Drama en toneel in Suid-Afrika. Deel 1. 1652-1855
(1928)–F.C.L. Bosman– Auteursrecht onbekenda. Garnisoenstoneel.Die Garnisoensgeselskap was die laaste in die vorige tydperk om die toneel staande te hou. Hulle is die eerste in hierdie tydperk om daarmee voort te gaan. Miskien het hul nooit heeltemal opgehou met speel nie. Indien wel, was dit alleen in 1839. Sedert 1840 speel hul weer gereeld. Hul plek van opvoering bly die Ganisoenskouburg. Dat hul reeds sedert 1840 speel blyk uit die eerste berig wat ons van hulle het, 'n berig uit 1842. ‘A Constant Reader’ skrywe aan die Cape Town MailGa naar voetnoot2) onder die opskrif ‘Garrison Theatre’, as volg. ‘As I have seen no mention made of the Garrison Theatre in any of the Cape Town papers, I am induced to... some account of the opening of the third campaign of the gallant amateurs on Friday evening last, (13 Mei - F.B.) hoping that.... you will not be unable or unwilling to spare a corner for this purposeGa naar voetnoot3). Their season has commenced as usual with them, with spirit and success; and they must have been not a little gratified... to see an overflowing house’. Hy prys besonderlik die ‘punctuality’ van die opvoering na die ouverture, en die afwesigheid van enige oponthoude. Nie altyd word hier genoegsaam op gelet deur amateurs nie. ‘The selection of both pieces was highly judicious, and I | |
[pagina 394]
| |
never remember to have seen Mr. M'Donald appear to greater, perhaps to so great, advantage as in the character of The Irish Attorney (Bernard), Pierce O'Hara. His representation of the frolicksome, fighting, and foxhunting Irishman was perfect; and from the spirit of his acting it was evident that he himself was aware he had made à hit. The first act went off amidst continued shouts of applause and laughter. O'Hara's speech...lost nothing in the delivery. The curtain went down amidst loud cheering, and the performances of the night were announced for repetition on Thursday. All our old friends sustained their reputation’. Mr. Wellesley was baie goed as Hawk. Een van die nuwelinge is veelbelowend. Op The Irish Attorney (Bernard) het gevolg Othello Travestie (Dowling), ‘Operatic Burlesque’. Mnr. Wellesley was die Moor, mnr. D. M'Donald Desdemona. Hy is ‘quite at home in such parts. His acting was excellent; and the drollness of his little endearments towards his black “Hobby”, called forth bursts of applause’. Mnr. Priestly was Iago, 'n Tipperary seun. Dit was moedig van hom om 'n Ierse rol te speel na mnr. M'Donald. Sy ‘brogue’ het ‘more than sufficient success’ ingeoes. Sy liedere, en die van Wellesley en M'Donald het baie byval gevind. Die spooktoneel was baie grappig. ‘The laughing and delighted audience were dismissed with their hands pressing their aching sides.’ Tog moet die krietikus 'n woord van waarskuwing laat hoor. Al is Othello 'n burlesk, moet die spelers oppas ‘not to out-Herod Herod.’ Die hoofpersone moet nie onder alle omstandighede b.v. onder 'n lied, die aandag van die huis wil trek nie. So was daar in Othello baie opsetlike ‘bye-play.’ Die krietikus haal in toepassing Shakespeare aan waar hy o.a. sê: ‘That shews a most pitiful ambition in the fool that usës it.’ Hierdie fout was nog nie te erg nie, maar dis 'n onkruid wat 'n mens by sy eerste verskyning moet uitroei. Die voorstelling was so goed dat hy Donderdag by die weeropvoering sal wees. Hy hoop om ander daar te sien. Die volgende maandGa naar voetnoot1) vertel ‘Pit’ ons van die voorstelling van Vrydag 9 Junie ‘in the Garrison Theatre..... Main Barracks’. Dit was baie verkwikkend. Die eerste stuk was Love, Law and Physic (Kenney). Mnr. Wellesley was Lubin Log, en ‘set the house in roars of laughter even before he spoke a word.’ Die here M'DonaldGa naar voetnoot2) en Priestly het goed gespeel. Die ‘Petit Comedy’ Love in Humble Life (Payne), en Make your Wills (Mayhew en Smith), Ks., het gevolg. | |
[pagina 395]
| |
‘The whole was got up well and will not lose by a repetition. The house was well attended, and the audience, among whom were the Governor and his Lady, appeared highly pleased’. Die heer M'Donald het 'n weeropvoering vir Donderdag aangekondig. Hy het verder gesê dat dit onmoontlik was om die huis uit die skuld te kry. Dus sal die opbrengste van alle verder opvoeringe vir liefdadigheid wees, ‘and the Theatre given just as it stands to the Regiment which may relieve them.’ Namens die amateurs van die Regiment het die heer M'Donald hulle spyt uitgedruk om die Kaap te verlaat, waar hulle so baie vriendelikheid en goeie sorg geniet het. Die skrywer van die verslag wil op sy beurt namens die Kaapse publiek hulle spyt betuig dat die Regiment hulle vir die ongasvrye Indië moet verlaat en wil die Regiment en sy bevelvoerende offisier lt.-kol. Chambers, verseker van ‘the good will and respect of every-body in Cape Town’, van waar hulle vertrek om die vyande te verslaan. Enige vermelding van verdere opvoeringe het ons nie. Trouens tot 1847 word geen garnisoensvoorstellinge vermeld nie, hoewel Sam Sly in 1845Ga naar voetnoot1) sê: ‘They say that a theatrical regiment is on the water’. Sou die Regiment wat op die 25ste gevolg het, geen belang gestel het in toneel nie? Of sou hul met burgergeselskappe saamgewerk het? Onwaarskynlik lyk dit my in elk geval dat hul as geselskap sou gespeel het. Waar voorstellinge van ander vermeld word is dit ondenkbaar dat die van die garnisoen onvermeld sal gebly het. In 1847 is dit die ‘90th Light Infantry’ wat speel, ‘by permission of Lt.-Col. A.J. Cloete K.H., Commandant of the Garrison, and under the Patronage of Lt.-Col. M.J. Slade, Commanding 90th Light Infantry’. Die advertensies voer die Britse wapen boaan, en die letters ‘V.R.’ aan weerskante daarvan. Hierdie lojale gewoonte vind ons meer by die garnisoen. Die amateurs speel in die ‘Amateur Theatre’. Van September heet dit ‘Garrison Theatre’. Dit was een en dieselfde plekGa naar voetnoot2). Die eerste voorstelling vind plaas op Vrydag 30 AprilGa naar voetnoot3) met: ‘Dibde(i)n'sGa naar voetnoot4) celebrated Melo-drama of The Smuggler's Daughter. After which, Sailor's Hornpipe; Scene from the Operatta, Swiss Swains; Comic Song. To conclude with the highly amusing farce, entitled John of Paris (Pocock)... The Buglers, of the 90th Light Infantry, will perform several operatic pieces during the evening’. Hulle doen dit ook vir die volgende voorstellinge. Daar volg op | |
[pagina 396]
| |
Woensdag 2 JunieGa naar voetnoot1): The Celebrated Nautical Melo-Drama of the Red Rover, or The Mutiny of the Dolphin (Fitzball)... (and) the truly Laughable Farce entitled: No. 23, John-Street, Adelphi (Buckstone).’ Tussenin kom 'n ‘Irish Jig’ en komiese sangstukke. Woensdag, 7 JulieGa naar voetnoot2): ‘For the benefit of the Regt. School, Buckstone's Popular and Interesting Drama of The Wreck Ashore. After which, Song by Mr. W. Thomas. A Serio-Comic Burlesque on the Tent Scene in Richard the Third (Shakespeare)’, No. 23 ens., word herhaal. Woensdag 8 SeptemberGa naar voetnoot3): ‘For the benefit of the Infant Schools... Shakespeare's Comedy of The Merchant of Venice. After which a Vocal Performance. To conclude with the laughable farce of My Daughter, Sir!, or A Daughter to Marry’ (Planché). Vrydag 17 SeptemberGa naar voetnoot4): 'n herhaling ‘of the highly successful performance of The Merchant of Venice’, vir dieselfde doel soos tevore. Verder sang en Jack Brag, Ks. deur Theodore HookGa naar voetnoot5). Donderdag, 30 SeptemberGa naar voetnoot6): Othello van Shakespeare, met opgawe van karakters, en 'n weeropvoering, op besondere versoek, van Jack Brag, eweneens vermeld met opgawe van karakters. Dinsdag 19 OktoberGa naar voetnoot7): ‘Last Performance this Season’. Othello wordt herhaal. 'n Sangstuk volg. Tot slot dien ‘a new comedietta’, uitgestel van die vorige keerGa naar voetnoot8), The Infant of Spain. By beide stukke het ons soos tevore, opgawe van die dramatis personae; so by laasgenoemde o.a.: ‘Don José, Alcalde of Torre Negro. Larry Groghan, an Irishman. Don Carlos de Casa Blanca, in love and disquised as the “Infant of Spain”. Rosita, daughter of Don José’ ens. Donderdag 9 DesemberGa naar voetnoot9): The Merchant of Venice en weeropvoering van The Infant of Spain. Karaktervermelding soos gewoonlik. Opvallend is in hierdie jaar, sedert 30 September, die vermelding van die dramatis personae. Dit sal vir reklame doeleindes gewees het. In 1848 word minder, en eers laat, gespeel. Die oorsaak | |
[pagina 397]
| |
hiervan sal gewees het die aanwesigheid van die Franse geselskapGa naar voetnoot1) aan die Kaap in die eerste helfte van die jaar. Miskien was die aanstaande wisseling van regimente medeverantwoordelik. Op Vrydag 4 AugustusGa naar voetnoot2) voer die ‘6th Royal Regiment’ op: The Review, or The Wags of Windsor (Colman Jr.), met 'n ‘variety of Singing and Dancing’, en The Irishman in London (Wm. Macready) tot slot. Die musiekkorps van die Regiment speel. Die geselskap speel in die Garnisoenskouburg, ook hierna. Onder. 6 SeptemberGa naar voetnoot3) word berig: ‘The Ladies' Benevolent Society, it is said, have refused the offer of a benefit from the Garrison Theatrical Company, who, however, determined to do good their own way, have announced their intention to give a performance on Tuesday next, for the benefit, of Somerset Hospital’. In hierdie weiering kan ons 'n nawerking van die Metodisme sienGa naar voetnoot4). Verder verneem ons niks van hierdie voorstelling nie. Wel volg op Dinsdag 26 SeptemberGa naar voetnoot5) ‘by particular desire and under the Patronage of Lt. Col. Michel, and the Officers of the 6th. Royal Regt., and the Nobility and Gentry of the City of Cape Town... being the second timeGa naar voetnoot6) ever performed in this City,... the celebrated and highly Popular Melo-Drama Tekeli, or The Siege of Mont-Gatz (naar Pixéricourt, vertaal deur Hook). An entire change of Singing and Dancing... To conclude with the laughable and well-known Farce of Fortune's Frolic, or The Ploughman turned Lord’ (Allingham). Musiekkorps is aanwesig. In 1849 word gespeelGa naar voetnoot7), maar dit gaan nie so goed nie. Daar was twee regimente aan die Kaap en in Maart begin hulle met Rory O'More (Lover). Die geesdrif vir tooneel het bietjie verminder, hoewel ‘more from the want of heat and energy arising from the irritating south-easter than lack of patronage and public esteem. For let a small company arrive from Dunstable or any other quarter accustomed to stage business, and they will not fall short of encouragementGa naar voetnoot8)’. Rory O'More het 'n weeropvoering beleef en word vermeld ‘as a meritorious attempt to revive drama’. Voorstellinge het in April plaasgevind, maar met weinig luister! Die pers het minder aandag aan die toneel gewy, en allerlei ander publieke gebeurtenisse, soos besoeke van hoë Indiese | |
[pagina 398]
| |
offisiere, bals, en veral die Anti-Bandiete Agitasie, sal die toneel teengehou het. Die jaar 1850 sien baie hernude bedrywigheid op toneelgebiedGa naar voetnoot1). ‘Under the Patronage of Lady SmithGa naar voetnoot2) and by permission of the Commandant, Lt.-Col. Eyre’, begin die 73ste RegimentGa naar voetnoot3) op 24 AprilGa naar voetnoot4) - Woensdag, die gewone dag 1852 - met ‘Sir E. Bulwer Lytton's Historical Play (in 5 Acts) of Richelieu, or The Conspiracy, after which (J.M.) Morton's Farce of The Original... With new Scenery, Dresses and Decorations’. Die musiekkorps is aanwesig by hierdie en ander voorstellinge. Kapt. Hall blyk die hart en siel van hierdie geselskap te weesGa naar voetnoot5). Gewoonlik word van ‘Capt. Hall's Company’ gepraat. Hall self was een van die vernaamste spelers daarinGa naar voetnoot6) Die geselskap bly tot die end van die tydperk aan die Kaap voortbestaan. Op 8 MeiGa naar voetnoot7) word Richelieu herhaal. Die klugspel My New Wife and my Old Umbrella deur Peake (My Young Wife ens. is deur WebsterGa naar voetnoot8) word gespeel. Op 29 MeiGa naar voetnoot9) volg ‘The petite Comedy of The Lancers (Payne). After which the Comedietta, in two Acts, by D. Boucicault, Esq., A Lover by Proxy! or My Daughter Sir! (Planché)Ga naar voetnoot10, en op besondere versoek, 'n herhaling van My Young Wife ens. (Webster). Die verslagGa naar voetnoot11) van hierdie voorstelling sê dat ‘the Performances of the Garrison Amateur Company, continue to attract full houses’. Hulle stukke ‘were all received with marks of approbation... The leading characters showed a degree of histrionic talent seldom to be found off the regular boards; and in several of the minor parts the effects of study and good management were very apparent’. Maar daar is 'n vlek op hierdie voorstellinge. Dit lê miskien aan die genius loci. Dis die blykbare gebruik ‘ad libitum of certain | |
[pagina 399]
| |
offensive expletives’. Dit verhoog die waarde van die stuk nie, is ‘now generally banished from good society - in such a presence especiallyGa naar voetnoot1) - (and) should be carefully avoided’. Wat sal die garnison gedink het omtrent hierdie opvatting van hul besondere aard? Op 31 JulieGa naar voetnoot2) volg ‘(first-time in this Colony), Sheridan Knowles' Drama in 5 Acts, The Rose of Arragon; after which Bayle Bernard's Comedietta of The Practical Man’. In die verslagGa naar voetnoot3) heet dit onder opskrif ‘Amateur TheatreGa naar voetnoot4)’ dat beide ‘admired dramatic representations were received with great and deserved approbation. The former was announced for repetition on the 14th. inst.’ Die herhaling vind plaasGa naar voetnoot5) op Maandag 9 Augustus met ‘Hall's (Buckstone(?)Ga naar voetnoot6) favorite farce of Shocking Events’ as nastuk. Hierdie ‘amusing farce’ en die eerste stuk ‘were performed in a very creditable mannerGa naar voetnoot7). The acting was in general respectable and some of it of a high order of excellence. The theatre was crowded - Lady Smith and a large number of the beau monde of Cape Town being among the audience. The Performances seemed to give universal satisfaction. The general management, and in particular the good order and perfect decorum maintained, are deserving of special commendation’. Op 11 SeptemberGa naar voetnoot8) word opgevoer: ‘Massinger's Comedy in 5 Acts of A New Way to Pay old Debts. After which Morton'sGa naar voetnoot9) burletta of The Sentinel... with new Scenery, Dresses, and Decorations’. A New Way ens. word herhaal op Dinsdag 17 SeptemberGa naar voetnoot10), en gespeel met ‘Box and Cox, A Romance of Real Life, by S.J.M. Morton Esq’. Op Donderdag 26 SeptemberGa naar voetnoot11) volg die ‘Last Night of the Season’. Daar word opgevoer ‘by Particular Desire... Planché'sGa naar voetnoot12) Petite Comedy Delicate Ground! For the second time The Sentinel (and) A Lover by Proxy (Boucicault). To conclude with Box and Cox’ (J.M. Morton). Hiervan word vermeldGa naar voetnoot13): ‘The Garrison Amateur Com- | |
