die beste wat ons nasie het - die vrouw!’ Waaruit dan die gevolgtrekking gemaak word: ‘De oude en de nieuwe tijd, de oude en de nieuwe poëzie, konden niet scherper worden afgetekend.’ Dis veral hierdie gevolgtrekking van Verwey uit hierdie bepaalde gegewens wat tot teenspraak uitlok. Totius word deur Verwey gekenmerk als ‘dichter van het verleden’, terwijl hij in Rachel juis op grond van die verlede telkens weer niet profetiese blik die toekoms instaar. Rachel, gewillig om haar lewe te offer tot bestendiging van haar nakroos, is vir hom die verpersoonliking van die Boerevrouw, wat nie bang om haar roeping als moeder te aanvaar nie, nee meer, wat geen groter saligheid ken nie als ‘moeder van 'n kroos te wees’. En dis hierdie siele-adel wat die digter met reg roem als 'n ‘onverwelkbre glorie’, edeler dan 'n sekere ‘hoogheid van gees’, dan ‘skoonheidsnaam’ en ‘lokking van 'n grote skaar’, wat menige moderne ‘society woman’ verlei het tot 'n miskenning van haar roeping als draagster en opvoedster van 'n nasie, en waardeur menige nasie met sedelike en maatskappelike ondergang bedreig word. ‘Moeder van Pensees’ bevat 'n diepsinnige vingerwijsing ook vir menig modern-Europese volk. Daarom is Totius hier veral siener en verheerlik hij in Rachel ook die moeders van ons toekomsvolk, omdat hij in hulle verhewe opvatting van die moedertaak die enigste waarborg sien vir die verwesenliking van ons toekoms-ideale: ‘'k Sien háár trane lag deur die glans van nuwe dag!’ - ‘Ons wije land word weer bewoon, die lug is vol kindergerug!’ Ongetwijfeld bestaat daar 'n diepgaande verskil tussen Leipoldt en Totius, waar die laaste 'n besliste aanhanger is van die Kalvinistiese wereldbeskouwing. Maar volg daaruit dat die aangehaalde verse uit Rachel noodwendig 'n ander maatskappelike strekking moet hê als die van Leipoldt; dat Totius minder oog sou hê vir ‘die siel’ van die vrouw en haar enkel bestem sou ag om ‘kindertjies te baar’, om ‘kos te kook, te braai, te stook, te smoor’, - waar hij op iedere bladsij van Rachel opwek tot waardering van die ‘al-lijdens-Moeder, wat will'ge lijf versink in lijdensdaad’ om ten slotte ook die ‘Heere van Heerlikheid’ te kan baar? | |
[pagina 232]
| |
‘Met 'n profetiese oog het die digter gesien, dat die toekoms van ons Land en ons Volk lê in die wieg. Die oplossing van onse meeste grote vraagstukke sal gevonde worde in die wieg. Dit is die wieg wat traagheid en selfsug vernietig, wat die arbeid en die liefde bevorder, wat ons Volk veredel en bewaar. Hulde, driewerf hulde aan die Afrikaanse vrouw en moeder, wat haar nie skaam nie en wat nie skrik nie vir die wieg, en wat altijd gereed is haarself en haar kroos voor Volk en Vaderland op te offer.’Ga naar voetnoot1)
‘Nooit breng uw kus vir trekkers vrijheidsvree, verraderlike see!’ laat Totius Potgieter sê in Verse van Potgieters Trek op grond van 'n brief aan Pretorius, gedateer ‘Potchefstroom, 28 Aug. 1841.’ En daarom was sij leuse: ‘Weg van die see!’, altijd maar verder noordwaarts, weinig beseffende dat daar onder die vredige oppervlakte van dieselfde Transvaalse hoogland, waar hij hom eindelik sou vestig, 'n ewe gevaarlike vijand gesluimer het als die ‘gedugte vloed’, waarvoor hij gevlug was. Hoe die aanvankelike trekkersvree in die ongerepte Transvaalse heuwelland maar al te spoedig weer moes plaas maak vir 'n nuwe trekkerswee, word in Totius se laaste gedig van die naam geskilder. In grote trekke behandel Trekkerswee (1915) die snel ingrijpende omwentelinge in die Transvaalse volkslewe, als gevolg van die ontdekking en ontginning van die goudvelde. Die botsing tussen die outijdse trekkers-beskawing en die moderne goudstadbeskawing vorm die tragiese agtergrond van hierdie eenvoudige verhaal. Die volgende is, in die digter se eie woorde, ‘die simpele storie, waarop die hele gedig gebouw is: Die versies verplaas ons bo op die Rand, ongeveer waar Johannesburg nou lê. Daar het Oom Gert, 'n trekker, met vrouw en enige dogter, gaan woon. Later kom Oom Koos, 'n kolonis, wat in die nabijheid grond gekoop het. Sijn seun Willem raak verlief op Dina, Oom Gert s'n dogter. Nadat die twee famielies saam Perdekraal-fees gevier het, gaan Willem en Dina trouw. Die tweede verse-reeks beskrijwe die ontdekking van die goudvelde en die opkoms van Johannesburg, maar ook die verleiding waaraan Willem en Dina, wat bij Oom Gert inwoon, blootgestel | |
[pagina 233]
| |
word en waarvoor hul beswijk. Die tweede stuk eindig dan met die grote Boer-Britse oorlog. Die derde verse-reeks verplaas ons in die tijd toen die Unie tot stand gekom het, en beskrijf die treurige einde van Oom Gert en Dina’.
