34. ‘Ag, liewe Lettie!’
Die Willie van ons liedjie wil vir hom 'n huisie bou, of, soos die Boere sê, ‘'n nessie skop’; en nou vra hy sy ‘liewe Lettie’ om die huisie te kom help bewoon. Is dit nie die tiepe van die normale Afrikaanse huweliksaansoek nie? Wat die ‘sware sorge’ is, waar Willie van hoop om vry te kom, sê hy ons nie, maar ons het so effentjies 'n argwaan dat dit meer die sorge van die huishouding is as die liefdesmart!
Ag, lie-we Let-tie, my ou skat, As jy tog net
vir my wil vat, Dan is jou Wil- -lie al te bly;
En van sy swa-re sor-ge vry.
2.
‘Ag, liewe Lettie, skone koek,
Daar by die fonteintjie om die hoek
Bou ek vir jou 'n huisie mooi,
Waar jy jou vriende in kan nooi.’
(Mondelinge oorlewering.)