[pagina 400]
| |
pany closed their series of popular performances... with a crowded house, and four amusing comediettes, which were acted with much comic zest and spirit and were highly relished and applauded by the audience’. TenslotteGa naar voetnoot1) word gevra dat ‘all Claims against the (Garrison) Amateur Company may be addressed to Mr. J.L. Fitzpatrick, at the South African Club, before... 5th October, in order that the Accounts may be closed’. In verband met 'n onvermelde opvoering van die geselskap waarin Frederik die Grote voorkom, vertel GroomGa naar voetnoot2) die volgende. In een van die tonele moet 'n bom in 'n kamer val, terwyl Frederik aan die praat is. As die skrik verby is, gaan Frederik onverstoord voort of daar niks gebeur het nie. Die moeilikheid was om hierdie gebeurtenis realisties voor te stel. Groom het Hall hierin gehelp. Die uitslag was bo verwagting. Dele van die ‘bom’ het selfs tot op die hoofde van die orkes gevlie tot hulle ontsteltenis. Maar toe die koning ewe kalm met praat voortgaan, het 'n storm van toejuiging losgebars. Volgens GroomGa naar voetnoot3) was Fitzpatrick ‘an official in the Colonial Office who was one of the most talented leading amateurs in Capt. Hall's Dramatic Company, and whose assumption of leading parts was the delight of Cape audiences’. Hy sou ongeveer ten tyde van hierdie gebeurtenis selfmoord gepleeg het. 'n Berig in die Monitor van 4 April 1851 bevestig dit. Ons verneem verder dat hy ongeveer 5 jaar tevore aan die Kaap gekom het en miskien die meesgesiene jongeman daar was. ‘To a good classical education, he added a powerful and intellectual mind, refined by travel and intercourse with literary society’. Sy vriendelike en opgeruimde aard het hom baie vriende verwerf. ‘He was an able and elegant writer and for some time edited the Cape of Good Hope Literary MagazineGa naar voetnoot4) with great ability. To the Cape Town public he was perhaps better known from his admiration of the works of the Sweet Swan of Avon, whose performances he introduced upon the Cape stageGa naar voetnoot5), himself playing the principal characters with a feeling and appreciation which we have rarely seen exceeded on the regular stage and never rivalled by an amateur. Mr. Fitzpatrick possessed the finest Shaksperian Library in the Colony’. Sy vroeë dood op 28-jarige leeftyd is 'n groot slag vir vele. Hy was iemand van 'n goeie en vrygewige hart. ‘The unfortunate gentleman destroyed himself in a fit of temporay | |
[pagina 401]
| |
insanity, produced by mental depression’ - volgens Groom deur sy keel af te sny. Na die daad is hy spoedig behandel, selfs met kans op herstel. Maar in 'n vlaag van waansin het hy die wonde oopgetrek en doodgebloei. Sedert die end van 1850 bestaan die Kafferoorlog. Dit duur tot 1853. Begrypelikerwyse val daar weinig toneel, in besonder van die garnisoen, te verwag. Trouens dit lyk of die Garnisoensgeselskap opbreek, vir 'n tydlang tenminste. Onder 1 Januarie 1851Ga naar voetnoot1) word aangekondig dat mnr. Jones op die Parade sal verkoop ‘a beautiful Collection of Theatrical Costumes, Scenery, Machinery, etc. etc., belonging to the Amateur Company late performing at the Garrison Theatre’ - 'n verkoop wat handig kan ingekom het vir mnr. Parker en D.Y.b.d.K. wat hierdie jaar begin speelGa naar voetnoot2). Sommige lede, vermoedelik die van buite die garnisoen, word ook by Parker se geselskap teruggevindGa naar voetnoot3). Van 1852 is drie voorstellinge bekend om fondse te versamel vir die oorblywendes van die ongelukkige troepeskip Birkenhead wat op die suidwestelike kus van Suid-Afrika vergaan het. Dis onseker of die voorstellinge net deur die garnisoen of in samewerking met die burgery plaasgevind het. Nêrens word die ‘offisiere’ genoem nie. Maar kapt. Hall speel meeGa naar voetnoot4), en sekere lt. Johnson behartig die geldsake. Stellig was daar dus lede van die garnisoen in betrokke. Ek beskou die voorstellinge as essensiëel van hulle, met medewerking van ander amateursGa naar voetnoot5). ‘By Permission of the Commandant’ word eers twee voorstellinge aangekondig in die GarnisoenskouburgGa naar voetnoot6) ‘for the benefit of the Widows and Orphans of the unfortunate soldiers who perished in H.M. Steamer Birkenhead.’ Vir die eerste voorstelling, op Woensdag 24 Maart, word Othello (Shakespeare), Trs., en die ‘Petite Comedy of Charles II’ (Payne) aangekondig. Die dramatis personae van die twee stukke word vermeld, ook waar en wanneer die tonele plaasvind. Spesiale pryse vir famieliekaartjies van vier word genoem. ‘Places reserved until end of Act the first.’ Tenslotte, as bekende lojale uiting van die garnisoen, ‘Vivant Regina et Princeps’Ga naar voetnoot7). Nog voor die voorstelling plaasgevind het word berigGa naar voetnoot8): ‘All Claims against the Committee.... to be sent to the South African Club House before.... 27th inst., adressed to C. Joseph Esq’. | |
[pagina 402]
| |
Van die voorstelling van hierdie ‘Amateur Company’ word 'n seldsame verslagGa naar voetnoot1)(?) gegee. ‘In lieu of any critique upon performances which we have felt to be altogether sadly out of place in connection with the late melancholy catastrophe, we place before our readers the following heightened and forcible article from the Times of the 31st. of January, remarking upon a similar performance in England, for the benefit of the sufferers of the Amazon, which we believe will at once approve themselves to every rightly-constituted mind. With every respect for the individual motives of those whose misdirected benevolence has originated or promoted this sad mockery of woe, we join in strongly condemning such methods of appealing to public sympathy’. Die aangehaalde stuk verklaar dat dergelike opvoeringe totaal misplaas is, en filantropie - die ware - hom moet toon sonder om toevlug te neem tot sulke middele. Die skrywer dink weinig van 'n gehoor wat alleen op so'n manier tot liefdadigheid kom, as dit inderdaad sulks te noem is. Daar bestaan 'n verskil tussen leed soos die van die Amazon en die gewone ‘Fancy-Fair Woe,’ waar dergelike middele om fondse te versamel miskien op sy plek is. Op Dinsdag 13 AprilGa naar voetnoot2) volg ewenwel die twede voorstelling met ‘Benjamin Webster's (Webster en Boucicault) celebrated Drama, Don Caesar de Bazan, or Love and Honour. (And) J.M. Moreton's (Morton) Comedietta, called The Thumping Legacy.’ Selfs 'n derde voorstelling vind plaasGa naar voetnoot3). ‘The Public are most respectfully informed that in consequence of repeated applications, and at the express desire of many persons of distinction, the Amateur Company will give their third and positively last representation,’ op Woensdag 21 April, met 'n herhaling van ‘The Romantic Drama by B. Webster and D. Boucicault in 3 Acts, Don Caesar... with entirely New Dresses and Appointments, Scenery, Machinery, and Decorations... After which, the Double Highland Fling, in Character... (and) The Thumping Legacy, having been received with unbounded applause and convulsions of laughter.’ Tog was die geldelike gevolg van hierdie poginge 'n mislukking. ‘Thespis’, as 'n belangstellende in hierdie voorstellinge, vra onder 19 JunieGa naar voetnoot4), na geduldige wagte sê hy, ‘what financial advantage accrued therefrom. For, though, Sir, you took over one of the thunderbolts from the “Thunderer”,Ga naar voetnoot5) it must be admitted on alle sides that those enter- | |
[pagina 403]
| |
tainments were most numerously and fashionably attended.’ Hy wil dus weet wat hierdie ‘benefits’ opgebring het. Die antwoord hierop lui as volg:Ga naar voetnoot1)
‘Castle, Cape Town, 14th July 1852.
Lieut. Johnson presents his compliments to the Editor of the Monitor, and begs to inform him, for the satisfaction of Mr. Thespis and the public in general, that, deducting the expenses of the Amateur Performances, there was no surplus remaining for the Birkenhead Fund, but on the contrary, a loss... of £ 30. The expenses of the dresses of the various gentlemen who assisted in the performances were born(e) exclusively by themselves. If Mr. Thespis will favour Mr. Johnson with his name, he will prove to him to his satisfaction that the affair was no hoax.’ 1853 open met 'n aankondigingGa naar voetnoot2) dat ‘preparations are in progress for a series of theatrical representations at the Garrison Theatre’. Hierdie voorstellinge gaan uit van twee groepe: die ‘Amateurs of Cape Town’Ga naar voetnoot3) en die offisiere. Die eerste groep het voorgegaan en sal die twede, waarskynlik in wedywer, tot opvoering aangespoor het. Op Woensdag 14 SeptemberGa naar voetnoot4) word deur ‘the Officers of the Garrison, Kenny's (Kenney en Millingen) Operatic Farce in 2 Acts, The Illustrious Stranger, after which, the highlyamusing Burlesque of Bombastes Furioso (Rhodes), to conclude with Coyne's laughable farce, Did you ever send your wife to Camberwell?’ opgevoer. Die dramatis personae van die drie stukke word aangegee. Eersgenoemde is 'n hoogsromantiese Oosterse stuk. ‘By the kind permission of Lt. Col. Pinckney, the band of the 73rd Regiment will be in attendance. Vivat Regina!’Ga naar voetnoot5) Ook in die vervolg verleen die musiekkorps sy dienste. Die verslagGa naar voetnoot6) praat van ‘this elegant little Theatre in the Main Barracks’. Hy noem die klugspele ‘amusing’, en Bombastes celebrated. ‘The Commandant's Box was honoured by the presence of the wives of officers of the 73rd Regiment etc., Lt. Col. Pinckney and the several officers... not engaged in the performance’. Vrywel alle hoë amptenare was aanwesig ‘and a host of Indian visitors and residents with their families... The punctuality with which the play commenced, the quickness and accuracy of the scene-shifting, and the attention | |
[pagina 404]
| |
to detail...’ verdien die hoogste lof. ‘The stage manager has succeeded, à merveille, in the education of his troupe; the scenes have been very carefully painted, and effectively composed; and the dresses of the actors and actresses evince great judgment, and nicety of discretion.’ 'n Ou vriend, lt. Pasley R.A., word verwelkom. Sy ‘inimitable acting and self-possession’ het hom weer die guns van die huis verwerf. In al die stukke het hy vername rolle vervul. Kapt. Fisher wat die vernaamste rolleGa naar voetnoot1) gehad het ‘stands high above the class called amateur actors. He is an accomplished dramatist, and his height and bearing, combined with effervescing good humour, and a nice melodious voice eminently adapt him for stage performance’. Ook die ander spelers was uitstekend. Hulle was goed van geheue en het hul spel deurvoel. Die aktrieses was eweneens uitstekend, ‘the only real woman, by the way, acting (her) several parts better, in our judgment, than any of her amateur predecessors.’ Geen ‘contretemps’ het plaasgevind nie; die offisiere kan verseker wees van 'n vol huis by hul volgende voorstelling. 'n Weeropvoering, wat op besondere versoek op Maandag 19 SeptemberGa naar voetnoot2) sou plaasvind, bevestig die groot sukses wat die offisiere gehad het. Ongesteldheid van kapt. Fisher het die planGa naar voetnoot3) verydel. Op Maandag 31 OktoberGa naar voetnoot4) volg, onder patronasie van die Lt.-Goewerneur, die twede gewone voorstelling met: ‘Morris Barnett's popular Drama Power and Principle,.... Circumstantial Evidence (Carew), A Comic piece in one Act, (and) the laughable farce of Box and Cox (J.M. Morton).’ Alle dramatis personae word aangegee. Power ens. blyk 'n bewerking van Kabale und Liebe (Schiller) te wees. Van hierdie voorstelling volg 'n uitvoerige verslagGa naar voetnoot5). Dis op 'n laer toon van lof gestel as die vorige. Die gehoor was ‘rather select, though not so numerous’ as voorheen nie. As lag 'n kriterium is, was die voorstelling 'n sukses ‘par exellence.’ Maar baie mense is van gedagte dat ‘the loud laugh betrays the empty mind.’ Stellig verdien die spelers baie lof vir hul moedige onderneming. In een opsig was die stukke welgekose. Hulle was maklik om in te studeer en om op te voer. En vir die wat wil ‘laugh and grow fat’, uitmuntend. Die akteurs verdien lof vir hul kranige poginge om die | |
[pagina 405]
| |
publiek te vermaak. Maar groot akteurs word gebore, nie gemaak nie. Selfs middelmatige spel kannie sonder ontsaglike arbeid bereik word nie. Met 'n paar aangeleerde dingetjies kom jy daar nie. Ook is speel 'n studie nie alleen van die rol nie, maar van ‘nature’! Die stukke se rolbesetting was verdienstelik, ook hul uitvoering. Die spelers het baie bekwaamheid getoon maar geen genie nie. Ou Muller en Ferdinand was miskien die beste. Maar daar was 'n sorgeloosheid (carelessness) deur die stuk, wat duidelik die gebrek aan 'n groot ko-ordinerende leier getoon het ‘and made us inwardly sigh, for a Fisher or a Hall, to commingle again and impart something of their own glowing spirits to the company.’ Of miskien was dit te wyte aan 'n ongeluk wat plaasgevind het. Die klere van Heloise Muller het vlam gevat, maar die vuur is gou geblus. Ou Muller was so stil en ingetoë soos 'n mens kan verwag, maar Worm was ‘too heavy, both in manner and voice.’ Hy moes 'n Joseph Surface gewees het. Ferdinand se opvatting van sy rol was veel beter, maar sy voordrag onwelluidend deur oorhaastigheid. Circumstantial Evidence (Carew) is veel beter gespeel. Die rolle is knap waargeneem. Miss Comfit egter, ‘poor young lady, seemed most desperately ill at ease.’ Met oefening sal sy beter word, ook leer wat om met haar arms te doen. Byron Scraps, deur dieselfde persoon wat Ferdinand gespeel het, was die beste. Alleen sy voordrag was ongelyk: 'n geval van ‘spasmodic inspiration’. Box and Cox (J.M. Morton) was dit ook: vol van ‘vivacity and energy, but overdone.’ Op Mrs. Bouncer val egter niks te sê nie. Tenslotte wil die verslag 'n vriendelike raad geê in die woorde van Hamlet: ‘Suit the action to the word.