Silwere Strale heet die eerste afdeling, waarvan die aanhef lui: Dis heuwels, heuwels, heuwels net
sovèr 'n mens s'n oog kan speur;
grasheuwels, waar ook riwwe gaan,
met enkle stroompies tusse-deur.
Daar is geen hoë berge nie,
want hoog is daar die wêreld self;
en luggies waai daar dun en fris,
of dit stroom uit die blouwe gewelf.
Dáár in die hoë wildheid met
sijn huppelende heuwel-skoon
het jarelang 'n trekker met
sijn vrouw en een'ge kind gewoon.
***
Verlore-klein lê op die Rand
hul huisie in die trekkersland;
dit is 'n stip net in die wei -
die rietedak en muurtjies van klei.
En dan word in die volgende bladsije, net soos in Martjie van Celliers, die vredig-idylliese plaaslewe uit vroeër tijd geteken: die kennismaking en eerste liefde van Willem en Dina, die klaarmakerij vir Perdekraal se fees, die gesamenlike tog daarheen met die ossewaens en die nasionale feestelikhede. Maar Totius se skildering is weer anders als die van Celliers. Waar die laaste hom graag verdiep in 'n breed-rustige beskrijwing en uitbeelding vol kleur en lewe, krij ons bij Totius 'n reeks snel opeenvolgende sketse, wat meestal vlugtig maar niettemin ook raak geteken word. Daar is b.v. die mooi-digterlike beskrijwing van die ‘oggendstond op 'n boereplaas’, die lof van die Afrikaanse koffieketel, die tekening van Perdekraal-laer: Hoe lê die tentseil baan aan baan.
Hoe wakker blij die nokke staan.
Die klappies netjes oopgeslaan -
mooie eenheid same.
Sij staan daar bij die wa s'n as,
die huis van doek, so lossies-vas,
skoon als in môredouw gewas -
'n blanke dame.
Twee witte kappe in die veld:
'n wa en en tent daarnaas gesteld,
tweeheid tot eenheid saamgesmelt
in sware stonde.
Die wa - 'n sterke man is hij;
die tent - 'n taaie vrouw is sij
Jul het die nasie uitgelei,
sijn boei ontbonde.
Die tweede afdeling - Goue Gode - begin weer met dieselfde landskapskildering, maar anders gesien: | |
[pagina 234]
| |
Dis heuwels, heuwels, heuwels net
sovér 'n mens s'n oog kan speur;
dis of voorheen 'n monsterploeg
die wêreld stukkend het geskeur.
Ja, God s'n ploeg het hier geloop
in wentelkrag van vloed en vuur,
toen heel die hoogland omgekeer
werd in die aard s'n wordings-uur.
Die reuse-sooi van daardie ploeg
'n berg was of 'n hoë rand;
en elke voor daaragter was
'n vrugbre moot of akkerland.
God s'n almagte Hand het toen
daaroor gegaan met groot geswaai,
sodat 'n ganse goudveld werd
in d'aard s'n boesem uitgesaai.
Die tragiek is op koms. Die goudsoekers verskijn en eerlang is Oom Gert die grootste deel van sij plaas kwijt, waarop weldra 'n stad als uit die grond getower word. Oom Gert het so iets nooit gesien:
die reine lug is troebel-vuil,
en helder stroompies van weleer
dam nou in modd'rig swarte kuil.
Die grond voorheen so skoon en rooi
is nou met steenkool-as bestrooi.