The word to the action, with this special observance.
That ye o'erstep not the modesty of nature’.
Die verslag sluit met 'n prospektus vir 'n nuwe skouburgGa naar voetnoot1) Wat Hall en Fisher gewoonlikGa naar voetnoot2) vir die geselskap beteken, leer ons duidelik ken. Nog verneem ons:Ga naar voetnoot3) ‘The Performance by the Officers of the Garrison, and other Amateurs, took place with a full house, and gave such general satisfaction that the play is to be repeated next Monday’ - 7 November. Reeds vroeg in 1854 word berig:Ga naar voetnoot4) | |
[pagina 406]
| |
‘A series of performances will shortly commence at this (Garrison) Theatre aided by the Officers of the Garrison. The Pieces selected are St. Cupid (Jerrold), A Bloomer's Costume (Stirling)Ga naar voetnoot1), and Perfection (T.H. Bayley)Ga naar voetnoot2). St. Cupid is a new comedy from the sparkling pen of Douglas Jerrold, one of the Editors of Punch’, 'n stuk nog onlangs op bevel voor die Koningin in Windsor Castle gespeel. Die stuk is dus nuut vir die Kaap. Op Dinsdag 2 MeiGa naar voetnoot3) het die voorstelling plaasgevind. 'n Uitvoerige verslagGa naar voetnoot4) begin met 'n lange uitweiding oor ‘True genius is ever restless’. Van Shakespeare tot Sheridan, Cook tot Kean, blyk dit duidelik sê die skrywer. Soos sulke ligte skyn of uitgaan, word hulle omgewing verlig of verduister. Nog altyd het die ‘Sovereigns of Britain’ geweet, ‘to make hay while the sun shines’ in sulke gevalle. So het b.v. koningin Elisabeth vir Shakespeare aangemoedig. Die Merry Wives of Windsor sou selfs op haar uitdruklike versoek geskrywe wees: deur die wens om Falstaff verlief te sien. Persone sterf, genie leef voort. Na Shakespeare het gekom Talfourd, Sheridan Knowles, Bulwer Lytton, How (?), Taylor, Gerrard, Griffin, e.a. en tenslotte Douglas Jerrold. Sonder ophou het hy sy weg deurgeveg van werkman by 'n drukkery tot persskrywer, tot die posiesie van een van die grootste dramatisie van sy tyd, tot selfs die genieter van die patronasie van koningin Victoria deur 'n ‘command performance’ van St. Cupid in Windsor Kasteel. Op Dinsdagaand is die stuk opgevoer in teenwoordigheid van lt.-kol. Cathcart, en 'n groot gehoor van offisiere, dames en here van Kaapstad en omgewing. Dit sou onbillik wees om die stuk en spel te kritiseer. Die stuk was van vyf tot drie bedrywe verkort om dit ‘within the resources of the establishment’ te bring. Hierdeur moes dit òf baie gely het, òf die slegste stuk van Jerrold wees, totaal onwaardig van die skrywer van Black-Eye'd Susan, The Rent Day, ens. Van so'n sleg stuk skrywe sou Jerrold se eie goeie naam hom weerhou het. Van die spel kannie veel gesê word nie. Mnr. Pitt, as Sir Valentine May, was baie verdienstelik. Hy het sy neiging tot oordrywing enigsins meester geword. Mnr. Hall as Zero was gelykmatig, maar ver benede die talent, soos b.v. in sy Iago van ongeveer twee jaar gelede, getoon. Mnr. Salter as Ensign Bellefleur het goeie, stil spel gelewer. Die meeste lof verdien korporaal Bishop van die 73ste Regiment vir sy | |
[pagina 407]
| |
Dr. Budd, en verdien die rol van Queen of the Bees, ‘by a lady with a very manly voice.’ Dit was rolle met individualiteit. ‘Checquer, Hawke & Trundle were respectable and no more.’ Die dames wat Dorothy Budd en June gespeel het, was suiwer rolsegsters. Van begin tot end het hulle ‘the same expression of face (and) form of tone’ gehad. Die twede stuk was Perfection, or The Lady of Munster, van die bekende Th. Haynes Bayley wat sy fortuin in mynspekulasies verloor en toe homself aan ‘elegant’ literature gewy het Hy is beroemd vir sy ballades en o.a. vir sy drama The Spitalfields Weaver (Bayly). Oor die geheel was die spel bevredigend b.v. van korporaal Bishop en mnr. Henslowe, alhoewel die eerste bietjie ontuis was in sy rol. Die beste was mnr. Salter as Charles Paragon, hoewel hy soms sy rug tot die gehoor gedraai het en met sy hande opgeskeep was. Met 'n bietjie ondervinding sal hy dit ver kan bring. Die dame in Kate het veels te vinnig gepraat. Mnr. Belleville as Susan het gely aan gebrek aan uitdrukking. Dit spyt die skrywer dat hy so baie fout moet vind. In die geskikte klugspel The Bloomer(s) Costume van Stirling, was mnr. Hall goed, maar bietjie uit sy plek. Baie grappig was die here Kirton en Henslowe. Mevv. Oswin en ArlingtonGa naar voetnoot1) het in die vrouerolle goed gespeel. Die stukke van die volgende voorstelling word aangekondig. Die skrywer wil graag sien dat ‘the drama assume a more intellectual position in the Colony.’ Hy beveel The Hunchback van Sheridan Knowles aan, as in alle opsigte geskik: naar gehalte sowel as speelbaarheid. Hy gee rolle aan die hand vir die here Hall, Pitt en Salter. Uit niks blyk dat sy raad opgevolg is nie! Op Maandag 5 JunieGa naar voetnoot2) volg: The Rent Day (Jerrold), The Spitalfields Weaver (Bayley), en The Queen's Horse. In die verslagGa naar voetnoot3) heet hul ‘justly celebrated domestic drama...., laughable comedietta...., and pretty burletta’ respektieflik. The Rent-Day het 'n ‘strong caste.... (with) very even playing for an amateur performance’ gehad. ‘We never saw anything more to our taste.’ Natuurlik was daar geen uitstaande rolle soos in professionele opvoeringe nie. Dit was 'n gelykmatige ‘softened performance’. Die ‘tout ensemble’ was goed wat betref ‘scenery and get-up’. | |
[pagina 408]
| |
In die Weaver het Simmons (Mnr. Kirton) baie vermaak veroorsaak. Dis einthk 'n geval van 'n parvenu Brown - die rykgeworde ‘Weaver’ -, wat die grootste moeite in die wêreld het om homself in sy nuwe posiesie te gedra soos dit hoort. Sy ou vriend Simmons moet veral die spot van sekere Darville verduur. Brown ontdek 'n intriege tussen Darville en sy vrou Adelle. 'n Tweegeveg volg. Alles word opgehelder deur die tussenkoms van Brown se vrou. Brown is goed gespeel. Adelle was 'n hele verbetering op vroeër. The Queen's Horse berus op 'n verwarring tussen tweelingbroers, 'n brouer, en 'n kavalleris, waarvan eersgenoemde, in die drag van sy broer, buiten sy bedoeling om, onbewuste dade van dapperheid verrig in verband met die ‘Preston Riots’. Mev. Arlington het 'n vrouerol vervul. Die brouer (mnr. Hall) is ‘laughably played’. Die geval was ‘irresistibly comic. Altogether the evening's amusement (was) a decided treat...., arrangements were very different to the former representations. The house looks much better since its alteration and was full. The 73rd. Band lent the additional attraction of their exquisite strains’. Die Lt.-Goewerneur en 'n uitgelese gehoor was aanwesig. By die volgende voorstelling sal vermoedelik Charles the Twelfth (Planché), en A Peculiar Position opgevoer word. Hierdie kritiek het 'n nasleep gehad. In die Monitor van 17 JunieGa naar voetnoot1) drywe ‘One who has a nervous sense of the absurd in matters of Theatrical Costume’, die spot met die krietikus wat die kostumering geprys het, aangesien 'n Engelse boer 'n Sweedse kostuum aangehad het! 'n Voorstelling vir Dinsdag 11 Julie, waarskynlik met die stukke reeds aangegeeGa naar voetnoot2), het nie plaasgevind nie, weëns ongesteldheid van die toneelbestierder. Maar miskien sal dit later gebeur word gemeld, en met The Two Bonnycastles (J.M. Morton), Ks. by, of i.p.v. een van die gemelde stukke. The Two Bonnycastles word herhaal op Vrydag 18 AugustusGa naar voetnoot3) ‘It is said, by command and under the patronage of... the Lt. Govr. and Mrs. Darling’. Dit word duidelik waarom The Two Bonnycastles ekstra bygehaal word. Gespeel word verder ‘Tobin's Comedy The Honeymoon in 5 Acts’Ga naar voetnoot4). Hierna word die ‘Last Night of the Season’ aangekondig met The Honeymoon, ‘many applications having been made... for another Representation... at a reduced price of entrance... | |
[pagina 409]
| |
Vivat Regina et Princeps...’Ga naar voetnoot1) Die voorstelling het op Maandag 4 September i.p.v. Woensdag 30 Augustus plaasgevindGa naar voetnoot2) ‘in consequence of the severe indisposition of the manager’. Tenslotte volg 'n benefiese vir die heer Kirton, die ‘Comedian’, op Maandag 18 SeptemberGa naar voetnoot3). Twee van die stukke is oubekendes: Honesty is the best Policy (Lemon) en The Spitalfields Weaver (Bayly); Middle Temple (Peake) kom daarby. By goeie weer word 'n vol huis verwag. Interessant is die mededelingGa naar voetnoot4): ‘An omnibus is provided to convey passengers to Rondebosch and Wynberg after the performance’.
'n Spesiale mededeling is: ‘The Theatre has been granted to Mr. Nightingale, Port-Captain of Simon's Bay for two representations of Macbeth, (Shakespeare) which is to take place shortly under the patronage of His Honour the Lt.-Governor’. Die voorstellinge sal van die Mariene in Simonstad uitgegaan het.
Die ligging van die Kaap as middelpunt op die weg van Engeland naar Australië, 'n land in hierdie jare van groot belang deur die goudontdekkings aldaar, het dikwels aanleiding gegee tot die aanwesigheid van buitengewone kunstenaars aan die Kaap. So veroorsaak die heer G.V. Brooke, 'n beroemde tragikus en Shakespearespeler, 'n groot opskudding aan die Kaap in die begin van 1855. Hy tree op in die Garnisoenskouburg met ander beroepsartieste en met behulp van 'n paar amateurs van die garnisoenGa naar voetnoot5). Op 30 DesemberGa naar voetnoot6) '54 word sy aankoms per Pacific op weg naar Melbourne, op 'n driejarige kontrak, aangekondig. Sy koms, vertel 'n verslagGa naar voetnoot7), maak die eerste week van 1855 ‘unusually gay’, nieteenstaande die heers van die Krimoorlog en die berig van die sneuwel van eks-Goewerneur sir G. Cathcart. Saam met Brooke het mej. Fanny Cathcart en mnr. R. Younge, bekende spelers in Engeland, gekom; verder mnr. Wilton, Brooke se agent. Ook die koms van die heer Jacobs, beroemde goëlkunstenaar, word vermeld. Brooke is die opvolger van die Kembles, Van den Hoff en Macready. In 1848 het hy gedebuteer in Othello (Shakespeare) in Londen. Sy forte is die uitbeelding van hartstog. Sy naam is tenvolle gevestig as Sir Giles Overreach in A New Way to pay old Debts van Massinger. Daarna het hy steeds propvol huise | |
[pagina 410]
| |
gehad. Hy was ook in Amerika. Hy sal in Australië 200 aande speel teen £ 50 per aand. Vir Maandag 1 JanuarieGa naar voetnoot1) was die Lady of Lyons (Bulwer Lytton) aangekondig. Op versoek het Othello in die plek gekom. Die huis was goed beset en ‘all anxiety’. Othello was 'n geskikte stuk vir die geleentheid: dit het weinig speelruimte, dekors en spelers nodig. Dit is bowendien ‘better understood here than any of Shakespeare's plays;... its hero (a coloured man) who has moved and won a white lady, ships, bay, soldiers, a castle, and a governor, being all familiar to the colonists' ear, “as household words”’. By die opgaan van die gordyn was daar geen ‘good reception’ vir Brooke nie d.w.s. geen applous nie. Maar die Kaap is honderd jaar agter in toneelmaniere. Later het ongeëwenaarde applous weerklink. By die end is Othello, Iago en Desdemona teruggeroep. Die skrywer wys weerGa naar voetnoot2) daarop dat mooi klere en die toejuiging van welmenende vriende geen bewys is van werklik goeie akteurs nie. Studie van die natuur is die hoofvereiste. Die Othello van die heer Brooke is groots en hartstogtelik. Die gevoelsoorgange word goed uitgebeel. Sy dood is 'n verlossing vir homself en die gehoor. ‘Mr. Brooke's figure is tall and commanding’, sy stem pragtig, sy kostuums skitterend. Maar dit het gelyk of hy nie sy bes gedoen het nie. Miskien was die klein toneelruimte verantwoordelik daarvoor. Die heer Younge se Iago kannie genoeg geprys word nie. Dis 'n medium tussen die Vandenhoff en Macready skole. Sy sataniese karakter is sterk uitgebeel. Sy voordrag was helder; sy begrip van Shakespeare deurwrog. ‘Miss Cathcart's... acting will prove a real blessing to the ladies, who generally appear at the theatre to personify parts’. Sy is 'n ware artieste met gevoelige spel en goeie mimiek. Sy is natuurgetrou. Haar Desdemona is waarlik ‘gentle’, opreg en vertrouend. Die ander spelers, amateurs, is veel minder. Mnr. Hall se Cassio was ver onderkant sy Iago van twee of drie jaar tevore. Dit was nie genoeg instudeer nie. Die vernaamste ingesetenes van die Kaap was aanwesig onder die gehoor. ‘Judicious alterations’ is in die teks gemaak om non-Elisabetaanse ‘ears polite’ te spaar. Die Duitse musiekkorps van die Pacific het baie mooi gespeel. Die Commercial AdvertiserGa naar voetnoot3) gee kritiek van ongeveer dieselfde | |
[pagina 411]
| |
inhoud as die Monitor. Dit sê egter dat Brooke nie die grootste akteur van die dag is nie, want Macready leef nog. En daar is Phelps. Soms is daar by Brooke ‘a tendency to exuberant violence’. Hy rol sy oë bietjie te veel. Tog sou die koerant hom baie graag terug sien. Die aand na die voorstellingGa naar voetnoot1) het mnr. Younge in in die Stadsaal, op versoek, 'n lesing voor die Meganiese Instituut gehou, getietel: A Night with Shakespeare. Die opkoms was matig. Die Duitse musiekkorps van die Pacific het mooi gespeel. Die heer Younge het veral voorgedra. Tussendeur het hy een en ander by wyse van toeligting gesê. Hy het Hamlet se ‘filosofie’ in twyfel getrek. Oor Shakespeare se idee van tooneelspel en oor sy karakterisering het hy met bewondering gepraat. Sy voordragte was baie effektief. Daarna het hy nog 'n ballade voorgedra en liedere in verband met die Krimoorlog gesing. Deur 'n gebrek aan die masjienerie word die Pacific genoodsaak sy reeds aangevange vertrek uit te stel. Op Vrydag 5 JanuarieGa naar voetnoot2) het Brooke c.s. die Lady of Lyons (Bulwer Lytton) opgevoer. Hierin het Brooke pragtig gespeel, ‘the audience were enchanted’. Ook Younge en mej. Cathcart was uitstekend. Mnr. Hall was meer op sy stukke as die vorige keer. Die ontvangs deur die gehoor was baie gul. Brooke gaan voort ‘to relieve the monotony of colonial life’ en die Kaapse burgery toon ‘a due appreciation of the talented visitors’Ga naar voetnoot3). Op Maandag 8 Januarie het hy in allerlei rolle verskyn: Romeo, Hamlet, Shylock, ens. Dit was weinig meer as ‘character readings...Such drawingroom amusements... are ill adapted for the great genius of Brooke’. Sy talent gaan te loor. Dit eis ruimte en intriege. Die aand het dus nie tot sy reg gekom nie, hoewel die gehoor baie in sy skik was. Mnr. Younge en mej. Cathcart het fluks hul rolle vervul. Op Dinsdag 9 Januarie word The Stranger naar Kotzebue deur Sheridan ‘performed, and Mr. Brooke appeared to far greater advantage. Miss Cathcart was admirable... and the amateurs did their best, - the piece went off capitally. The Angel of the Attic (J.M. Morton) was the afterpiece, and the principal characters were well-sustained by Mr. Younge, Miss Cathcart and Capt. Hall. The audience were enthusiastic throughout’. Op 10 Januarie het die Pacific vertrek. Die spelers het die beste wense van die publiek meegeneem. ‘Previous to their leaving, the bachelors of Cape Town gallantly presented to | |
[pagina 412]
| |
Miss Cathcart a gold watch and appendages of the value of £ 50’. Later verneem onsGa naar voetnoot1) dat die eer van die inisiatief om die voorstellinge van Brooke c.s. te bewerkstellig sekere heer Taylor toekom, wat soiets meermale doen. Ongetwyfeld het Brooke 'n geweldige indruk gemaak. 'n Reisbeskrywer uit die tydGa naar voetnoot2), wat dit oor ‘the physiognomy of dress’ het, praat o.a. van Brooke en ‘Brookomania, or the Visit of G.V. Brooke, and its Effects’. Kapenaars bewonder alles van die buiteland en volg dit na, sê hy. So ook het hul Brooke tot in besonderhede nagevolg. Die dames het mej. Cathcart tot voorbeeld geneem. Verder vertel hy dat Brooke geweldig vol sale gehad het. Kaartjies is selfs teen 'n premie verkoop. Maar die publiek is soms baie onkundig. Iago heet 'n ‘gay deceiver’. Tenslotte is dit die laaste wat ons regstreeks van kapt. Hall hoor. Wat onmiddellik op hierdie aktiwiteit gevolg het, vertel GroomGa naar voetnoot3). ‘Mr. LycettGa naar voetnoot4) then got permission from the military authorities, with the assistance of some amateur non-com-missioned officers, to give a series of performances of great merit, assisted of course by the splendid military band of the regiment’. Hiertoe het mev. Loosemore, ‘a delightful actress’ wat eerst aan kapt. Hall se geselskap behoort het, deur ‘engagement’ oorgekomGa naar voetnoot4). Kort hierop sou Sefton Parry en sy vrou aan die Kaap gekom hetGa naar voetnoot5). Eers as Parry weg is, verneem ons weer van suiwer garnisoenstoneel. Dit gaan stellig uit van die so-ewe genoemde spelers - miskien weer onder kapt. Hall? Onder patronasie van lt.-kol. Pinckney van die 73ste Regt. gee die amateurs van hierdie regiment ‘for the benefit of the Patriotic Fund’,Ga naar voetnoot6) op Vrydag 28 September,Ga naar voetnoot7) 'n voorstelling van ‘the highly interesting melodrama Grace Huntley, or The Follies of Youth (Holl)Ga naar voetnoot8). The laughable Farce (in two acts) of Comfortable Lodgings, or Paris in 1750 (Peake), which had such an immense run at the Adelphi, a | |
[pagina 413]
| |
few seasons since, with an interlude of a new and attractive form in the shape of a Grand Ballet, in which no less than 15 danseuses will appear’. Gesien die ‘Bill of Fare’ en goeie doel van die voorstelling word 'n ‘regular bumper’ verwag. Hierdie verwagting is nie teleurgestel nie. Die som van £ 2s4.14/7 word aan die Fonds oorhandig. Miskien speel die ge elskap nog in 1856. GroomGa naar voetnoot1) sê dat die ‘non-commissioned officers and men of the 73rd. Regt.’ dikwels teen diè tyd in die Garnisoenskouburg opgevoer het. Kapt. Hall noem hy egter nie. Dit sal in elk geval 1859Ga naar voetnoot2) word voor ons weer definitief verneem van offisiere wat deelneem aan toneel. | |
b. Geselskappe uit die Burgery.1. All the World's a Stage.Die eerste geselskap waarvan ons verneem is 'n herleefde ‘English Amateur Company... All the World's a Stage’. Hulle speel in die ‘Amateur Theatre (Liefhebbery Tooneel) in Hope-street’ in 1843. Hulle ‘will again perform, by particular desire and positively for the last time (as regards the first piece)’, op Vrydag 18 AugustusGa naar voetnoot3), Wenlock of Wenlock, or The Spirit of the Black Mantle, en die ‘laughable farce’ Honest Thieves (Knight). Uit die advertensie blyk duidelik dat die geselskap reeds meer gespeel het. In 1844 speel ‘the English Amateurs in Rose-street’Ga naar voetnoot4), ook ‘in an ex-wine store. It was neat and clean, and the back seats were raised to enable those sitting behind to see over the heads of those in the front rows’Ga naar voetnoot5). Ongetwyfeld word hiermee All the World bedoel. 'n Ander geselskap staan in hierdie jare nie bekend nie. Miskien het hulle ook die bekende Kaatje Kekkelbek hierdie jaar aan die Kaapse publiek voorgestelGa naar voetnoot6). In 1845 speel All the World in die Roelandstraat-Skouburg, 'n lokaal gewoonlik van die Hollandse geselskap. Op Donderdag 17 JulieGa naar voetnoot7) vind plaas ‘the much admired | |
[pagina 414]
| |
melo-drama of The Wandering Boys, or The Castle of Olival (Pixéricourt, vertaal deur Kerr) (and)... the laughable farce of The Queer Subject (Covne)’. Sam Sly vermeld die voorstelling ook en gee ons 'n verslag daarvanGa naar voetnoot1). ‘All the World gave at their theatre in Roelandstreet (until a new one is built) The Wandering Boys and a farce; the latter assuming the queer title of The Queer Subject not “Queer-street”Ga naar voetnoot2). The house was well attended and the pieces went off admirably and were well received by an attentive and yet merry audience. The same delicacy appears to prevail in this house of entertainment as in others, so that on no account must names be mentioned - although they were all known on the stage - otherwise we should have been pleased to have acted the Spectre SammyGa naar voetnoot3) over again in print and passed a few eulogisms on several clever amateurs.’ Op grappige wyse word die dramatis personae opgesom. Oor die dure verversinge het ontevredenheid ontstaan. ‘Half the rate... night produce three times the custom’. Op Vrydag 22 AugustusGa naar voetnoot4) vind plaas die historiese drama Charles XII (Planché) in 2 Bed., en The Irish Tutor (Glengall) ‘comic piece in 1 act.’ Die rolbesetting word aangegee, maar alleen met die voorletters van die betrokke dames (Mejj. M., M. en K.) en here (Mnre. I., G., H., C., W., P., M., L.). Die verslag begin met 'n geliefde aanhaling van Sam Sly uit Hamlet met as opskrif, ‘The Play's the thing’, en sê: ‘Last week we had the pleasure of... a Bachelor's Ball; this week we have equal satisfaction in... a Bachelor's Play. Both being got up with sole aim and end of pleasing the Ladies... all scrutiny is out of the question, and criticism is disarmed of its sting’. Maar, selfs streng krities beskou, verdien die voorstelling lof. Wat betref die spelers, ‘We are requested by the modest and young amateurs to omit names’. Tog sal die lof, onder die voorletters, begryp word. In die voorstuk het hy alleen lof oor vir die spelers, hoewel iets meer vir die here- as damesspelers. By party van die karakters het die rolle alleen van die spelers geverg ‘to dress and act as military gentlemen’, maar dit is ‘to the life’ gedoen. Charles XII (Mnr. T) was wel die vernaamste speler. Die boer en die burgemeester het goeie kontraste-spel gelewer. Die welbekende Irish Tutor is geestig en goed gespeel. Die gehoor het baie vermaak daarin gehad. Charles (Mnr. H.) het sekere lied goed gesing. O'Rourke (Mnr. L). het natuurlik | |
[pagina 415]
| |
die leeueaandeel van die stuk gehad. Die lof vir die dames is soos voorheen op 'n laer toon gestel as die vir die here. ‘A short Prologue, written by a gentlemen at the Cape and delivered by Mr L.... was well received. And the Orchestra was extremely good, and played the Polka and other fashionable airs in its best style’. Die huis was nog nooit so vol ‘grace and beauty’ nie. Tot selfs in die bak het sommige van die beste famielies aan die Kaap gesit. Die voorstelling sal waarskynlik herhaal word. Kommissarisse (stewards) was die here Norton, A. v. Breda en J. Heyneman; toneelmeester (stage manager) mnr. J.F. Long. Dis jammer vir die toekoms, dat ‘the modesty of the present age’ geen name van spelers wil genoem sien nie. ‘But we must withhold them or give offence.’ In 1846 word die ou skouburg in Hoopstraat hernuwe en verdoop tot die ‘Victoria Theatre’Ga naar voetnoot1). Die openingsvoorstelling vind plaas op Donderdag 9 JulieGa naar voetnoot2) met: ‘Mr. Planché'sGa naar voetnoot3) Romantic Drama, The Brigand... Songs... (and) the laughable Farce A Day after the Fair (Somerset)’Ga naar voetnoot4). Die naam van die geselskap word nie genoem nie. Stellig was dit All the World. In 1848 speel hul nog altyd in die Hoopstraat-Skouburg. Daar volg op Dinsdag 21 JulieGa naar voetnoot5): ‘The celebrated comedy of Charles the Second, or The Merry Monarch (Payne);’ 'n lied in kostuum en 'n komiese lied; ‘The admired interlude of Fortune's Frolic, or The Ploughman turned Lord (Allingham); op versoek 'n besondere komiese lied; op besondere versoek, 'n herhaling van A Day after the Fair (Somerset)’. Donderdag 20 AugustusGa naar voetnoot6): Who's Who? or The Double Imposture (Poole), Tsp.; twee liedere; ‘the interlude of Fortune's Frolic ens.; twee liedere; The Village Lawyer (Mrs. Macready), ‘laughable farce.’ Vrydag 4 SeptemberGa naar voetnoot7): The Brigand (Planché), twee liedere, een daarvan komies; The Original (J.M. Morton), ‘admired interlude’; twee komiese liedere; The Lottery Ticket, or the Lawyer's Clerk (Beazley). Saterdag 12 SeptemberGa naar voetnoot8): Who's Who? ens. admired Comedy’; twee liedere, een bekend komiese op versoek; The Brigand (Planché) op besondere versoek. Hierdie voorstelling vind plaas by geleentheid van ‘Race Week - Spring Meeting of the South African Turf Club’. | |
[pagina 416]
| |
The Performance will terminate by ‘11 o'clock’ word spesiaal bygevoeg. In 1847 hoor ons niks van All the World nie. Ek glo hulle het gespeel, alleen nie hul voorstellinge geadverteer nie. Wat sou anders van die Hoopstraat-Skouburg geword het? Dit word by geen ander geselskap vermeld nie. Bowendien is All the World in 1848 nog daarin, en blyk dit, dat All the World ook die jaar reeds gespeel het sonder adverteer. Trouens dit was 'n tyd waarin alles ‘Privaat’ wasGa naar voetnoot1). Die uitbly van aankondiginge hoef dus geen verwondering te wek nie. Onder ‘Amateur Theatricals’ word in 1848 aangekondigGa naar voetnoot2) dat in die Hoopstraat-Skouburg die ‘English Amateur Company All the World's a Stage, will repeat, by express desire’, op Donderdag 21 September, die veelbewonderde stuk The Country Squire, or Two Days at the Hill (Dance). ‘To be followed by the celebrated Ethiopian Serenaders’Ga naar voetnoot3), wat Buffalo Gals, Old Joe ens. sing; ‘after which a Clog Hornpipe, by a Gentleman lately arrived from London; Comic songs, and other entertainments.’ Tot slot ‘the truly laughable farce of Advice Gratis (Dance).’ Daar volg ‘for the last time this Season’ op Dinsdag 3 OktoberGa naar voetnoot4): William Thompson, or Which is He? (Boaden); 'n Turkse Ballet; die ‘Ethiopian Serenaders; Peruvian Dance and Comic Songs’; The Original (M.J. Morton), ‘admired farce’. Dit is die laaste wat ons hoor van All the World. Maar van 1849 sal James Lycett se amateurgeselskap in Hoopstraat troon. Miskien het All the World se lede by hom aangesluit. | |
2. Private Amateur Company.Intussen val 'n geselskap uit 1847 te vermeld. Hulle gee 'n reeks van drie voorstellinge en gaan onder die naam van English Private TheatricalsGa naar voetnoot5), Private English Amateur Theatrical CompanyGa naar voetnoot6) of Private Amateur CompanyGa naar voetnoot7) bekend. Hulle speel in die ‘Dutch Theatre’Ga naar voetnoot8) in Roelandstraat. Sekretaris van die geselskap is A. van Breda. Hulle eerste advertensie maak waarskynlik - in hierdie geval die woorde ‘this season’ - dat hulle tevore gespeel het. Onder ‘Private Theatricals, Notice to Subscribers’, word | |
[pagina 417]
| |
aangekondigGa naar voetnoot1) dat ‘The First Performance this Season, will take place On Tuesday... 29th lnst. By order of the Directors. A. van Breda, Honorary Secretary.’ Die twede voorstelling vind plaas op Vrydag 13 AugustusGa naar voetnoot2). Die derde en laaste sou op Woensdag 22 SeptemberGa naar voetnoot3) plaasvind. Die derde was dit, maar nie die laaste nie. Tenslotte verneem ons nogGa naar voetnoot4): ‘Last Performance of the Season. On Tuesday 6th inst., The Gentlemen of the “Private Amateur Company”, by particular desire, will repeat the Drama of The Castle Spectre (Lewis), after which a Hornpipe and Comic Songs (and) the Farce of Comfortable Lodgings (Peake).’