Al bo die stad, en verder, sweef
'n swart-deurrookte deins'righeid;
dit lijk net soos 'n veldvuur, wat
sig op die velde het uitgespreid.
En sawends slaat n' rooi gegloor
nes veldbrand al die heuwels oor.
Hij wil weer trek, maar sij dogter haal hom oor om maar te blij, ‘want waar ons trek of blij, sal Engelsman ons krij’. Spoedig volg die nasleep van die nuwe beskawing: stemreg-agitasies, politieke verwikkelinge, oorlog met die nagalm ‘verlore, verlore!’, en Dina... ‘geheel verslingerd in die stad en will'ge prooi van vreemdes nou!’ Mooi is die ruiterlied van die uittrekkende burgers, waarvan die aanhef en slot lui: Kom, burgers, trek die perde reg;
nou vrouw en kind goeien-dag geseg.
Jongkêrels los die nôi s'n hand
en seuns verlaat jul moeders, want
daar gaan 'n strijdroep deur die land!
Grijp nou die teuwels bij mekaar -
die vierkleur is weer in gevaar!
Die regterhand grijp die visier,
die bors oorkruis 'n bandelier;
die spore in die sonskijn blink,
stebeuwels teen mekaar weerklink,
die ketel aan die saal rinkink.
Kom, burgers, hou nou bij mekaar -
die vierkleur is weer in gevaar!
| |
[pagina 235]
| |
Jaag, burgers, jaag oor rand en rots,
wanneer jul teen die vijand bots.
Ruk in, spring af en pos gevat
aan d' onverwrikbre rijperd-blad.
Mik fijn, kijk waar die stoffie spat!
Staan, burgers, staan dan bij mekaar -
die vierkleur is weer in gevaar!
En moet jul val, val dan met eer,
met d'oog die vijand toegekeer;
val op die grense, man en perd,
die oue vierkleur is dit werd
en d'eerkroon wenk al uit die vert.
Val, burgers, val dan bij mekaar -
die vierkleur is weer in gevaar!
In die derde afdeling - Grouwe Grawe - nogeens dieselfde landskap, maar hoe is alles verander: Dis heuwels, heuwels, heuwels net
sovèr 'n mens s'n oog kan speur;
maar heuwels sonder struik of gras
en droewig-vaal, nes as gekleur.
Die heuwels lijk soos duine, wat
in blankheid rijs aan verre strand -
dáár rijs hul uit die diepe see,
hier uit die aard s'n ingewand.
Hul sê die duine aan strand is die
grafheuwels van wie sterwe in see;
én daardie diepe dreuning is
die klag van wees en weduwee.
Maar hiérdie heuwels, heuwels dan
wat ook so hoog is en so bleek?..
En hiérdie diepe dreuning dan,
wat klaag soos een wat smartlik smeek?...
Een agtal jare gaan verbij en die oorlogsverwoesting word weer uitgewis, maar op Oom Gert se plaas, waar hij nog altijd in stilte oor sij dogter treur, is ‘die vroegre boere-paradijs nou één molshoop, groot en grijs’. Eindelik word daar Unie-fees gevier, en in | |
[pagina 236]
| |
die stille hoop dat hij Dina misskien sal raakloop, gaan Oom Gert ook naar die stad om die feestelikhede bij te woon, maar Oom Gert gaan vroeg die aand naar huis,
want één ding staan bij hom nou vas:
dat hij nie in dié wêreld pas.
Hij het 'n beter dag geken
en is te oud om nog te wen
aan al die vreemdigheid
van nuwe koers en tijd.
Dieselfde aand kom Dina tot inkeer en besluit om naar haar vader terug te gaan. Droewe hereniging: Mijn kind, dáár het ik neergekniel,
snags uitgestort mijn bittre siel,
dié deur het nooit nie dig gegaan
en daardie kêrsie 't daar gestaan.
‘Hij staar haar in die aansig bleek - 'n skone spieël gekraak, gebreek’, en sij laaste versoek is: Leg op mijn graf geen sooi met gras,
maar dek dit met die heuwel-as;
want daarsó lê begraaf jouw eer
en van die boervolk van weleer.
Ja, dáárom is die heuwels hoog,
en dáárom is hul skijnsel bleek,
en daarom is die winddreun diep,
so droef soos een wat smartlik smeek!
Maar eens herleef die nasie weer,
waarvan ik sterwend profeteer.
Eens word die grijse heuwels klein,
als God alleen weer groot sal sijn!