Sou die geselskap van Hollandse spelers wat Engelse stukke opvoer en deur GroomGa naar voetnoot5) voor hierdie tydstip genoem word, dieselfde as hierdie geselskap wees? Kort na sy aankoms in 1843 sou Groom 'n vry toegangskaartjie naar 'n Engelse voorstelling in Roelandstraat ontvang het. Hy beskrywe die skouburg en gehoor in gunstige bewoordingeGa naar voetnoot6). Die stukke was The Miller and His Men (Pocock), en 'n klugspel. ‘The popular musicians, Alie and Jacob, with assistants, constitued the orchestra and the house was quite full. At length the bell rang, the curtain rose, and some really clever amateurs amongst which such well known names as Roubaix, Myneer (Maynier - F.B.), De Wahl (Wahl of de Waal? - F.B.), Combrink, etc. appeared, the female parts being taken by youths with suitable voices, as such an occurrence as the appearance of a young Cape Lady on the mimic stage was not for a moment entertained at the period. How very different at the present day!’ Hy beskrywe die feestelikheid van die gebeurtenisGa naar voetnoot7) en vervolg: ‘At last the mill was blown up in capital style and Grimgriffiinhof and his thieving associates put an end to. A very lively farce concluded the evening's entertainment, and everybody departed for home, apparently highly gratified.’ | |
3. Parker se Geselskap.Gedurende 1847Ga naar voetnoot8) het, volgens GroomGa naar voetnoot9), 'n derde Engelse geselskap in die nuwe skouburg, ‘Drury Lane Theatre’, | |
[pagina 418]
| |
gespeel. Die skouburg ‘was got up in excellent style, and a season's lease was taken by a Mr. Parker and a company of English amateurs, among which a Mr. RussellGa naar voetnoot1), a clerk at Thomson Watson's, with the stage name of Hughes, was conspicuous for his... comic characters and singing. A very prosperous season followed the opening of this pretty little theatre. A variety of light dramas and farces were produced, such as Luke the Labourer (Buckstone), Victorine (Buckstone), The King's Command (Thompson) etc. I have still a bill of the 6th performance... recalling many... delightful recollections.’ By hierdie geleentheid - ek gee die inhoud van die handbiljet deur Groom afgedruk weer - is opgevoer op Woensdag 20 Augustus ‘the admired historical Drama in 2 acts, entitled The King's Command’, en ‘the truly laughable farce in 2 acts, Damp Beds (Parry).’ Van beide stukke word die rolbesetting aangegee. Die vernaamste spelers is die here Miller, Etton, Rogers, Hughes, Herbert, Tilbury, mevv. Parker en Hughes, die jonge heer C. Hill. Die eerste stuk word met 'n koor geopen. Die plek waar die stuk speel word aangegee; ook die woorde van die koorsang. Hierby vind 'n ‘Rustic Ballet Dance’ met solo's plaas. Ook die twede bedryf begin met 'n koorsang. Twee komiese liedere en 'n gewone lied volg hierop as intermezzo. W.F.H. Parker teken homself ‘Manager’, en H. Hughes ‘Stage Manager’. Die naam en funksie van ParkerGa naar voetnoot2) laat weinig twyfel oor of die geselskap, gedeeltelik tenminste, professioneel was. Die geselskap sou in 1847 opgetree het, tenminste as Groom se geheue volkome betroubaar is. Die onthou van die opening van 'n nuwe skouburg met die naam van die eerste geselskap daaraan verbonde, behoort egter maklik te wees, in besonder in diè dae van skaarste. Vas staan, dat Parker in 1848Ga naar voetnoot3) aan die Kaap was met sy bekende ‘Mechanical Theatre’ en meganiese poppe, en daar bestaan 'n flou vermoede dat hy toe in Drury Lane kon gespeel hetGa naar voetnoot4). In Januarie 1849Ga naar voetnoot5) is hy, of in elk geval die geselskap wat ons met hom assosiëer, in Drury-LaneGa naar voetnoot6), wat ‘redecorated and altered’ is. Hulle heet die New English Theatrical Company, maar behaal nie baie sukses nie. Die geselskap bestaan uit dames- en herespelers. Sir H. Smith, die Goewerneur, is beskermer daarvan, en ‘Buxtone's (Buckstone)Ga naar voetnoot7) much admired melo-drama Luke the Labourer, or The Lost Son’ | |
[pagina 419]
| |
word opgevoer. Die heer RussellGa naar voetnoot1) is ‘acting and stage manager’. Die Cape Town Mail het die opvoering baie geprys, maar Sam Sly praat van die ‘exaggerated and false colouring’ van hierdie lof. Die Goewerneur was aanwesig, en ‘Never was an audience more disposed to be amused, but seldom is it that circumstances so combined to prevent it. In the first place there was a disturbance because there was no boxkeeper, secondly the ventilation was abominable, thirdly the acting was not good. No mode of purfling and no embellishments to the house, however perfect and gergeous, will stand in the room of decent acting and proper respect to audience.... January is a season when men make merry with their friends. The premature imbibing had its effects upon the minds and the memory and the manners - and the rest may be easily imagined.’ Teen die end van die voorstelling, ‘the manager came forward and apologised.’ Dat die geselskap hierna verdwyn het, is meer as begryplikGa naar voetnoot2). Afgesien hiervan hoor ons niks van amateurstoneel uit die burgery hierdie jaar nie. Hiertoe sal die Anti-Bandiete Agitasie sy aandeel bygedra het. In 1850 hoor ons weer van Parker, in volle gang met toneel. Op Dinsdag 10 DesemberGa naar voetnoot3) vind in die Hoopstraat-Skouburg, as vierde voorstelling van die seisoen deur die English Company, 'n herhaling plaas van ‘The much-admired melodrama, in three parts, Victorine's Dream, or The Orphan of Paris (Buckstone?). The Interlude will consist of several Favorite Songs’. Tot slot volg die ‘amusing farce’ Woman's the Devil, in 1 Bed., ‘Characters to be sustained by the Prima Donna of the Garrison Theatre and other favorite AmateursGa naar voetnoot4). Proprietor Mr. W.F.H. Parker.’ Op Dinsdag 17 DesemberGa naar voetnoot5) volg die Romantic Drama, Matteo Falcone (naar die Frans van Merimée, vertaal deur Wilson) (and)....some favorite songs, after which Mr. W.F.H. Parker will introduce.....a variety of Tricks of Legerdemain’ Tot slot volg 'n herhaling van Woman's the Devil. Begin 1851Ga naar voetnoot6) kondig Parker aan die inwoners van Kaapstad ‘and its vicinity’, dat hy die Drury Lane Skouburg geneem het, en dat die eerste voorstelling van die seisoen sal plaasvind op Woensdag 12 Maart. Opgevoer sal word | |
[pagina 420]
| |
‘the admired Historical Drama, The King's Command (Thompson), in two acts. The Interlude will consist of Comic and Sentimental Songs’. Tot slot volg die ‘laughable farce’ The Middy Ashore (Bernard). Wat van Parker hierna geword het, is alles gissing. Ek meen egter die volgende voorstelling aan sy geselskap te kan toeskrywe - met of sonder hom. Die English Amateur Company kondig aan dat hulle deur die kommandant, lt.-kol. Cole goedgunstiglik die gebruik van die Garnisoenskouburg toegestaan is, en dat hulle hul ‘first representation’ ten behoewe van die ‘Sufferers by the Kaffir War’ op Woensdag 3 Desember sal geeGa naar voetnoot1). Opgevoer sal word ‘for the first time here’, Don Caesar de Bazan, or Love and Honour, (By B. Webster and Dion Boucicault Esq.). A song by a Lady’. Tot slot volg Thimble Rig (Buckstone), ‘laughable farce’. Ongetwyfeld het Parker se geselskap, of'n gedeelte daarvan, meegehelp by die liefdadigheidsvoorstellinge in die Garnisoenskouburg die volgende jaarGa naar voetnoot2), soos daar trouens van hul kragte uit die garnisoenspelers oorspronklik afkomstig wasGa naar voetnoot3). Dit kan nie bloot toeval wees dat Don Caesar de Bazan in 1852 weer opgevoer word nie. Tenslotte, as Parker se rekordGa naar voetnoot4) inderdaad is soos hier uiteengesit, val dit op hoe beperk sy repertoire is, hoe hy sekere stukke herhaal. Natuurlik kan dit ook kom deurdat die stukke besonder in die smaak geval het. In die twede helfte van 1853 word met voorstellinge in die Garnisoenskouburg weer aangevang. Twee groepe neem hieraan deel: amateurs uit die burgery en offisiere van die garnisoen. Die offisiere se bedrywighede is reeds bespreekGa naar voetnoot5). Hier is miskien die beste plek om die ander groep te behandel. Ek glo ons kan in hierdie groep veral die voortsetting sien van die soewe besproke English Amateur Company. Hulle keuse van stukke, hul plek van speel bly dieselfdeGa naar voetnoot6). In hierdie geval sou die burgers hul losgemaak het van die offisiere na hul saamspeel in 1852, en elke groep sy eie gang gegaan het. Terselfdertyd is dit bes moontlik dat die geheel of 'n deel van Lycett se geselskap hulle by hierdie groep gevoeg hetGa naar voetnoot7). Die verkoop van kaartjies berus o.a. by die | |
[pagina 421]
| |
London Hotel van Lycett en by D. Dix, ‘Confectioner’, voorheen 'n verkoper vir Lycett. En sou Lycett se geselskap somar spoorloos verdwyn het? Die geselskap geniet die ‘immediate Patronage of Col. Pinckney, and the Officers of the 73rd Regt.’ en open die seisoen op Maandag 3 September. Hulle voer op ‘for the first time in this Colony, a very interesting Domestic Drama, by Benjamin Webster Esq.... The Golden Farmer, or The Last Crime. After which an Interlude. To conclude with a very laughable farce written by the lamented Tyrone Power... How to Pay the Rent. By the kind permission of Col. Pinckney, the band of the 73rd Regt. will be in attendance’. Die Monitor sê in verband hiermee: ‘This theatre that has been closed since the series of entertainments were given to aid the funds for relieving the sufferers from the ill-fated Birkenhead, will be opened on Monday... While Port-Elizabeth can build its theatre, it would be strange if the lovers of the drama could not support one little theatre in this, the City of Cape Town. Col. Pinckney has kindly granted the band. It is to be hoped that the Golden Farmer will reap a Golden Harvest’. 'n Uitvoerige verslag volg van die voorstellingGa naar voetnoot1). Die opening van ‘this little place of theatrical amusement was looked upon with more than usual interest’, as eerste voorstelling sedert die end van die Kafferoorlog. ‘This occasion created no small sensation in Cape Town, giving an impetus and reaction to the dull monotony of every day life’. Saterdag het die eerste aankondiging verskyn. By Maandag reeds was dit 'n ongehoorde feit dat alle kaartjies verkoop was, en dat honderde mense kaartjies gehad het sonder selfs die moontlikheid van sit- of staanplek. Kaartjies is selfs verkoop teen 'n premie van 20 s. Natuurlik was die skouburg propvol, en honderde mense moes by die deure omdraai. Kol. Pinckney, in die ‘grand stand or omnibus box’ en baie offisiere van die aanwesige troepe, ook Indiese besoekers was teenwoordig. Die blaasorkes het met baie ‘wind and power’ hul taak volvoer. Die Golden Farmer (Webster) het baie byval en gelag geniet. Om die intriege weer te gee is onmoontlik. Die Golden Farmer, 'n aristokraat soos enige heer, Harry Hammer, 'n dronk afslaer, en Jemmy Twitcher, 'n sakkeroller, was die hoofaantreklikhede in die stuk. Tenslotte word die ‘Farmer’ opgehang. | |
[pagina 422]
| |
Die interlude het uit 'n Skotse dans, deur twee jonge here RennieGa naar voetnoot1) uitgevoer, bestaan. Hulle het baie toejuiging ontvang. In die klugspel van Power (verlore gegaan met die Amerikaanse stoomboot President) het dieselfde speler van die Farmer, eweneens in die hoofrol, veel meer tot sy reg gekom. Sy teenparty, wat tevore Harry Hammer gespeel het, is ook goed uitgebeel. Beide rolle ‘were very respectably played.’ Die dames se rolle was baie onbeduidend. Wat hul moes doen, het hul egter goed gedoen. Die ‘Farmer’ se vrou was mooi teer. ‘This lady also sang a ballad, By the sad sea-waves, but her voice was drowned by the clarionet with which she was accompanied. Mrs. Conscience.... in the afterpiece was well conceived and well executed.’ Wat die stukke self betref, ‘we must in the most unvequivocal manner express our entire disapprobation of such a trashy and dangerous drama as the Golden Farmer being enacted not only in this colony but in any part of her Majesty's Dominions - one of the worst specimens of a school known as the Jack Sheppard school... and which has happily been suppressed in England by a veto of the dramatic Censor.’ Ondeug, so aantreklik voorgestel, word in besonder gevaarlik vir die jeug. As sakkerollery moet aangeleer word, laat opleiding daarin gegee word, maar moenie die toneel daarvoor verkrag nie. Die Engelse letterkunde is groot en ryk genoeg aan behoorlike stukke, stukke van b.v. Leigh Hunt, Jerrold, Sheridan Knowles, Talfourd, Bulwer Lytton e.a., ‘to hold the mirror up to nature, Showing virtue its own image, and vice its own form’ ens. Sulke stukke ‘would not only be an intellectual treat, but would materially assist in refining the taste, elevating the mind, and by chasing away the grosser elements of common every day life, train the youth of our colony to become devotees, at the shrine of dramatic and poetic excellence, and lovers of the ideal and beautiful.’ Die klugspel was vol ‘wit and Irish humour.’ Die aand het gesluit met God save the Queen, deur die blaasorkes. 'n Stuk voor haar Majesteit gespeel sal waarskynlik volgende keer aan die beurt kom. Op die veertiende, sê die skrywer, sal ‘the Officers of the Garrison’ hulle voorstelling gee - 'n finale bewys dat ons met afsonderlike groepe in die Garnisoenskouburg te maak het. | |
[pagina 423]
| |
Op Woensdag 19 OktoberGa naar voetnoot1) vind plaas die ‘very interesting Domestic Melo-Drama, in 3 Acts, by J. Baldwin Buckstone, Luke the Labourer, or the Lost Son, after which an Interlude.... To conclude with the laughable farce Grimshaw, Bagshaw aud Bradshaw’ (J.M. Morton). Hiervan heet dit, datGa naar voetnoot2) ‘the amateurs of Cape Town... drew a crowded andience together. The part of Luke was sustained by one who was evidently an old stager. All the rest of the parts were respectably filled’, vooraan wel die van Philip, die matroos. Die intermezzo het bestaan uit viool à la Paganini en sang. Die klugspel was as geheel die beste. Oor die damesspelers sal nog geen aanmerking gemaak word nie, ‘as it appears to have been the debût of most of them.’ Met oefening sal hul regkom. Die voorstelling as sulks was 'n sukses. Inderdaad sodanig was die voorstelling 'n sukses dat dit op Maandag 24 OktoberGa naar voetnoot3) herhaal word met 'n musikale intermezzo; ‘in consequence of the marked approbation so liberally expressed by the applause of the crowded audience on Wednesday last’, soos dit heet. Wat verder van die geselskap geword het is my onbekend. Verband tussen hulle en die City Amateur Theatrical Company van die volgende jaar is uitgesloteGa naar voetnoot4). | |
4. Lycett se Geselskap.Ons keer terug tot Lycett en die Hoopstraat-Skouburg. GroomGa naar voetnoot5) vertel van hom: ‘The arrival... of Mr. James Lycett and family, in 1848, caused a considerable stir in theatrical circles. A lodge was opened in a large house in Breestreet, which he and his family occupied. He was a very fluent speaker, and a most genial person, so was installed at once as the “Noble Grand of the new lodge, which drew together a large number of the tradesmen and workmen of the town as members.”’ LaidlerGa naar voetnoot6) vertel van hom verder: ‘Mr. Lycett had been an amateur actor at Stratford-on-Avon, where he imbibed his great love of Shakespeare, a volume of whose works he was never without... Shortly after his arrival he organised a company to perform in aid of the LodgeGa naar voetnoot7)’. | |
[pagina 424]
| |
Waar hierdie voorstellinge plaasgevind het word nie vermeld nie. Treble ViollGa naar voetnoot1) vertel egter van The Private Amateurs wat in 1848 na die Franse geselskap in Drury-Lane opvoer. Dit lyk my baie of dit Lycett se geselskap gewees hetGa naar voetnoot2). In diè geval sou Lycett die skouburg in 1850 vir die twede keer neem. Dan kan die indruk wat Groom wek, dat dit die eerste keer wasGa naar voetnoot3), op 'n vergissing berus. ‘The next year’ sê LaidlerGa naar voetnoot4), ‘he (Lycett) fitted up Haupt's wine store, 21 Hope Street,’ en, om met Groom voort te gaan, ‘Shakespeare's Richard the Third was put into active rehearsalGa naar voetnoot5). The novelty of a five-act tragedy... drew a large audience... and the public of Cape Town were treated to a performance in which the splendour of the dresses, scenery, and the excellence of the acting took them quite by surprise. Mr. Lycett's Richard was praised on all sides, and the rest of the characters were taken by capable amateurs. In the Company were Adams, land surveyor,... Shaw, watchmaker; Brannigan, Inspector of Police; R. Divine; A. Barker; Bevern; Kirton of MowbrayGa naar voetnoot6), an excellent low comedian... The female characters were played by Miss Blakemore, as Lady Anne; Elizabeth, Mrs. Burdett; Margaret, by a lady friend; but the Duchess of York, in the absence of any more available ladies, by the late Mr. Charles Spolander, butcher of Buitengrachtstreet, whose soft voice was just suited to that pathetic character’. Volgens LaidlerGa naar voetnoot7): ‘Here was produced The Bottle (Taylor), founded on Cruikshanks cartoon, in eight tableauxGa naar voetnoot8), and a great many unadvertised plays’. Sy sukses, sê Groom, het Lycett moed gegeeGa naar voetnoot9) om 'n groter skouburg, die in Drury Lane, te neem. Nog 'n drang, dink Laidler, was die vraag naar meer vermaak deur verbygaande goudsoekers naar Australië. In 1850 kry ons 'n paar vaste berigte. ‘The Amateur Performers of Richard the Third (Shakespeare), having completed the splendid New Scenery and finished the stage decorations and arrangements, so as to give the fullest effect to the piece, will positively | |
[pagina 425]
| |
enact the above celebrated Tragedy on Friday evening, July 26th., in Drury Lane Theatre’Ga naar voetnoot1). Dan word berig:Ga naar voetnoot2) ‘Patriotic Freedom! Is so admirably demonstrated through... the Swiss struggle for Liberty in 1307, that the Amateurs, who lately performed Richard the Third’, (hulle naam was goed!), 'n voorstelling sal gee op Vrydag, 6 September met Knowles se ‘celebrated play in Five Acts of William Tell, the humble yet illustrious Swiss Peasant... one of the most puissant of Liberty's Champions; A musical Interlude’; en tot slot, ‘the very amusing Farce, The Party Wall’. Die blaasorkes van die 73ste Regiment sal speel uit die Opera van William Tell (Rossini). Vervolgens verneem ons van 'n voorstelling op Saterdag, 24 NovemberGa naar voetnoot3) met: The Devil's Elixir, or The Shadowless Man (Fitzball), ‘interesting romantic drama,... with entire new Scenery, Dresses, etc., got up expressly for the occasion and regardless of expense. To be followed by Two Comic Songs by an Amateur (his first appearance in Cape Town).’ Tenslotte volg die ‘Laughable Farce Twice Killed (Oxenford).’ Hiermee hou alle vaste berigte omtrent Lycett tot 1855 op. Stellig kom daar kort. Lycett het veel meer gedoen. Uit ander bronne verneem ons nog een en ander. Volgens Groom het hy in hierdie tyd ook Pizarro, or The Conquest of Mexico (bewerking van Sheridan?), e.a. stukke gespeelGa naar voetnoot4). By die opvoering van genoemde stuk het 'n grappige voorval plaasgevind. Een van die figurante, in volle Indiaanse drag, het onder die spel, bietjie buite gaan loop om rede van die hitte. By sy terugkeer was hy haastig want hy moes direk op die toneel. Hy vergis hom met die deur en kom in die bak i.p.v. in die kleedkamers tereg! Dat die gebeurtenis 'n hele opskudding verwek het, spreek vanself. Die speler moes daarna altyd die bynaam van die ‘Peruvian in the Pit’ verduur. Laidler noem hierdie periode van Lycett 'n besonder ShakespeareaanseGa naar voetnoot5). Die lof is oordrewe. Veel meer sou die garnisoen in 1847 dit verdienGa naar voetnoot6). Eweneens verdien Fitzpatrick kennelik veel meer lof as Shakespeare liefhebber en uitbeelder dan LycettGa naar voetnoot7). | |
[pagina 426]
| |
Verder sê Laidler van Lycett: ‘He keenly produced entire plays not single acts, scenes or burlesques, and many of them were conducted in private and without the aid of terminal farces, but those at which the attendance of the public was requested concluded, as of old, with a light piece, and at most regimental bands attended by the permission of the military authorities’. Dit kan alles uitkom. Tot 1855 verneem ons, waarskynlik in grote mate tereg, niks van Lycett op toneelgebied nieGa naar voetnoot1). Trouens Parker se geselskap is in Drury Lane in 1851Ga naar voetnoot2). Lycett was ongeveer 1852 'n hele tyd weg op koperprospekteerdery in NamakwalandGa naar voetnoot3). Daar was bowendien die Kafferoorlog van 1850-1853Ga naar voetnoot4). Miskien kan daar egter verband bestaan tussen sy geselskap en die Amateurs of Cape Town in 1853Ga naar voetnoot5). Begin 1855 hoor ons van hernude bedrywigheid van Lycett. Hiervoor verwys ek eldersGa naar voetnoot6). Op hom volg ParryGa naar voetnoot7). Voor ek Parry behandel, wil ek 'n nuwe geselskap, wat in 1854 sy verskyning maak, in beskouing neem. | |
5. City Amateur Theatrical Society.‘A new company’, sê die MonitorGa naar voetnoot8), ‘playing under the title of the City Amateur Theatrical Society, has announced their first performance on Wednesday, July 26th at the Dutch Company's Theatre in Bree-streetGa naar voetnoot9). The performances to consist of the 3rd act of Hamlet, the farce of A Race for a Dinner (Rodwell), the burletta of The Secret (Morris), and to conclude with the burlesque called Ion’ (Talfourd). Dit is baie op sy kerfstok neem, gaan die Monitor voort, vir ‘a Company of amateurs on the first night and we believe their first appearance on the boards’, waar selfs ou geselskappe twee stukke meer as genoeg vind. Of dit die gevolg van ‘an immense amount of courage or a want of professional knowledge’ is, sal die toekoms uitwys. Daar het entoesiasme genoeg bestaan vir die voorstelling. Om in die aanvraag vir loges te voorsien, word ‘additional | |
[pagina 427]
| |
reservea seats’ ingerig, sodat ‘only a very limited number of Pit Seats can be obtained.’Ga naar voetnoot1). Die verslag sê:Ga naar voetnoot2) ‘The two first pieces were tolerably well played, considering the infancy, of some of the actors, and the smallness of the theatre, where every defect shows itself... With these disadvantages, therefore, it would be unfair to criticise the performance on this occasion. One thing is certain; most of the company require a vast deal of practice and good drilling before they will become good actors. On the conclusion of the first piece, Hamlet and the Queen were honored with a call before the curtain and were loudly applauded. The Ghost was called for but he had vanished. The house was well attended, every seat being taken’; maar die grote hitte het sommige gedwing om voor die end van die voorstelling weg te gaan. Holt's band het Quadrilles e.a. musiek verskaf. Daar was o.a. aanwesig: ‘some of our foreign consuls, the officers of the 73rd Regt., the corps dramatique of the Garrison Theatre and many of the respectable inhabitants of Cape Town and environs’. Ander maand vind die volgende voorstelling plaas. So was dit. Op Maandag 21 Augustus vind dit plaasGa naar voetnoot3). Die heer J. Boxer teken homself ‘Director’. Die voorstelling is tegelykertyd die laasteGa naar voetnoot4). Die stukke was die ‘drama of The Mendicant (G. à Beckett), the comedietta The First Floor (Cobb), and the farce of The Secret! (Morris)’. Mnr. Boxer het die ‘“Mendicant” with much propriety’ gespeel, hoewel hy nie heeltemal vir die rol gepas het nie. Hy moet 'n rol hê met meer ‘effective elocution... as he is evidently a good dramatic reader. Mrs. ArlingtonGa naar voetnoot5) was efficient as “Marie”. The other characters were tolerably well sustained. At the conclusion Mr. Boxer was called before the curtain. In the First Floor... “Tim Tartlett” was very happy and caused much laughter and Mr. Ashley was very good as “Furnish” an upholsterer. The other characters were well sustained and the piece was much applauded. The evening's amusement concluded with The Secret, in which Moses and Mr. and Mrs. Dupais were as much applauded as in the first representation. The house was tolerably well attended.’ Meer verneem ons nie van die geselskap nie. Sou hierdie geselskap nog 'n vrug wees van T.P. Hill se werk, wat omstreeks 1850 so baie moeite gedoen het om die voordragkuns en welsprekendheid te bevorder?Ga naar voetnoot6) | |
[pagina 428]
| |
6. Parry se Geselskap.Ek keer tot Parry terug. In Junie 1855Ga naar voetnoot1) word aangekondig dat ‘Mr. Sefton Parry, Comedian, En route to England from Australia’, één dramatiese voorstelling op Woensdag, 13 Junie sal gee, ‘in the Commercial Rooms, which will be fitted up... as an Elegant Drawing Room Theatre... as at the Reuben's Room at Windsor Castle’. Opgevoer word ‘Dion Boucicault's Exquisite Comedy, (as performed before Her Majesty at Windsor) in Two Acts, Used Up, or The Peer and the Ploughboy’; 'n ‘Musical Interlude’ volg, en tenslotte Family Jars (Lunn), ‘screaming farce in Two Acts.’ Parry speel die hoofrolle. ‘Other characters by the Gentlemen Amateurs’ - stellig Lycett se garnisoensgeselskapGa naar voetnoot2). Die koerant vermeld dat Parry met die Pacific aangekom het. In Australië moes hy ‘golden opinions’ orals verwerf het, sowel as ‘some of the previous metal’. Australiese koerante prys hom hemelhoog. Hy is ‘without a rival... original, great and excentric’, ens. Selfs presentasies het hom te beurt geval: 100 ghienies in Geelong; goue horlosie en ketting in Melbourne, ens. Stellig sal hy groot sukses in Kaapstad hê. 'n Geweldig uitgebreide verslag volg van Parry se voorstelling in die MonitorGa naar voetnoot3). Mnr. Parry is nie 'n man van ‘luck or genius’ nie, maar van gelukkige genie! ‘Mr. Parry can hold the mirror up to nature... he has the genius to make us laugh... and we do so love laughing.’ Die gebrek aan 'n skouburg is reeds lang gevoel aan die Kaap. Met die Garnisoenskouburg was daar altyd moeilikhede. In 'n paar uur het Parry die saak opgelos deur die ‘large room’ van die Beurs in te rig, veel smaakliker as ooit die Garnisoenskouburg was. ‘The old receptacle for littery newspaper’, is verander in ‘a complete and elegant little theatre... (with) 350 seats laid out... (and) large enough for all ordinary purposes’. Used Up is 'n verhaal van 'n baronet, volkome blasé, wat van alles vind dat daar ‘nothing in it’ is. As hy besluit om die eerste die beste vrou tot huwelik te vra, kom daar verwikkelinge, veral met 'n smid en sy vrou. Hy reken selfs hy is skuldig aan moord op die smid en word ‘ploughboy’ by 'n goeie ou vriendin. Tenslotte vind hy hierdeur sy ware liefde en geluk. Parry was uitstekend as die blasé, maar beskaafde baronet. | |