En eindelik staan die digter na ‘stille beêvaarts-tog, bij twee graftes op die Rand’ - Vaalwitte hopies dek hul bei,
vader en dogter, sij aan sij!
| |
[pagina 237]
| |
In Trekkerswee moet 'n mens nie soek naar rijkdom van klank of beeld, naar grootse verbeeldingsvlug of breed-skilderende gebaar nie. Maar wat hier telkens tref is die seggingskrag van die eenvoudige woord uit die alledaagse lewe, terwijl 'n mens orals verras word deur sulke raak-gepende brokkies lewende natuur als die volgende: Daarlanges lê die beestekraal,
waar smiddags doodse stilte daal
als kalfies, in die son gebraai,
die vlieë van hul kop lê waai
so dom-gerus; en blij-ontsteld
eers opspring, als uit d'ope veld
die koeie aandraf, wat met hul
geloei die awendstond vervul.
Of dit: Die kraalvee is al moeg gelê,
hul rek die stramme lijwe uit.
Daar kom die kaffer ook al aan,
wat koulik oor die douwveld gaan
en eers die kalwerhok ontsluit.
Sijn emmer ruis van puur musiek,
so vloei dit nou uit volle speen;
musiek ook vir die kalfie als
hij kort-kort om sijn moeder wals
op nog onvaste horrelbeen.
En is die volgende nie 'n stukkie trek-lewe naar die natuur geteken nie? Die vrouwens maak die brekfis al -
die tweede ketel sing;
hul loop tent in tent uit en koes
gramstorig vir die braaivlijs-rook,
wat trane in hul oë bring.
En als die klaarmaak-gewerskaf vir die kommando afgeloop is en die burgers trek hulle perde reg om te laat vat, dan sien ons Die vrouwens staan effens opsij
met arrems oor mekaar gevouw,
nou dat hul taak is afgedaan.
Nou kan hul eers hul smart besef,
en enkle droog met voorskoot-punt
al d'eerste oorlogstraan.
Hoe weet Totius die mentaliteit van die delwer teenoor die van die kaffer in 'n paar rake krabbels te laat uitkom: | |
[pagina 238]
| |
Nou loop 'n loper oor die Rand,
wat rooi is in sij aangesig;
hij sien niks van die mooie land,
maar hou sijn oog omlaag gerig.
Agter hom sukkel 'n kaffer aan met 'n sak vol allerlei gereedskap, en als hij eindelik die goudrif ontdek: Daar is dit! en hoe blij is hij!
Die goud-aar is oplaas geraak...
Die kaffer sien 'n os wat wei
en denk: ‘hoe lekker sal hij smaak’.
En hoe kostelik staan Oom Gert daar geteken, nadat sij grond verkoop is, als 'n oer-tiepe van die outijdse boer: Oom Gert maak nog sijn saak gewis:
hij vraag net goudgeld en kontant
en dat sijn eie predikant
sal tel of hulle almal is.
Totius is in die eerste plaas stemmingsdigter. Deur al sij verse gaat daar 'n fluistering van stille weemoed - waaraan alle droefgeestige somberheid egter vreemd blij - en selfs in sij verhalende poësie word die epiese gang telkens onderbreek deur lyriese opwellinge. Maar hoewel dieselfde grondtoon ook in Trekkerswee gehoor werd, bestaat daar tog 'n merkwaardige onderskeid tussen hierdie laaste digstuk en sij vroeëre produksies. Waar in Bij die Monument, Wilgerboombogies en Rachel volksmart en huiselike smart die hoofdmotiewe vorm van 'n simbolistiese lyriek, begin die epiese element in Trekkerswee die oorhand te krij en kom daar af en toe selfs 'n humoristiese tint in Afrikaanse trant voor die dag. En waar in Potgieters Trek, onder invloed van da Costa, in sommige verse 'n min of meer retoriese toon heers, laat Trekkerswee 'n digtrant sien wat kerngesond Afrikaans is in vorm en toon. Die enigste beswaar is dat ons geen duidelike beeld van die Trekker self krij nie. Die Afrikaanse atmosfeer is daar op iedere bladsij, maar in die helder beligte omgewing sien ons die karakters alleen vaag-ver op die agtergrond. Maar owerigens is Trekkerswee als proewe van rasegte volkskuns, waar 'n mens die geur van die veld in proef, 'n ewe welkome aanwins vir ons opkomende letterkunde als Martjie van Celliers. |
|