[pagina 429]
| |
Hy was nie oordrewe nie. Ook die smid, 'n amateur, was baie goed. Die twee vrouens was dit eweneens; die ander spelers was minder. Maar hul word vergewe omdat hul amateurs is. Family Jars was inderdaad 'n lagstuk. Die gehoor het ‘almost immoderately’ geskater. Dis 'n geval van twee vaders, baas en kneg, en van hulle twee seuns. Beide pare is kop in een mus. Die vaders het huweliksplanne vir die seuns, maar - die seuns het reeds hul eie planne uitgevoer. Om die verskillende bedoelinge en voldonge feite in ooreenstemming te bring, word 'n hele toer. By die seun van die baas luk dit; by die ander seun, wat 'n slet getrou het, nie! Dawerende applous het op die stuk gevolg. Parry is voor die gordyn geroep ens. en het 'n ‘unmistakeable welcome’ geniet. Ook die Commercial AdvertiserGa naar voetnoot1) wy sy aandag aan Parry, hoewel korter en nugterder as die Monitor. Parry sou 'n paar jaar gelede ‘one of the leading attractions of Barnum's Museum, in New York’ gewees het. Volgens Australiese koerante sou hy ‘the most successful star that has visited the Colonies’ wees. By die voorstelling was 'n groot gehoor aanwesig. Die stukke was niks besonders nie, maar bevat grappige situasies. Parry se humor is meer ‘broad’, die Buckstone-rigting, as fyn, die Matthews-rigting. Hy was dus nie te tuis in sy rol as die baronet nie. Die krietikus sal die amateurs nie te hard val nie. Hulle tyd vir voorbereiding was kort. Tog was Ironbrace, die smid, so goed as maar kan. Wat betref Family Jars (Lunn) se besondere grappigheid, sê die Commercial Advertiser dieselfde as die Monitor. Hierin was Parry volkome in sy element en is voor die gordyn geroep, ens. Oponthoude sal nie weer voorkom nie; die tyd was baie kort om alles in die haak te kry. ‘The stage was neatly got-up.... The well-known Malay Band performed admirably’. Die engelebak was nie altyd tevrede met die amateurs nie, ‘but the gods are selfish’. Die sukses van hierdie voorstelling laat Parry besluit om nog twee voorstellinge in 'n reeks van drie te gee. Hy bly voortspeel in die ‘Drawing Room Theatre’. Op Dinsdag 12 JunieGa naar voetnoot2) volg Charles Matthew(s)' amusing comedy of Little Toddlekins... A musical Interlude... To conclude with the very laughable farce of Seeing Parry’. Die karakters word aangegee. Alleen Parry word genoem, | |
[pagina 430]
| |
wat betref rolbesetting. Hy speel die vernaamste rolle. Die karakteraanduiding is soms taamlik volledig. So, in die klugspel, ‘John Downey, A Policeman, addicted to Servant-Maids, Cold Meat and Sherry, and on a cold night, with a slight weakness for the Kitchen,... Mr. Sefton Parry’. Die ander persone word in volgorde aangegee, ieder met sy besondere ‘weakness’. In sy keuse van eerste stuk, Matthews, het Parry. - wyse man! - blykbaar die wenk van die Commercial Advertiser ter harte geneem! Die voorstelling het 'n vol huis gehadGa naar voetnoot1). Die Toddlekins het baie vermaak verskaf. Die amateurs het veel verbeter. Kritiek op die herespelers is miskien voorbarig; hulle speel nog so kort. Miskien verdien ou mnr. Babbicombe die meeste lof soos ook die gehoor laat blyk het; hoewel ook die ander byval geniet het. Parry was bewonderenswaardig. Die gehoor was geesdriftig gedurende die hele voorstelling. Wat die volgende voorstelling betref: ‘The pieces chosen... are of a much higher character’. Die Commercial AdvertiserGa naar voetnoot2) sê dat die saal gevul, maar nie so vol soos die vorige keer was nie. Die spel word geprys; ook die amateurs is ‘wonderfully improved.’ Maar die stukke was te onbeduidend, ook vir die talent van Parry. Dan was daar te veel van één soort vir een aand. ‘Young RennieGa naar voetnoot3)’ het 'n ‘Highland Fling’ gedans; mnr. Holt se musiekkorps het mooi gespeel. Parry se impersonasies was baie suksesvol. Die gehoor was hoogstevrede. Die laaste voorstellingGa naar voetnoot4) word aangekondig vir Maandag 2 Julie, ‘when Mr. Parry will appear in three of his best characters’. Die stukke is ‘the elegant Play of Delicate Ground, in (or) Paris in 1770 (1793) (Dance)... The effecting Petite Drama of Monsieur Jacques (Barnett)... The amusing farce of Domestic Economy (Lemon)’. Tiepies vir die aard van hierdie stukke van ‘duologue character’ sê GroomGa naar voetnoot5), is dat Parry ‘Citizen Sangfroid; M. Jacques - (an old French Composer); John Grumley - (a labourer inclined to find fault’ respektieflik speel. Die Monitor beveel die voorstelling aan as volgGa naar voetnoot6): ‘Parry's humorous acting it irresistible,... the pieces chosen are unexeptionable,... an evening's real unrestrained enjoyment. Monsieur Jacques is one of the finest written pieces ever produced’. Origens in Monsieur Jacques, 'n ‘treurige’ stuk, het Parry alweer die wenk van die Commercial Advertiser ter harte geneem. Mnr. Parry het 'n vol huis gehad, sê die MonitorGa naar voetnoot7). Hy | |
[pagina 431]
| |
‘improves on acquaintance’; het baie applous geniet; M. Jacques was an admirable piece of acting,.. to the life. Mr. Parry's own dressing and acting cannot be to highly praised’, hoewel die amateurs bietjie kort geskiet het. Maar ‘making the proper allowance for amateurs, they are entitled to general commendation and something more... On the whole it was well played.’ Of was die ‘poor poet’ bietjie te ryk aangetrek? Na die twede stuk het Parry die gehoor bedank vir hulle ondersteuning. As sy boot naar Engeland, deur enige oponthoud, hom in die geleentheid stel, sal hy probeer om weer voor hul op te tree. Verder ‘in about seven or eight monthsGa naar voetnoot1) he should come again to the Cape, on his way to India, with a Company of first-rate performers, and would then solicit their kind patronage.’ Die amateurs, sê die koerant, is reeds baie verbeter. Dit hoop, dat hul sorg sal dra dat die publiek geen gebrek aan vermaak in die toekoms ly nie. Parry se boot het hom inderdaad in staat gestel om nog 'n paar voorstellinge te gee. Eerstens word 'n benefiese vir J.R. Taylor op Maandag 9 JulieGa naar voetnoot2) aangekondig. Die ‘much admired’ Monsieur Jacques (Barnett) sal herhaal word, ook Used up ens. (Boucicault) Tussenin vind ‘a characteristic Dance’ plaas. Uit 'n aanbeveling van die Monitor leer ons Taylor ken as Parry se impresario aan die Kaap. Hy is die man ‘to whom the public are indebted for... witnessing Mr. Parry's performances, and for (their) excellent arrangements.’ Ook, ‘that great era in Cape Theatricals, the week with Mr. Gustavus BrookeGa naar voetnoot3), originated with Mr. Taylor, who... mainly assisted in rendering it complete.’ Hy verdien dus 'n ‘bumper benefit.’ Parry tree bowendien in twee gedenkwaardige rolle op. ‘We are glad to find that Mr. Parry is not to leave quite so soon as he anticipated.’ Die voorstelling word egter uitgestelGa naar voetnoot4) ‘in order that (that) announced for the benefit of the Patriotic FundGa naar voetnoot5) may take place previous to the departure of the Governor for the frontier. H.E....Ga naar voetnoot6) patronizes... There is to be a crowded house.’ Die stukke is uitstekend; die motief goed; die opvoering aantreklik. Mnr. Taylor se benefiese sal volg. Hierdie voorstelling vind plaas op Vrydag 13 JulieGa naar voetnoot7). Opge- | |
[pagina 432]
| |
voer word: ‘The petite comedy of A Capital Match (J.M. Morton)... Monsieur Jacques (Barnett), (second and last time)..; the Laughable Farce of the Cockney in Corsica’Ga naar voetnoot1). Die persone van die stuk word aangegee Parry, soos gewoonlik die enigste speler wat genoem word, speel die drie vernaamste rolle. Die voorstelling het met geweldig ‘éclat’ plaats gevindGa naar voetnoot2), temeer deur die aankoms van die Fiery Cross, wat goeie nuus van die Krim gebring het. Die stad het patriotieser as ooit gevoel en die huis was propvol. Dit was 'n waardige ondersteuning van Parry se mooi aanbod tot ondersteuning van Engeland se dappere verdedigers in die Krim. Van hoog tot laag was aanwesig, hoewel die Goewerneur self nie kon kom nie. Maar ‘Government House’ was goed verteenwoordig. Baie ‘red jackets’ (soldate) was te sien en ‘the house looked as gay as could be wished. A Capital Match went off smartly, Mr. Parry was inimitable’. Die gehoor het baie gelag. Capt. Tempest is baie goed gespeel deur 'n amateur wat blykbaar sy rol goed geleer het. Rosamond was heeltemal 'n gunsteling voor die stuk verby was. Haar lag was aansteeklik. Mrs. Singleton was ook uitstekend. In Monsieur Jacques het Parry 'n kans gehad ‘of evincing his abibity for a much higher class of acting’. Hy het die moeilike rol ‘with much truthfulness’ uitgebeel. Sequence was baie natuurlik; Vivid, ‘as visionary as poets usually are’, en in dieselfde mate simpatiek; Mina het gespeel en gesing, ‘much better than could have been anticipated’; Antonio het sy bietjie goed gedaan. Mr. Parry is voor die gordyn geroep en het baie toejuiging ontvang. Hy het sy gehoor bedank en gesê, dat hy reken om 'n goeie som aan die fonds te kan gee. Inderdaad Parry het £ .60 aan die fonds kon gee. Die MonitorGa naar voetnoot3) betuig hom alle dank daarvoor en spreek die hoop uit, dat Parry nog 'n afskeidsvoorstelling sal gee. ‘It is so seldom that we get a theatrical performance at the Cape.’ Hierdie afskeidsvoorstelling het plaasgevind op Donderdag 26 JulieGa naar voetnoot4). Van enige verband met die uitstaande benefiese vir Taylor verneem ons niks nie. Parry verskyn in ‘three new and favorite characters, being positively the last time.’ Die stukke is ‘the amusing comedy of A Phenomenon in a Smock Frock (Brough)... The laugh- | |
[pagina 433]
| |
able farce of The Lottery Ticket (Beazley).. To conclude with the screaming Burlesque in Two Acts, new Scenery, Dresses and Decorations, Buried Alive, or The Visit to Japan (M'Pherson). Parry vervul die hoofrolle; hy sing ook. Die Monitor beveel die voorstelling sterk aanGa naar voetnoot1). Die stukke is uitstekend gekies. Parry sal ongetwyfeld mooi sing. Hy verdien 'n hartlike afskeid. So was dit ook, getuig die verslagGa naar voetnoot2). Die aand was in alle opsigte bevredigend ‘to the utmost extent... The gods were... in a most extatic mood... and were present in greater numbers than on any previous occasion’. Die bak van die huis was selfs voller as by geleentheid van die voorstelling van die ‘Patriotic Fund.’ Die eerste stuk het uitstekend afgeloop, maar die laaste twee het die gehoor meeste geniet... As Wormwood, (in The Lottery Ticket), 'n verwrongene naar gees en liggaam, het Parry die huis deur sy ‘miserabelheid’ aan die lag gehou. Die amateurs, dames en here, het hom goed bygestaan. Die tiepering was goed; die stuk lewendig voorgestel; ieder het loon naar verdienste ontvang. Onder baie toejuiging is Parry voor die gordyn geroep, en sy verklaring dat hy sal terugkeer, is met nog meer toejuiging ontvang. Die laaste stuk The Illustrious Stranger (Kenney en Millingen) (Buried Alive word bedoelGa naar voetnoot3)), ‘was got up in a very superior manner.’ Almal was goed; sommige, veral die dames, het hul selfs oortref. ‘Mr. Parry was inimitable.’ Die stukke het vlot van stapel geloop; die gehoor het hul baie vermaak. Die blad vertel tenslotte dat Parry se bewonderaars hom 'n silwer inkstel aangebied het. Die Goewerneur het hom 'n passende bedanking vir sy bydrae tot die fonds laat toekom. ‘Mr. Parry's return will be hailed with gratification, let it occur when it may, and he will always find a welcome from the playgoers at the Cape.’ Ook die Commercial AdvertiserGa naar voetnoot4) sê, dat die huis byna ‘inconveniently crowded’ was. Parry het dwarsdeur die opvoering toejuiging ontvang. Wormwood was ‘a comical Uriah Heep’. Die amateurs het baie verdienstelik gespeel. Hiermee eindig Parry se eerste periode aan die Kaap. Dis duidelik dat hy baie in die smaak geval, en 'n besonder | |
[pagina 434]
| |
gunstige indruk gemaak het. Elders word dit tenvolle bevestigGa naar voetnoot1). Hy kom terug, maar op 'n heeltemal ander voet. Hier is sy geselskap nog tydelik en semi-professioneel. In die volgende periode is dit gevestig en oorwegend beroepstoneel. Met Parry begin, in sy twede periode, die vaste tradiesie van Engelse beroepstoneel aan die Kaap. Dan is dit definitief met die oorheersing van amateurstoneel gedaan. Die beroepstoneel word voortaan die belangrikste faktor beide wat betref die Engelse toneel in besonder en die Kaapse in die algemeen. Die Hollandse toneel bly liefhebbery, maar word, wat betref sy betekenis vir die grote publiek, deur die Engelse heeltemal oorvleuel. Intussen val daar enkel ander dinge om op toneelgebied te vermeld. | |
c. Beroepstoneel.Gedurende 1840Ga naar voetnoot2) en 1841Ga naar voetnoot3) hoor ons, wat suiwer toneel betref, alleen van ‘Astley's Theatre’ aan die Kaap. Dit was 'n beroepsonderneming, waarskynlik gemeng met sirkuselementeGa naar voetnoot4), laasgenoemde op die voorgrond. Die Musiekgeselskap Harmonie en Eendragt verleen hul medewerking daaraan in 1840.
In November 1847Ga naar voetnoot5) het sekere ‘Italiaansche Circus’ van die here Severo en Dalle Case, van wie Dalle Case die vernaamste skyn te wees, hulle verskyning in Buitenkantstraat, Kaapstad, gemaak. Hulle geniet die patronasie van aansienlike mense, soos kol. Cloete en die vrou van die Goewerneur. Die voorstellinge vind smiddags laat plaas; die pryse is aanvanklik nie gering nieGa naar voetnoot6). Die militêre blaasorkes verleen hul medewerking. Dans, rykuns, ens. word beoefen. Van besonder belang vir ons is die pantomiems wat voorgestel word; meer nog die toneelgeselskap wat hom spoedig van die sirkus losmaak. Wat pantomiems betref, noem ek die volgende: die ‘laughable Pantomimes’ van The Cooper of Venice, or The Interruptea Supper; Harlequin; Barbier de Seville; The Mock | |
[pagina 435]
| |
Statue, or The Old Man Deceived; Baking and Roasting without Fire, ‘burlesque Pantomime never before acted here.’ Reeds in Februarie 1848 spat die bondgenote uitmekaar. Op 9 FebruarieGa naar voetnoot1) vind die laaste voorstelling van die Italiaanse Sirkus plaas. Signor Severo gaan met 'n ‘African Circus’ voort tot OktoberGa naar voetnoot2); Signor Dalle Case begin klaarblyklik naas sy sirkusGa naar voetnoot3) met 'n Franse toneelgeselskap. Vir Maandag 14 Februarie 1848Ga naar voetnoot4) word 'n ‘Groote Dramatische Vertooning, onder de uitstekendeGa naar voetnoot5) Patronage van Lady Smith, Gedirigeerd door Signor Dalle Case, en de Fransche Dramatische Artisten, juist van Mauritius aangekomen,.. aan den Schouwburg, Hoopstraat, welke opzettelyk voor de gelegenheid toegeschikt is’, aangekondig. Die name van die geselskap is: ‘Monsieur Victor, eerste Comediant van den Koninklyken Schouwburg Bruxel, Monsieur Crosset, eerste vocale acteur in Tenor (Caritan et Martin) van den Schouwburg, Mauritius. Madame Victor, pupil van de Koninklyke Akademie van Parys, Balletmeester en eerste Danzer, Madame Crosset, van den Koninklyken Schouwburg, Bruxel, en Mademoiselle Gabrielle, eerste zangeres van den Koninklyken Schouwburg, Bruxel’. Eerste op die program staan 'n ‘Grootze Muzykale Interludium’. Dit bestaan uit arias deur M. Crosset, danse deur Mme. Montasus en M. Hus, en uit ‘De Twee Savoyanen (Kluchtig toneel) door M. Victor en M. Crosset.’ Hierop volg ‘Groote Kluchtig Ballet genaamd De Gelukkige Man, of De Ontmoeting in het Donker’, 'n landelike stuk. Die volle rolbesetting word aangegee. Ook Mme. Dalle Case en Mlle. Emilia neem deel. Dis dans van begin tot end. Die Zuid-Afrikaan beveel die geselskap aan. Hulle het pas aangekom. Signor Dalle Case het homself van hulle dienste verseker, ‘tegen eenen ontzaggelyken prys’. Verder haal die blad Sam Sly aan. Daarvolgens sou Signor Dalle Case verseker het dat sulke vertoninge nog nooit in Kaapstad gesien is nie. Mnr. Victor bring getuigskrifte omtrent ‘zyne bekwaamheden en fatsoenlykheid’ van S.K.H. Prins Albert self! Die Zuid-Afrikaan hoop saam met Sam Sly dat 'n groot | |
[pagina 436]
| |
gehoor die geselskap sal ondersteun en help om hul onkoste te bestry. 'n Engelse verslagGa naar voetnoot1) oor die voorstelling vind dit uiters betreurenswaardig dat Dalle Case nie 'n geskikter ruimte daarvoor uitgesoek het nie. Die dans was werklik goed. Die corps de ballet was baie gevariëerd en sierlik. In die sanggedeelte was die klein beperkte lokaaltjie pynlik onvoldoende vir die mooi manlike stemme van die here Crosset en Victor, afgesien van die begeleiding ‘with instrumental discord of the most barbarous character’. Mnr. Dalle Case sou goed doen om beter in die toekoms te sorg vir die gerief van sy gehoor en die talente van sy spelers. Geen bemoedigende begin nie! By die volgende voorstellingGa naar voetnoot2) is die skouburg van die ‘Fransch Corps Dramatique’ verdoop tot ‘Sans Souci Theatre’. Sou dit optimisme of ironie wees? Die voorstelling vind plaas op Donderdag 24 FebruarieGa naar voetnoot3) met ‘A Vaudeville The Resources of Jonatha(s), or the Two Masters and one Valet’ (Scribe). Die rolbesetting word aangegee. 'n ‘Musical Interlude and Dance’ volg met allerlei sang- en dansnummers, o.a. met 'n Engelse matrosehorrelpyp deur mnr. Hus; komiese liedere word in kostuum gesing. 'n ‘Grand Pantomime of Running Mad Through Love,’ volg. Tot slot vind 'n ‘Pas de Deux’ van mnr. Hus en mev. Montasus plaas. ‘The valuable services of Mr. Scholtz as Leader of the Amateurs Band’ is verkry. Die klagtes oor die Hoopstraat-Skouburg het blykbaar hul uitwerking gehad. Die volgende drie voorstellinge vind plaas in die Garnisoenskouburg. Alleen die derde hiervan op Maandag 13 Maart, word vermeldGa naar voetnoot4). Van hierdie gebrek aan vermelding sal ‘hand bills’ die skuld weesGa naar voetnoot5). Die voorstelling staan onder beskerming van goewerneur en lady Smith. Daar word opgevoer ‘the much-admired vaudeville The Art of Avoiding to do Military Duty, in which Mons. Victor, the unrivalled Comic Actor, changes Parts and Dress, in Four Different Characters’. Die spelers van die ander rolle word opgenoem. Daarna kom 'n ‘Grand Interlude of Music and Dancing’. Selfs die ou sirkuselemente kom voor die dag. Mev. Dalle Case en mej. Emilia dans koorddanse! Op besondere versoek sing die heer RusselGa naar voetnoot6) mee. Die kleine Hamoy vermaak die publiek. | |
[pagina 437]
| |
Daar word gegee ‘a splendid Representation of Figures of the Ancient Romans (according to academic sculpture)’, in sewe tablo's b.v. Romulus en Regulus (Remus? - F.B.) Apollon, Mercury, en, tussen al die klassieke groothede in - Solomon's Judgment! Tenslotte volg ‘the laughable Comic Ballet, A Visit to the Military Prison... assisted by the Military’, en ‘An English Dance!!!’ Signor Dalle Case bedank hieropGa naar voetnoot1) baie hartelik die ‘Nobility, Gentry and generous Public’ van Kaapstad, ‘especially the Military Authorities for their so kindly granting the use of the Garrison Theatre for three successive Performances and for their liberal encouragement’. Op Maandag 20 Maart vind die volgende voorstelling plaas in die Hoopstraat-Skouburg, ‘which has been fitted up with due attention to the comfort of the Audeance (sic. - F.B.)’ onder die gewone patronasie. Die program bestaan uit ‘the muchadmired Vaudeville The Lying Valet, or The Masters Deceived’ (Garrick). Die spelers word aangegee. 'n ‘Groot Intermezzo van Muziek en Dans’ volg, bestaande uit sang, komies en andersins, o.a. van 'n amateur; en afsonderlike danse o.a. 'n ‘Sailor's Hornpipe in Fetters’, deur W. Cole. Tenslotte volg ‘the Comic Ballet The Family of the Pierrotts’ en ‘A Comic Minuet’. Dalle CaseGa naar voetnoot2) se onderneming het geen sukses, tenminste finansiëel, gehad nie. Onder 25 MaartGa naar voetnoot3) verskyn 'n berig, onder die hoof ‘Theatre de L'Union,’ en onderteken deur L. Victor, C. Crosset en X. Hus: ‘We beg leave to announce... that in consequence of Mr. Dalle Case not fulfilling his written engagements, we have formed ourselves into a (French) Theatrical Company under the motto L'Union’. Hulle doen 'n beroep op die ondersteuning van die publiek van Kaapstad en omgewing. Hulle sal alles in hul vermoë doen om genoegdoening te verskaf. Enkele amateurs het medewerking beloof. Binne 'n paar dae sal 'n intekenlys vir tien voorstellinge geopen word, ‘the conditions of which will be clearly stated, and everything advertised will be performed’. - Kommentaar op voorafgaande voorstellinge is oorbodig! Onderwyl die ‘new Theatre’ ingerig word, word 'n groot voorstelling onder patronasie en in aanwesigheid van die | |
[pagina 438]
| |
Goewerneur en vrou in die Garnisoenskouburg gegee. Dit vind plaas op Vrydag 31 MaartGa naar voetnoot1), en bestaan uit Les Ressources de Jonathas, Vaudeville in 1 Bed. deur Scribe, waarby die rolbesetting aangegee word; ‘Groot Intermezzo met Zang en Dans’, waaraan amateurs o.a. sekere mnr. Gale deelneem; The Last Night of André Chenier, ‘tragic scene by Victor Hugo’; weer sang en dans; Finale, Rule Britannia, in Frans deur Crosset en Victor. Die amateurs volgens Sam Sly ‘only acted as a foil to the professionals. For such is the difference between practise and study’Ga naar voetnoot2). Vir Vrydag 26 AprilGa naar voetnoot3) word weer 'n voorstelling in die Garnisoenskouburg aangekondig onder patronasie en met aanwesigheid van Goewerneur ens. ‘Several Cape children will perform Dancing’. Verder word verwys naar handbiljette, by de Lima verkrybaar. Wat betref die kinders, vertel Treble ViollGa naar voetnoot4) dat ‘two wonderful children under 10 years of age danced a polka and were carried into the box to be introduced to Sir Harry and Lady Smith’. - Hulle dans nog meermale. Die plan vir tien voorstellinge is blykbaar intussen laat vaar. 'n Lys vir ses word geopenGa naar voetnoot5) en ‘being numerously signed already’, word die eerste voorstelling binne veertien dae en onder patronasie van die Goewerneur aangekondig ‘in a newly built Theatre, just finished and fitted up and decorated with due regard te comfort. As each Performance will be varied, and the latest songs and modern European Dances introduced’, sal die intekenaars weinig tot hul vermaak nagelaat vind. Bo-op die berig sit die geselskap Theatre de L'Union, maar al gou heet dit weer Drury Lane SkouburgGa naar voetnoot6). Die eerste voorstelling word aangekondig vir Woensdag 14 Junie, maar die skouburg wou maar nie klaar kom nie. Die voorstelling word verskuif tot 16 Junie, dan ‘positively’ net tot 19 Junie, maar volgens Treble Violl het dit eers 22 Junie plaasgevindGa naar voetnoot7), ten koste van die aanwesigheid van die Goewerneur en vrou. Intekenaars mag hul eie plekke uitsoek. | |
[pagina 439]
| |
Van hierdie voorstellinge sê GroomGa naar voetnoot1), dat ‘they drew very good houses. Though the light trifles produced were in French, the action of the actors and actresses was so good that the Cape audience could easily follow the plot of the pieces which were interspersed with lively songs. On the occasions mentioned our old friend Suasso de Lima acted as “Souffleur”, or prompter, and a central box in continental style was erected in the centre of the stage for his use.’ Ook Treble ViollGa naar voetnoot2) deel een en ander mee. Polkas en walse was baie populêr toeGa naar voetnoot3). Mnr. Hus was die groot dansmeesterGa naar voetnoot4). Wat betref die Drury Lane Skouburg, waar voorheen ‘the goat nibbled on the bare surface and pedestrians had to walk over a mere plank, there was a stone bridge, an Aliwal Inn for the thirsty, quite a little colony of small shops and in the midst of these the theatre, which though small, in size, was fitted in a manner that aroused much admiration. There was however little novelty otherwise, as the French Company only repeated former successes. Still most of the actors had a graceful style, which was more and more appreciated, and so “Young Drury”, as it was called, made a most successful bid for favour. The six performances were apparently well supported during the winter months, and then sad to say, little more is heard of the French Company, except for (an) occasional... benefit concert. Poor M. Crosset, after a serious illness, gave a concert in the Commercial Exchange Rooms, but with little success. And so the French Company slowly faded away.’ So was dit. Op 15 AugustusGa naar voetnoot5) en 11 SeptemberGa naar voetnoot6) (in die laaste geval onder patronasie van Vrymesselaars) gee die Franse geselskap konserte. Crosset se konsert, eers aangekondig vir 5 SeptemberGa naar voetnoot7), vind tenslotte op 25 September plaas, deurdat hy siek geword het. Vir die grootste deel van 1850 is ‘Noble's Olympic Circus’ aan die Kaap en hulle speel soms pantomiemsGa naar voetnoot8). Eweneens was daar van Oktober tot Desember 1850Ga naar voetnoot9) 'n sirkus ‘Equestrian Gymnastics’ van Franse aan die Kaap, wat allerlei pantomimiese voorstellinge gee. So vind daar | |
[pagina 440]
| |
plaas: Admiral Lord Nelson, or The Life of a Sailor, followed by the Procession of his statue’ met volle beskrywing; The Ballad of the Villagers; The Jolly Miller, wat spoorloos verdwyn van die middel van die toneel, soos meer dan 200 maal in Parys voorgestel; The Golden Dream, ‘Harlequin Pantomime in one act of the Theatre des Funambules, of Paris’ met volle vermelding van rolbesetting; ‘Fra Diovolo, or The Banditti of the Abrouzes, Music by Guerroluch, Grand Historical Pantomime in two Acts, with new Dresses, Scenery and Decorations as performed at the Circus Theatre of Paris (and) for the first time in this Colony, (with) Grand Military Evolutions by upwards of Sixty Actors on Foot and on Horseback.’ Die volle rolbesetting word aangegee. Dis byna nodeloos om te sê, dat hierdie romantiese spektakelstuk baie herhalinge beleef het. Nog 'n paar pantomiems heet: ‘The Shipwrecked Sailor, Mimic scene by M. Varin; Par a par, a gar a nous, or Harlequin protected by the Magician, a Pantomime in 1 Act; The Miser, or Happiness found in Gold, Comic Pantomime in 1 Act.’
Kunsvoordraers van dramatiese fragmente maak hul verskyning aan de Kaap. So is daar T.P. Hill, wat in Oktober 1846Ga naar voetnoot1) begin met 'n reeks ‘Novel Literary Entertainments’ in die Beurs; in 1848Ga naar voetnoot2) Sekretaris is van die ‘Amicable Club’, met musikale en literêre onderafdelinge, en veral in laasgenoemde afdeling veel leiding gee op gebied van voordragkuns en literêre studie (terselfdertyd is hy agent in ‘Refrigerators’Ga naar voetnoot3), waarskynlik om 'n bestaan te maak); tenslotte in Junie 1849Ga naar voetnoot4) weer gereeld ‘Literary Entertainments’ gee in die Beurs. Hy het dit veral te doen oor voordragkuns en welsprekendheid. Hy wil hierdie kunste weer 'n groter rol in die samelewing sien speel. By sy uiteensettinge gee hy baie voorbeelde as toeligting. Vir diè doel dra hy veel voor uit Shakespeare (uitinge van Hamlet, Shylock, Mark Antony e.a.), Dickens, Sheridan Knowles e.a. skrywers van vers- en prosakuns. Uit alles blyk dat hy inderdaad 'n man van kennis, smaak, insig en talent moet gewees het. Later gee hy ook klasse in voordragkuns en ‘Phonography’ (Snelskrif)Ga naar voetnoot5). In Augustus 1850 is Hill nog aan die Kaap en geniet die patronasie van die GoewerneurGa naar voetnoot6). Ongetwyfeld sal hy goeie werk gedoen hetGa naar voetnoot7), maar die Kaap het nie aan sy verwagtinge voldoen nie. | |
[pagina 441]
| |
In Maart 1851Ga naar voetnoot1) verneem ons dat hy in Mauritius is en baie sukses daar het; dat daar selfs sprake is van hom 'n professor in Engels te maak in die ‘Royal College’ van Mauritius. Hy eindig ook as leraar in Engels in die heer Bourbon se ‘College’ daar. In 1851Ga naar voetnoot2) gee mev. Greig op haar deurreis naar Engeland drie ‘Dramatic and Musical Entertainments’ in die Beurs. Sy dra o.a. voor uit Romeo and Juliet, Macbeth, Lady of Lyons (Bulwer Lytton) ens. Sy geniet hoë patronasie en oes baie sukses in. Die heer Hall, bekend vir sy ‘histrionic talents’Ga naar voetnoot3), help haar in die ‘dramatic readings’. In 1853Ga naar voetnoot4) keer sy terug naar Australië (of Indië)Ga naar voetnoot5) van Engeland, waar sy aan ‘starring’ gewees het. Weer gee sy aan die Kaap ‘singing and Shakespearean readings’; sy ontvang soos tevore baie lof, veral in haar dramatiese voordragte. Sulke kunstenaars kon nie anders as 'n weldadige invloed uitoefen op die vele amateurstalent op tooneelgebied aan die Kaap nie. |
|